Verlede jaar kon die bedryf voortbou op die eer dat dié tee die eerste kossoort uit Afrika is wat die Europese kommissie se register vir beskermde aanduiding van oorsprong en beskermde geografiese aanduiders gehaal het.
Dit kan toegeskryf word aan die herlewing in teeverbruik en die verkenning van die streke waar tee geproduseer word. Die bedryf se beste geleentheid is volgens mnr. Will Battersby, uitvoerende hoof van BOS Brands, steeds die feit dat dit ’n superkos met wonderlike gesondheidsvoordele is met groot internasionale potensiaal.
“Die bedryf moet meer doen om die voordele aan klante wêreldwyd oor te dra. ’n Toename in die vraag na rooibos, wat net in Suid-Afrika gekweek word, sal die land en sy mense direk baat.