AFGRI
BEAN
30 Mrt
-
9822
48,00
CORN
30 Mrt
-
4145
-6,00
SOYA
30 Mrt
-
8640
-25,00
SUNS
30 Mrt
-
8780
-39,00
WEAT
30 Mrt
-
6695
16,00
WMAZ
30 Mrt
-
3846
-5,00
YMAZ
30 Mrt
-
4021
-6,00
Deel

Raad vir cochenille by turksvye?

Hier is enkele boererate om cochenille by turksvye te bestry. Het jy ‘n beter oplossing?

Me. Aletta de Vos, Landbouweekblad se bibliotekaresse, skryf heelparty mense het raad om turksvye teen cochenille te vrywaar:

* Doep du Plooy van Vereeniging beveel net water aan. Spuit die plante met 'n sterk stroom water tot die cochenille afval. Herhaal die proses tot die turksvye skoon is; geen chemikalieë is dus nodig nie.

* Eddie Hamman van Windhoek sê die grond raak ook besmet en moet daarom ook behandel word. Hy het al sy turksvye uitgekap en verbrand. Toe het hy die grond tot drie voet (sowat een meter) diep uitgegrawe en ander grond ingery. Daarna het hy 'n walletjie om die nuwe grond gemaak en 'n paar emmers (20 liter) Jeyes Fluid-water 5 proppies op 'n emmer water daaroor gegooi en laat insak. Hy het gesonde turksvyblaaie in dieselfde mengsel gebad en toe geplant. Die turksvye groei reeds goed en met gereelde behandeling meen hy die probleem behoort iets van die verlede te wees.

*  Callie van Vuren van Potchefstroom skryf dat hy vloeibare seep gemeng met water gebruik om die cochenille met 'n kwas af te was. “Dit is net 'n tydelike oplossing. Is daar nie 'n spuitmiddel wat gebruik kan word en wat doeltreffender is nie?”

*  George Dyason van Utrecht glo ook daaraan om die turksvye gereeld met skoon water uit 'n hoëdrukspruit af te spuit sodat die cochenille nie vatkans kry nie. As voorsorgsmaatreël spuit hy die blaaie sowel as die vrugte ook met Ultracide. Doen dit volgens voorskrif, beveel hy aan.


* Annatjie Maree van Nigel laat weet dat hierdie raad van haar so dodelik is dat sy al lus was om dit te patenteer! “Gooi daardie besmette turksvye papnat met doodgewone Surf-water en kyk wat gebeur. Vir my was dit 'n eenmalige behandeling; ek het nie nodig gehad om dit weer te ‘was’ nie,'” skryf sy.

* Pieter Hanekom van Porterville sê al wat jy op 'n gereelde grondslag moet doen, is om jou wasgoedwater op te vang en dit oor die hele plant te spuit, ook as daar nie meer tekens van die plaag is nie. Die hoeveelheid is geen faktor nie. Doen dit so dikwels soos jy wil. Jy kan net Omo-water ook gebruik, maar hoekom nie eers die klere was en dit dan gebruik nie, is Pieter se besparende wenk.

* Volgens Sampie Viljoen van Oos-Driefontein is cochenille 'n suur wat net met 'n alkali bestry kan word. Hy beveel aan dat 'n mens 1 koppie koeksoda in 25 liter water oplos. Spuit die turksvyblare een keer elke twee weke met dié mengsel. Staak die spuitery sodra die blomme uitkom en wag tot die klein vruggies verskyn. Spuit nog een keer en dalk 'n tweede keer, indien nodig.

Die SA Turksvykwekersvereniging, Posbus 281, Carolina 1185 kan ook gekontak word. Dit was hul laaste bekende adres.

16 Maart 2012

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.82
+1.6%
Rand - Pond
22.07
+1.0%
Rand - Euro
19.43
+1.0%
Rand - Aus dollar
11.96
+1.2%
Rand - Jen
0.13
+1.4%
Platinum
986.00
+1.8%
Palladium
1,457.22
+0.6%
Goud
1,980.94
+0.9%
Silwer
23.90
+2.5%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
71,089
+0.3%
Alle aandele
76,705
+0.3%
Hulpbronne 10
67,517
+1.3%
Industriële 25
103,222
-0.1%
Finansiële 15
15,634
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Liefte is n wenner!
Hou van nuwe plekke sien dinge saam doen, saam lag en net memories maak ek wil settle en is ernstig daaroor.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot