AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
9826
0,00
CORN
31 Mrt
-
4660
0,00
SOYA
31 Mrt
-
8175
0,00
SUNS
31 Mrt
-
8760
0,00
WEAT
31 Mrt
-
6631
0,00
WMAZ
31 Mrt
-
3977
0,00
YMAZ
31 Mrt
-
4029
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Onkruid se dae in boorde dalk getel danksy dekgewasse

akkreditasie
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
’n Eenvoudige proef met dekgewasse in ’n jong Forelle-boord met die doel om onkruid te onderdruk, het al in die eerste seisoen belowende resultate opgelewer. ’n Vrugteproduksiebestuurder en grondkundige van Greyton bespreek die lesse wat hulle uit dié proef geleer het en aspekte om na op te let in die somer én winter.

Onkruidbestryding in appel- en peerboorde op die plaas Ouplaas naby Greyton kos tot R450 per toediening en moet tot ses keer per jaar in sommige boorde toegedien word. Mnr. Guy Emslie, vrugteproduksiebestuurder op Ouplaas, sê dié R2 600 per hektaar per jaar is te veel. Om hierdie koste te verminder, het hy en mnr. Daan Brink, ’n grondkundige by Two-A-Day, besluit om ’n eenvoudige en goedkoop dekgewasproef in die somer en winter in ’n jong Forelle-boord te begin.

“Daan het die voorstel gemaak en Barenbrug het die saad geborg,” sê Emslie. “Die dekgewasse kan die onkruid onderdruk omdat dit vinniger en digter vestig as die onkruid in die werksry van die boord. Ons het vier verskillende mengsels in ’n paar rye gesaai. In hierdie stadium lyk die tef baie belowend. Dit het goed gegroei, baie materiaal geproduseer en die onkruid in die werksry goed onderdruk.

“ ’n Mengsel met sorghum het ook goed presteer. Dit het baie materiaal geproduseer en die onkruid goed onderdruk. Ons moes twee keer in die seisoen die tef en sorghum met ’n bossiekapper afkap omdat dit te hoog geraak het.”

Emslie is nog nie seker of hy dekgewasse op die bankie wil aanplant nie omdat hy bekommerd is oor mededinging tussen die dekgewasse en bome om voeding en water. Hy is egter opgewonde daaroor om ander dekgewasmengsels in die komende winter te beproef en beoog om dié dekgewasse teen Paasnaweek in die grond te hê.

“Ons sal sien hoe die winterdekgewasse presteer. Indien dit suksesvol is, sal ons iewers ’n planter in die hande kry en ’n groter proef doen. Dit lyk nietemin baie belowend.”

Spesifieke doelwitte

Brink sê daar moet oordeelkundig besluit word oor wat die primêre doelwit van die dekgewasse behoort te wees.

“ ’n Mens is altyd in die versoeking om te veel op een slag te wil doen omdat ons sulke mooi stories hoor van alles wat met dekgewasse gedoen kan word. Ons hoofdoelwit hier is om onkruid te onderdruk en om organiese materiaal te produseer wat ’n goeie lewensduur op die bankie het.

“In sommige boorde op Ouplaas is aalwurm en grondverdigting ’n probleem, en die versoeking is om hierdie probleme ook sommer met behulp van die dekgewasse op te los. Die dekgewasse funksioneer egter op die 80-20-beginsel. Hoewel dit moontlik is om aalwurm te bekamp, grondstruktuur en waterindringing te verbeter en ’n habitat vir natuurlike predatore te vestig met die dekgewasse, gaan ons niks hiervan regkry as ons nie eers die kuns van dekgewasse aanleer nie.

“Ons moet slaag in ons primêre doel, naamlik hoe om dekgewasse doeltreffend in ’n boord te produseer. ’n Mens moet onder meer die regte spesie en kultivar vir hierdie omgewing kies. Daarna kan ons die ander doelwitte najaag en die parameters begin meet.

“Ons huidige doelwit kan maklik gemeet word, want ons kan met die blote oog sien of daar onkruidonderdrukking is en ons kan meet watter proef die meeste organiese materiaal lewer met die insette wat toegedien is. Ná die eerste proef het ons reeds goeie lesse geleer en vordering gemaak.”

Drie lesse

Les 1: Hoe om die dekgewasse doeltreffend te plant.

Brink het die saaiproses bestuur en dit per hand gedoen. Hy het die hoeveelheid saad vir elke 12 m-vak van die opleistelsel volgens Barenbrug se aanbevelings vir plantdigtheid bepaal. Hierdie saad is in ’n banksakkie gegooi. Hy het vir die werkers verduidelik dat die hele banksakkie per vak uitgesaai moet word.

Brink het die saad wat in die Forelle-boord gesaai is, met ’n ou roller vasgerol. In ’n aangrensende boord met baie klipperige grond het hy die saad laat uitsaai en net so gelos om te sien wat die verskil sal wees.

“Dit verskil soos dag en nag. ’n Doeltreffende plantaksie wat saad-grond-kontak verseker, is baie belangrik vir plantestand en groeikragtigheid.”

Die dekgewasse is op 7 November gesaai. Twee derdes van die saad is sonder kunsmis gesaai, terwyl ’n derde met 50 kg/ha KAN (28) gesaai is. Twee weke ná opkoms is 50 kg/ha KAN (28) toegedien op ’n derde van die proef wat toe nog geen bemesting gekry het nie.

Brink sê daar was nie ’n ooglopende verskil in die groeikragtigheid of gesondheid tussen die drie bemestingsproewe nie.

“Die grond waarop die Forelle geplant is, het heelwat beesmis uit die melkery gekry. Dit het daartoe gelei dat baie stikstof en fosfaat in die grond beskikbaar was. Dit bewys dus dat bemesting ’n verskil maak, maar net tot op ’n sekere vlak voordelig is.”

Die dekgewasse het water deur middel van die bome se besproeiing ontvang. Die boorde word teen 30 liter/h met Gulf-spitters besproei wat water tot op ’n radius van 1 m versprei. Die boord is met ’n plantdigtheid van 3,5 m x 1,5 m gevestig, wat beteken minstens 1,5 m van die werksry word nie deur die spitter benat nie.

“Die ry-rigting is noord-suid met ’n heersende suidwestewind. Die wind waai dus van die besproeiing tot op die werksry. Greyton het vanjaar boonop ’n bogemiddelde nat somer gehad, wat uitstekende toestande vir die dekgewasse verseker het.”

Emslie sê hy sal eers na die koste van saaimasjiene kyk wanneer hy weet watter dekgewasse die beste by hulle werk.

Les 2: Dit was die moeite werd om hulpbronne aan die dekgewasse af te staan.

Emslie sou in elk geval die water toegedien het. Die koste van die saad, saaiproses en kunsmis was goedkoper as om die onkruid te probeer vrek spuit. Die spuitkoste van die onkruid beloop ongeveer R2 600 per hektaar per seisoen. Daarteenoor beloop die koste van dekgewasse ongeveer R3 000 per hektaar per seisoen. Die 50 kg KAN (28) kos ongeveer R300 per hektaar per seisoen. Die dekgewaskoste is ongeveer R2 500 per hektaar per seisoen.

Die dekgewasse is in hierdie stadium nog te klein om die werklike materiaalopbrengs te bepaal en dus kan daar nog nie ’n vergelyking getref word tussen ’n aangekoopte deklaag en die opbrengs van die dekgewasse nie. Indien die dekgewasse egter die onkruid doeltreffend onderdruk teen dieselfde bedrag as wat die chemiese onderdrukking sou kos, is enige materiaalopbrengs ’n kostebesparing.

Les 3: Die verspreiding van die materiaal tot op die bankie onder die bome kan ’n probleem wees.

“Ons wil die organiese materiaal as ’n deklaag gebruik om onkruid op die bankie te onderdruk. In die middel van die somer is dit oestyd. Dan is daar nie arbeid beskikbaar om gekapte materiaal agter die bossiekapper tot op die bankie te kry nie. Die materiaal agter die bossiekapper is ook te fyn gekap om iets werd te wees op die bankie,” sê Brink. 

Strooistelsel

Mnr. Ian Cunningham van Fine Farms naby Elgin plant al geruime tyd somer- en winterdekgewasse. Hy gebruik Shelanti Agri van Ceres se bankie-strooistelsel wat direk op sy stokkieskapper gebou is om die dekgewasse grof genoeg te kap en doeltreffend op die bankie te lewer (sien die kassie hiernaas).

“Die probleem met sny-en-strooimasjiene is dat die materiaal te fyn gekap word. Hierdie fyn materiaal verrot te vinnig of dit word deur die wind of die warrel van spuitpompe weggewaai. Die hameraksie van ’n stokkiekapper hou die materiaal lekker grof, terwyl Shelanti se werktuig die materiaal doeltreffend na die bankie toe verplaas. Die materiaal word dus nie weggewaai nie en verrot ook nie te vinnig nie, en voldoen dus goed aan ons behoefte.”

Cunningham het ’n Barenbrug-dekgewasmengsel geplant, naamlik 15 kg/ha Bargrazer-voersorghum, 10 kg/ha Glenda-akkerbone en 1 kg/ha Barkant-knolraap.

Me. Angelique Pretorius, tegniese bestuurder by Kromco, sê hierdie mengsel moet nog verder in die omgewing van Elgin, Grabouw, Vyeboom en Villiersdorp ondersoek en beproef word.

“Ek hou daarvan dat hierdie mengsel goed werk wat sowel die deklaag as groenbemesting betref. In proewe op die Fruitways-groep se plaas Glen Elgin is daar statistiese verskille in die mate waartoe mikro- en makro-elemente deur verskillende spesies uit die grond ‘gemyn’ en aan die bome beskikbaar gestel word, hetsy deur wortel-mikrobe-wisselwerking in die grond of wanneer organiese materiaal op die bankie gestrooi word om te ontbind.”

Navrae: Guy Emslie, 072 256 5110; Daan Brink, 082 529 2842; Ian Cunningham, 072 859 2292; Angelique Pretorius, 084 827 3497; Ivan Jansen van Rensburg, 082 301 5934.

Deklaag maklik op die bankie

Mnr. Willem Visser, eienaar van Shelanti Agri, ’n ingenieursmaatskappy op Ceres, het ’n doeltreffende oplossing ontwerp om dekgewas- of onkruidmateriaal onder die bome in die werksry van boorde maklik op die bankie te kry.

Hy het ’n bankie-strooistelsel gebou, waarvan meer as 70 modelle al in Ceres en die res van die Koue Bokkeveld verkoop is. Die stelsel behels ’n kettingvoerband wat hidroulies aangedrewe is. Sommige modelle kan net na die een kant toe gooi, maar ander modelle kan verstel word om óf na die linkerkant óf na die regterkant toe uit te gooi.

“Ons het ’n bestaande idee effens verfyn om die materiaal doeltreffender op die bankie te kry. Verskeie modelle kan op verskillende werktuie en in verskillende boord-uitlegte gebruik word. Die stelsel kan op die meeste werktuigvervaardigers se stokkiekappers gebou word.”

Navrae: Mnr. Willem Visser, 082 253 7024.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.79
+0.0%
Rand - Pond
21.97
-0.1%
Rand - Euro
19.34
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.90
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Platinum
991.31
0.0%
Palladium
1,460.24
0.0%
Goud
1,969.50
0.0%
Silwer
24.11
0.0%
Brent-ruolie
79.89
+1.6%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Go-getter
Ekstrovert Eerlik Opreg Lojaal Die Lewe is te kort Kommunikasie Oordink Alles Baie straight forward Vat nie nonsens nie Hou van Wyn en whiskey Hardwerkend
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot