Altesaam 93 ekstrasuiwer olyfolies is vir vanjaar se SA Olive-kompetisie ingeskryf, waarvan 21 met goue medaljes weggestap het. Nóg 34 het silwer- en 26 het bronsmedaljes gewen.
“Daar was vanjaar vootreflike olies. Mense sê die toestande was moeilik en sommige olies het probleme gehad, maar oor die algemeen hoort die meeste van hulle in die silwerkategorie,” sê die Amerikaanse beoordelaar me. Sue Langstaff.
“Suid-Afrika se ekstrasuiwer olies vergelyk uitstekend met olies uit die ou wêreld, soos Italië, Griekeland en Spanje, maar ook met olies uit die nuwe wêreld, soos Chili, Argentinië, Peru en Nieu-Seeland.”