AFGRI
BEAN
28 Nov
-
9156
14,00
CORN
28 Nov
-
4471,2
-39,80
SOYA
28 Nov
-
8830
66,00
SUNS
28 Nov
-
10850
-158,00
WEAT
28 Nov
-
6690
-4,00
WMAZ
28 Nov
-
5324
-21,00
YMAZ
28 Nov
-
5117
-9,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Rooibos Bpk. skik met mededingingskommissie

akkreditasie
Foto: Amelia Genis
Foto: Amelia Genis
Suid-Afrika se grootste verwerker van 60% van die land se grootmaat rooibostee het ’n skikkingsooreenkoms met die mededingingskommissie bereik waarin hy onderneem om navorsingsresultate te publiseer en nie kontrakte van langer as vyf jaar met teeverskaffers te sluit nie.

Die ooreenkoms waarvolgens Rooibos Bpk. die resultate van produksienavorsing wat deur die maatskappy aangevra of gekontrakteer is, sonder voorwaardes of beperkings op sy webwerf moet plaas, en nie boere mag verhinder om rooibostee aan die maatskappy se mededingers te verkoop nie, is as ’n bevel deur die mededingingstribunaal bekragtig.

Langtermynkontrakte mag ook nie meer as 10% van die totale jaarlikse rooibos-oes, soos geskat deur Rooibos Bpk., uitmaak nie.

Navorsingsresultate hier ter sprake is dit wat verkry word uit navorsing oor die produksie en oes van rooibos. Dit kan kliniese proewe en navorsing insluit. Die skikking sluit “sake- en handelsgeheime, eie navorsing, tegniese ondervinding en advies” uit.

Die skikkingsooreenkoms volg op ’n klag wat die kommissie in Julie 2015 ontvang het. Volgens die klag het Rooibos Bpk. sedert 2014 langtermynkontrakte met rooibosboere gesluit om vir die tydperk 2014 tot 2018 tot 50% van hul tee uitsluitlik aan Rooibos Bpk. te lewer. Daarbenewens het die klaer aangevoer lewering van tot 50% van hul tee was ’n voorwaarde om toegang tot produksienavorsingsresultate te kry.

Die kommissie se ondersoek toon die kumulatiewe uitwerking van dié langtermynooreenkoms en die verbintenis om tee aan Rooibos Bpk. te verskaf volgens die maatskappy se produksienavorsingskema het noemenswaardige hoeveelhede van die “skaars en sonderlinge produk wat in ’n klein geografiese gebied groei”, by die maatskappy opgesluit. “Dit het ander teeverwerkers ontneem van die volumes wat hulle nodig gehad het om hul markaandeel vir grootmaat-verwerkte rooibostee te vergroot.”

Die kommissie het ’n klagte teen Rooibos Bpk. vir oortreding van artikel 8(d)(i), alternatiewelik artikel 8(c) van die Wet op Mededinging (Wet 89 van 1998, soos gewysig) na die mededingingstribunaal verwys. Artikel 8 verbied instellings om hul oorheersende posisie te misbruik.

Hoewel Rooibos Bpk. hom tot die voorwaardes van die skikkingsooreenkoms verbind, erken die maatskappy nie enige misdryf nie. “Daar is niks in die skikkingsooreenkoms wat neerkom op ’n erkenning van aanspreeklikheid vir of misdryf ten opsigte van enige verbode gedrag ingevolge die Wet op Mededinging nie.”

Mnr. Martin Bergh, besturende direkteur van Rooibos Bpk., sê die maatskappy het nie tans langtermyn ooreenkomste met boere nie.

Ooreenkomste wat hulle in die verlede met boere gehad het, het nooit 10% van die totale oes oorskry nie, en hulle is nie van voornemens om dié proporsie in die toekoms te oorskry nie. Hy sê die 10% van die tee wat in die verlede in langtermyn ooreenkomste gekontrakteer is, was te min om die mark te oorheers, en boere het vrywillig aan die ooreenkomste deelgeneem.

Volgens Bergh beïnvloed die skikking nie Rooibos Bpk. se toekomstige bedrywighede nie, en spreek dit die ooreenkomste wat die maatskappy in die verlede met produsente en kopers gehad het, vry.

“Rooibos Bpk. se intellektuele eiendom is veilig en hoef nie in die openbare domein geplaas te word nie,” sê Bergh. “Dis standaard praktyk dat kommersi?le maatskappye intellektuele eiendom het wat op eie diskresie met ander gedeel word. In die sin kan die tegniese raad wat Rooibos Bpk. aan boere gee, op eie diskresie voortgaan en tot voordeel van albei partye.”

’n Volledige weergawe van die tribunaal se bevel en die skikkingsooreenkoms kan op die tribunaal se webwerf, www.comptrib.co.za, gelees word.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.13
-0.2%
Rand - Pond
20.56
+0.8%
Rand - Euro
17.78
+0.3%
Rand - Aus dollar
11.46
+0.7%
Rand - Jen
0.12
-0.1%
Goud
1,743.71
-0.8%
Silwer
21.04
-1.9%
Palladium
1,850.00
-0.4%
Platinum
995.50
+1.2%
Brent-ruolie
83.63
-2.0%
Top-40
66,994
+0.4%
Alle aandele
73,368
+0.3%
Hulpbronne 10
70,795
-0.9%
Industriële 25
88,376
+1.2%
Finansiële 15
16,389
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Buite persoon
Ek is ñ man met ñ sagte hart, buite persoon hou van die natuur. Romanties, sag van geaard. Leef vir Jesus. Hou van musiek luister en net rustig wees
Kom ons vat n kans
Ek is mense mens, my kind en familie en vriende is my alles, kwaliteit tyd saam n mens se geliefdes is kosbaar.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot