Dit is tans in die ontwikkelingsfase, maar daar is reeds opgewondenheid oor dié tegnologie wat mettertyd na ander gewasse en bedrywe uitgebrei kan word.
As van Suid-Afrika se eerste bloubessie-boere het mnre. Michael en Simon Back (voormalige eienaars van die Paarlse wynplaas Backsberg) die “evolusie” van die bloubessiebedryf beleef. “Ek dink die wittebroodfase is nou verby.
Die dae is verby dat mense kan dink jy sit ’n bloubessieplant in ’n pot en kyk hoe jou bankbalans groei. Die klem val nou op doeltreffendheid, kostebestuur en om seker te maak elke plant lewer die beste opbrengs op,” sê Simon.