AFGRI
BEAN
06 Des
-
9261
0,00
CORN
06 Des
-
4419
0,00
SOYA
06 Des
-
10520
0,00
SUNS
06 Des
-
10880
0,00
WEAT
06 Des
-
6673
0,00
WMAZ
06 Des
-
4953
0,00
YMAZ
06 Des
-
4813
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Regering het nie ‘vendetta’ teen wynbedryf

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
Die wynbedryf se “komplekse en delikate” verhouding met die regering is een waaraan daar gewerk moet word.

Hoewel die wynbedryf se verhouding met die regering veral sedert die begin van die covid-19-inperkings “kompleks en delikaat” is, moet daar in die toekoms aan hierdie verhouding gewerk word aangesien dié twee entiteite mekaar nodig het, het mnr. Rico Basson, bestuurshoof van Vinpro, verlede week tydens ’n Vinpro-inligtingsessie gesê.

Die wynbedryf is sedert die begin van die inperking lelik deur die regering aan bande gelê aangesien die handel van drank herhaaldelik verbied is sonder dat die bedryf daarvan in kennis gestel is.

Vinpro wag steeds vir ’n uitspraak op sy hofaansoek waarin hy versoek dat besluite oor toekomstige verbiedinge op die handel van drank deur die provinsiale pleks van die nasionale regering geneem moet word.

Mnr. Christo Conradie, bestuurder van wynkelders by Vinpro, het gesê daar is nie ’n vendetta van die regering se kant af teen die wynbedryf nie. Waar die wynbedryf vantevore as deel van die landbousektor met ’n beperkte aantal departemente in die regering in kontak was, is die bedryf sedert die begin van die inperking in kontak met meer as tien departemente wat elk hul eie agendas en prioriteite het.

“Wanneer ons met die regering praat, beklemtoon ons dat ons ’n bydrae tot die staatskis lewer deur aksynsbelasting, ons bydrae tot werkskepping, die bruto binnelandse produk (BBP), ens. Behalwe vir die Drankwet (Wet 27 van 1989) en munisipale verordeninge wat ons nakom, beoefen ons ook selfregulering.

“Van die regering se kant af moet nou prioriteite ten opsigte van onder meer gesondheid, polisiëring, vervoer en toerisme in ag geneem word. Vanuit die regering se perspektief, het hy ’n groot probleem met die misbruik van drank. Hy wil dus weet wat ons doen ten opsigte van skadevermindering.”

Hy het gesê dit sal die bedryf nie baat om koppe te stamp met die regering nie. “Wanneer met die regering in gesprek getree word, moet ’n mens kalm bly. Jy moet met ’n oop kop luister om sy perspektief te verstaan. Daarna kan jy jou argument en ’n dialoog begin bou. Dit is wat ons tans probeer doen.”

Dit is egter volgens hom belangrik dat die drankbedryf en regering se gesprekke op feite gegrond moet word sodat dié bedryf se argumente en versoeke, soos dat onwettige handel hokgeslaan moet word, ook rasioneel oorweeg kan word.

WYNTOERISME

Me. Marisah Nieuwoudt, wyntoerisme-bestuurder by Vinpro, het gesê dié sektor, wat in 2019 R7,2 miljard tot die BBP bygedra en sowat 10 000 werksgeleenthede verskaf het, is geknou deur beperkings op mense se bewegings, die sluit van Suid-Afrika se grense en sommige persele, onder meer waar troues aangebied word, en die verbiedinge op die handel van drank.

Volgens haar het twee derdes van die sektor se bydrae tot die ekonomie weens die inperking verlore gegaan. Hoewel ander lande wêreldwyd soortgelyke verliese gely het, was Suid-Afrika s’n groter weens die verbiedinge op die handel van drank.

“Die groot vraag is hoe lank ons pad na herstel is. Volgens ’n voorspelling deur ons ekonoom Martin Jansen van Vuuren sal ons teen 2023 weer dieselfde vlakke as in 2019 bereik.”

Sy het vertel dat die Wes-Kaapse departement van landbou R12 miljoen uit sy begroting beskikbaar gestel het om 1 362 permante werksgeleenthede in die wyntoerismesektor vanaf Desember verlede jaar tot Februarie vanjaar te subsideer. Uit hierdie bedrag kon 254 wynkelders ook gesteun word.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.50
-0.2%
Rand - Pond
21.32
-0.1%
Rand - Euro
18.34
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.76
-0.6%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Goud
1,769.49
+0.0%
Silwer
22.35
+0.4%
Palladium
1,879.35
+0.1%
Platinum
992.00
-0.8%
Brent-ruolie
82.68
-3.5%
Top-40
68,543
0.0%
Alle aandele
74,693
0.0%
Hulpbronne 10
74,781
0.0%
Industriële 25
91,501
0.0%
Finansiële 15
15,595
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kontak my gerus jy sal nie spyt wees nie
Goeie sin vir humor, hou van lag, gesels, Kamp, natuur, buite lewe, romantics, hou van fisiese aan raking, kontak persoon
Passievolle lewenslustige omgee persoon.
Passievol en lewenslustige. Weet hoe om die lewe te geniet. Die lewe is hopeloos te kort vir drama. Bou die toekoms wat ek vir myself wil he. Baie om te bied aan die regte...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot