AFGRI
BEAN
28 Okt
-
7210
117,00
CORN
28 Okt
-
3474
107,00
SOYA
28 Okt
-
7450
-5,00
SUNS
28 Okt
-
10670
78,00
WEAT
28 Okt
-
5840
40,00
WMAZ
28 Okt
-
3265
48,00
YMAZ
28 Okt
-
3405
60,00
AMT
Beeste A2/3
22 Okt
-
53,12
-0,01
Beeste AB2/3
22 Okt
-
51,44
0,00
Beeste B2/3
22 Okt
-
49,2
0,00
Beeste C2/3
22 Okt
-
45,11
0,00
Bevrore Hoender
22 Okt
-
29,28
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
22 Okt
-
67,85
0,04
Bokooie
22 Okt
-
44,07
0,10
Groot (meer as 40 kg)
22 Okt
-
40,19
0,13
Hoender (IQF)
22 Okt
-
27,37
-0,01
Medium (30-40kg)
22 Okt
-
54,78
-0,01
Pork Average
22 Okt
-
27,29
-0,01
Poultry Average
22 Okt
-
29,26
0,00
Skaap A2/3
22 Okt
-
82,67
0,00
Skaap AB2/3
22 Okt
-
75,9
0,01
Skaap B2/3
22 Okt
-
70,32
0,01
Skaap C2/3
22 Okt
-
67,22
-0,02
Speenkalf
22 Okt
-
39,87
0,00
Spekvarke
22 Okt
-
27,23
-0,02
Stoorlammers
22 Okt
-
45,23
-0,03
Varkwors
22 Okt
-
22,33
-0,01
Vars Hoender
22 Okt
-
31,13
0,00
Vleisvarke
22 Okt
-
28,17
0,01
Wol (skoon)
22 Okt
-
166,76
-0,02

R100 per sakkie vir aartappels, maar volumes kan toeneem

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Johan van der Merwe
Foto: Johan van der Merwe
Rekordlae volumes op die markte is straks iets van die verlede, maar verbruik kan in die somer toeneem en steeds betreklik goeie pryse ondersteun.

Op Dinsdag 28 September het die nasionale gemiddelde prys vir 10 kg aartappels oor alle grade die R100-kerf oorgesteek. Op talle markte het die topgehalte aartappels vir R120 vir ’n 10 kg-sakkie verkoop. Dit volg nadat die nasionale volume op Maandagaand 27 September op slegs 268 000 sakkies gestaan het.

Volgens mnr. David Nel, ’n direkteur en hoof van aartappelverkope by Grow Markagente, kan hy nie onthou dat dit al ooit so laag was nie. “Gewoonlik is die voorraad op ’n gemiddelde dag op die Johannesburgse varsproduktemark meer as 250 000 sakkies.

“Ons gaan nie vir die volgende paar maande sommer weer die prys sien wat ons die afgelope drie tot vier weke gesien het nie. Die goeie aanvraag vir September se maandeinde sal steeds goeie pryse ondersteun, maar ek glo die beskikbare volume aartappels sal teen middel Oktober weer stabiliseer en die pryse sal normaliseer. Verwerkers wat weens die laer volumes ’n tekort ervaar het, het ook hoër volumes aartappels buite kontrak opgekoop. Dit het heelwat bygedra tot die lae volumes op die markte en sal tot die einde van die jaar ’n uitwerking hê.”

Pryse laer as in 2020

Volgens mnr. Deon van Zyl, bedryfshoof van Grow Markagente, is daar beduidende druk op die verkope van alle ander kommoditeite op markte.

“Oor die jongste drie maande was die beskikbare volumes effens hoër as verlede jaar, maar die pryse was aansienlik laer vir alle produkte. Op die Johannesburgse varsproduktemark was die volume groente in Julie 10% hoër in 2021 as in 2020, maar die prys was 31% laer. In Augustus was die volume groente weer 10% hoër, maar die prys was 23% laer in 2021 as in 2020. In September, as die abnormale situasie van die aartappelbedryf buite rekening gelaat word, is die volume groente en vrugte vanjaar 9% hoër en die prys 19% laer as verlede jaar.

“Daar is heelwat faktore wat hierop ’n invloed kan hê, maar ek glo covid-19 se uitwerking op die ekonomie speel die grootste rol. Die ongunstige invloed wat die covid-19-pandemie op indiensneming en dus besteebare inkomste het, het nog nie in die eerste vyf maande ná die aankondiging van die inperking so ’n beduidende invloed gehad soos wat dit tans op die ekonomie en die markte het nie.”

Volgens mnr. Jaco Oosthuizen, uitvoerende hoof van die RSA Groep, behoort die verandering in die seisoene algemene verbruik en dus aanvraag na vars produkte te laat toeneem.

“In die somer neem verbruik gewoonlik toe. Die spysenierings- en restaurantbedryf begin al hoe meer terugkeer na normaliteit. As die internasionale covid-19-gevaarstatus uitgewis kan word, kan dit plaaslike en internasionale toerisme aanwakker. Dan sal die vraag na vars produkte waarskynlik baie goed toeneem in die somer. Dit is egter duidelik dat die ekonomie oor die algemeen swaar trek.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.09
-0.2%
Rand - Pond
20.77
-0.3%
Rand - Euro
17.52
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.34
-0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Goud
1,801.99
+0.3%
Silwer
24.13
+0.3%
Palladium
1,986.03
+1.1%
Platinum
1,021.31
+0.9%
Brent-ruolie
84.58
-2.1%
Top-40
60,874
+0.5%
Alle aandele
67,475
+0.5%
Hulpbronne 10
63,082
+1.1%
Industriële 25
87,253
+0.4%
Finansiële 15
14,054
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Curiosity killed the cat thank f im not a cat
Want ek is chilled like sunday mornings en nie hier vir onplesier. Wees net rustig en geduldig en wees vol humor
Tyd vir n nuwe begin om te blom
Roosknop wat reg is om weer te blom en die lewe en natuur aan te pak met nuwe oë en liefde
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot