Drie museumklaswenners (wyne wat tien jaar of ouer is) is ook aangekondig.
Absa se Top-10-Pinotage-kompetisie was destyds die voorloper vir kultivar-kompetisies in Suid-Afrika en het sedertdien baie deure oopgemaak vir inheemse kultivars. Volgens mnr. Beyers Truter, voorsitter van die Pinotage- assosiasie, het die gehalte en prys van Pinotage oor die afgelope paar jaar “aansienlik verbeter”.
“Dit het ontwikkel van ’n alledaagse drinkwyn tot ’n wêreldklaswyn wat as Suid-Afrika se troefkaart beskou kan word. Danksy die hoër pryse beteken dit wynboere kry meer in die sak en kan dus hul plaaswerkers, die mense wat van 06:00 tot 18:00 in die wingerd staan, beter betaal.”