Intellektuele eienaarskap van planttelersregte het gekom om te bly. Die wêreld van planttelersregte het verander in 'n "wêreld van prokureurs", het dr. Phillip Fourie, hoofbestuurder van Sapo-trust, die plantverbeteringsorganisasie op Stellenbosch, gesê.
Fourie het op 'n inligtingsdag gesê vrugteprodusente moet aanvaar dat wanneer hulle vandag 'n uitstekende kultivar wil vestig, hulle daarvoor sal moet betaal. Onderstokvermeerdering en ander aspekte wat met goeie plantmateriaal gepaardgaan, kos geld en gebeur nie oornag nie.
In dié stadium is daar 'n taamlike tekort aan onderstokmateriaal. Hy waarsku dat produsente tantiémreggeld te alle tye moet betaal, al het hulle die vrugte van sulke bome "vir die varke gegee" of hael die oes vernietig, want die kern van die saak is dat die bome wel vrugte gedra het.
Dr. Leon von Mollendorff, eienaar van heelwat sagtevrugtekultivars, het gesê moderne kultivars se produksie is heelwat beter as dié van ouer kultivars. Dit het beslis tyd geword dat die ou kultivars met meer moderne kultivars vervang word, het hy gesê.
Lees die volledige artikel in Landbouweekblad se 7 November 2008 uitgawe.
31 Oktober 2008