AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Oos-Kaapse aartappelboere kry R3,375 miljoen

akkreditasie
Die Kei-varsproduktemark het ’n aartappelwasser en paklyn in ’n pakstoor geïnstalleer om waarde tot plaaslike produsente se aartappels toe te voeg. Dit verseker goeie marktoegang en kompeterende produkgehalte vir kleinboere van die omgewing. Foto: Verskaf
Die Kei-varsproduktemark het ’n aartappelwasser en paklyn in ’n pakstoor geïnstalleer om waarde tot plaaslike produsente se aartappels toe te voeg. Dit verseker goeie marktoegang en kompeterende produkgehalte vir kleinboere van die omgewing. Foto: Verskaf
Aartappelprodusente in die Oos-Kaap het ’n groot meevaller gekry met R3,375 miljoen se belegging in inset-ondersteuning, voorligting deur Aartappels Suid-Afrika (ASA) en ’n was- en verpakkingsaanleg by die Kei-varsproduktemark in Mthatha.

Die Oos-Kaapse Ontwikkelingskorporasie (OKOK) gaan die R3,375 miljoen wat die Oos-Kaapse regering vir sewe aartappelproduksiekoöperasies beskikbaar gestel het, oor die volgende drie jaar gebruik om aartappelproduksie in die voormalige Transkei (nou die O.R. Thambo-distriksmunisipaliteit) te ondersteun.

Met die R1,125 miljoen wat elke jaar vir drie jaar uitbetaal gaan word, sal jaarliks saad, chemiese bestrydingsmiddels en kunsmis aangekoop word, en implemente en produksietoerusting gehuur word om opkomende boere te help om kommersieel met aartappels te begin boer.

Volgens die OKOK se uitvoerende hoof, mnr. Ndzondelelo Dlulane, word sowat 400 ton aartappels per maand op die Kei-varsproduktemark verhandel. “Tussen Januarie en Maart 2019 is 1 245 ton aartappels op die Kei-mark verhandel. Hiervan het slegs 142 ton van produsente in die O.R. Thambo-distrik gekom. Ons moet hierdie syfer omkeer en sorg dat die O.R. Thambo-distrik die meeste van die aartappels wat plaaslik verbruik word, self produseer.”

Die aartappelpaklyn by die Kei-varsproduktemark verskaf werk en sorg dat plaaslike produsente se produkte kan kompeteer met dié wat uit ander provinsies na Mthatha ingevoer word. Foto: Verskaf

R1,2 miljoen per maand moontlik

Tans is die gemiddelde prys vir aartappels van alle grade en klasse R3 per kilogram. As hierdie prys as ’n maatstaf gebruik word, kan kleinboere in die omgewing potensieel R1,2 miljoen per maand verdien as hulle in die plaaslike vraag na aartappels kan voorsien.

Die meeste van die aartappels wat op die Kei-mark verhandel word, kom van die Kokstad-, Underberg- en Joe Gqabi-gebiede wat aan die O.R. Thambo-distrik grens. ASA se transformasiebestuurder, mnr. Nomvula Xaba, sê dat die voorligting wat aan produsente in die O.R. Thambo-distrik verskaf word, werklik ’n verskil maak en produksie verbeter.

Van die finansiering gaan, op aanbeveling van ASA, gebruik word om beter kultivarkeuses te maak en so produksie te probeer verbeter.

“Dit laat ’n mens se hart warm klop as jy sien hoe boere wat voorheen gesukkel het om genoeg aartappels vir eie gebruik te produseer, nou ’n surplus het.

"Die opgewondenheid wat die vooruitsig van ’n kommersiële boerdery in hierdie produsente wakker maak, tesame met die ondersteuning wat beskikbaar is, is bevestiging dat goeie kommersiële aartappelboere binnekort hier gevestig sal wees,” sê Xaba.

Deel van hierdie ondersteuning is die aartappelwassery wat die Kei-mark op die been gebring het om waarde tot die produsente se produkte toe te voeg.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op Whatsapp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.54
+0.1%
Rand - Pond
21.57
-0.2%
Rand - Euro
18.48
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.92
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,797.91
0.0%
Silwer
23.15
0.0%
Palladium
1,900.00
0.0%
Platinum
1,020.00
0.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.7%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Sonder die romantiek is mens maar net n halwe mens
Ek is eerlik, gemaklik, sin vir humor, lief vir die lewe, positief, leef gesond en lief vir die natuur en veral enige diere
Kom ons wees lekker crazy saam
Never a dull moment with this gemini!ag man kom ons wees net lekker mense saam. geniet wat die lewe vir ons gooi, waarom nie. ek is n goeie mensie wat nie graag alleen wil wees...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot