
Die daaglikse pryse van varsprodukte op die Tshwane Varsproduktemark is nou op landbou.com beskikbaar.
Landbou.com het ‘n ooreenkoms met dié groot varsproduktemark gesluit om sekere pryse op ons webwerf te vertoon. Gebruikers kan die daaglikse pryse opsoek van alle produkte wat op die Tswane-mark behaal is, of historiese pryse naslaan.
Dié nuwe afdeling is in die Markte-afdeling op die tuisblad, of klik hier om dit te sien.
Om dié pryse te besigting, is maklik. Die kassie vir historiese pryse stel die besoeker in staat om pryse wat in die verlede betaal is, na te gaan.
Die tweede soekfunksie op dié bladsy vertoon die datum van die jongste pryse (gewoonlik dié van die vorige dag) op die Tshwane Varsproduktemark. Tik slegs die naam van ‘n produksoort in die soekkassie om die soektog te doen.
31 Julie 2010