AFGRI
BEAN
01 Des
-
9254
0,00
CORN
01 Des
-
4489,4
-18,60
SOYA
01 Des
-
10408
0,00
SUNS
01 Des
-
10855
-62,00
WEAT
01 Des
-
6646
0,00
WMAZ
01 Des
-
5141
10,00
YMAZ
01 Des
-
5001
4,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Reën en vloede versuur rosyntjie-oes

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die Oranjerivier-vloed het veroorsaak dat vele laaggeleë wingerde langs die rivier oorspoel het. Foto: Gabriel Viljoen
Die Oranjerivier-vloed het veroorsaak dat vele laaggeleë wingerde langs die rivier oorspoel het. Foto: Gabriel Viljoen
Die jaarlikse oesskatting van die rosyntjiebedryf kan heelwat afneem.

Benewens vloede in die Oranjerivier bedreig die aanhoudende en deurdringende reën wat sedert 31 Januarie geval het, rosyntjieboere in die Benede-Oranjerivier se oeste. Die nat toestande maak dit onmoontlik om boorde te bereik om druiwe te oes en om teen siektes soos donsskimmel te bespuit. Boonop duur dit veel langer om rosyne genoegsaam te droog.

Volgens mnr. Gabriel Viljoen, voorsitter van Oranjerivier-produsente-alliansie en eienaar van Raaswater-landgoed buite Upington, moet hulle wag tot die reën ophou voordat hulle in die boorde kan ingaan.

“Dit is nou te nat en klam om te oes en rosyne te droog. Dit sal minstens twee tot drie weke wees voordat die  binneriviergrond droog genoeg is, mits dit nie weer reën nie. In normale omstandighede duur dit ’n week om uit te droog.

rosyndruiwe
Die Sugra 34-kultivar op die Raaswater-landgoed. Foto: Charné Kemp
rosyn druiwe
Die rooi Sweet Celebration-kultivar in die wingerd. Foto: Charné Kemp
rosyne,
Mnr. Gabriel Viljoen, eienaar van die Raaswater-landgoed, by rosyntjies wat op stellasies uitdroog. Foto: Charné Kemp

“Die wingerde was reeds nat omdat rivierwater in die voorlaaste week van Januarie in die dreineringsloepe van wingerde in laaggeleë dele van die Benede-Oranjerivier gespoel het toe die vloei in die Oranjerivier tot 3 700 kumek opgestoot het. Die riviervlak het onlangs nog hoër opgestoot as vroeër in Januarie en aangrensende blokke wat nie vol was nie, het vol water geloop. Die water in die dreineringsloepe oorstroom die walle en loop in die blokke. Op plekke was dit kniediep. Hoewel die water sedertdien teruggetrek het, is dit steeds nat.”

Boere kon nie in die wingerde en landerye kom om plaagdoders of swael te spuit om die wingerd vrugte droog te kry nie. Dan ontstaan siektes soos donsskimmel, witroes en botritus wat die vrugte laat vrot.

“Die rosyntjies wat op die droogbane lê, se gradering word swakker en gehalte daarmee saam. Die somerreënval is nie buitengewoon nie, maar ongewoon baie reën het uitgesak weens die tropiese storm hoër op in Suider-Afrika.”

Versekering

Boere kan nie altyd omvattende versekering bekostig nie. Versekering word gewoonlik teen haelskade uitgeneem. Hy sê hulle is wel ontevrede dat die regering reeds in November 2021 nie na pleidooie geluister het om vroeër die Vaaldam se sluise oop te trek om die vloede te versag en oor tyd te versprei nie. Die regering se houding was dat damme se doel is om water op te gaar en nie vloedskade te beheer nie.

“Die jaarlikse oesskatting van die rosyntjiebedryf was 85 000 ton, maar het nou afgeneem tot 80 000 ton en kan nog heelwat afneem. Sommige boere het vanweë die voorspelde nat toestande vroeër as gewoonlik begin oes, maar daar is nadele. Die produk het nie optimale suikerinhoud nie, die tonnemaat is ligter en die gradering nie optimaal nie, wat die inkomste beïnvloed.”

rosyn wingerd
Mnr. Gabriel Viljoen se Raaswater-landgoed gebruik Best Cure om teen swamme te bespuit. Foto: Charné Kemp
Oranjerivier
Die Oranjerivier het ’n week vantevore opgestoot tot waar mnr. Gabriel Viljoen, eienaar van die Raaswater-landgoed, staan. Foto: Charné Kemp
rosyn druiwe
Die Thompson-kultivar is ideaal om rosyne van te maak. Foto: Charné Kemp

Hy sê die vloedwalle wat ná die 2011-vloede gebou is, het gehou en daarom is vloedskade beperk. Hoewel water in blokke gestoot het, is landerye nie verspoel nie. “Tog het die stokke drie weke in die water gestaan. Die stokke gaan in ’n strestoestand weens ’n suurstoftekort of kry plantsiektes. Die stok se blare word ook afgegooi weens die donsskimmel en witroes. Die stok gebruik dan sy laaste reserwes vir hergroei, wat beteken daar is min groeikrag in September wanneer dit moet bot. Die volgende oeste word dan benadeel. Wingerde kan tot twee  jaar nodig hê om te herstel.”

Boere het net een geleentheid per jaar om te oes, maar is van weersomstandighede afhanklik. “As mens nie nou ’n optimale oes gehad het nie, sal jy op insette moet inkort.”

Planne wat  hy as boer gemaak het, is om plastiek oor boorde te span om die druiwe teen die reën te beskerm, en helikopters te huur om die blokke uit te droog. “Dit is nog onvoorsiene, maar noodsaaklike uitgawes wat aangegaan is om die inkomste te beskerm,” sê hy.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.14
+0.4%
Rand - Pond
20.74
+0.2%
Rand - Euro
17.91
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.71
-0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.9%
Goud
1,780.38
+0.7%
Silwer
22.26
+0.3%
Palladium
1,922.46
+1.8%
Platinum
1,044.87
+0.7%
Brent-ruolie
86.97
+3.1%
Top-40
69,825
+1.8%
Alle aandele
76,159
+1.8%
Hulpbronne 10
75,247
+2.5%
Industriële 25
92,571
+2.3%
Finansiële 15
16,376
-0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wie weet
Ek dink ek is maklik om oor die weg te kom. Is baie getrou eerlik opreg . Ek is nie opsoek na lekker tyd! Ook nie om jou tyd te mors.
Opsoek na lekker geselskap
As jy my eers beter leer ken sal jy nie genoeg van my kry nie. Ek is n rustige vrou opsoek na lekker geselskap
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot