AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9498,8
-161,20
CORN
24 Mrt
-
4060
45,00
SOYA
24 Mrt
-
8135
-88,00
SUNS
24 Mrt
-
8630
-225,00
WEAT
24 Mrt
-
6430
65,00
WMAZ
24 Mrt
-
3842
55,00
YMAZ
24 Mrt
-
4029
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Rooibosboere moet wyer waardeketting ontgin

akkreditasie
Foto: Amelia Genis
Foto: Amelia Genis
Rooibosteeboere moet inkomste uit die uitstekende heersende prys gebruik om skure op hul plase op te rig.

Dit gaan tans baie goed met rooibosteeboere, met rekordpryse wat die afgelope twee jaar behaal is. Die bedryf bied tans aan boere ’n gulde geleentheid om hul gebrek aan beheer oor hul eie produk sowel as die mate waarin hulle prysnemers is, aan te pak.

Só het mnr. Willem Engelbrecht, rooibosteeboer van die Groenkol-rooibosteelandgoed naby Clanwilliam, op Khoisan Tee se boeredag aan medeboere gesê.

rooibos, Willem Engelbrecht,
Mnr. Willem Engelbrecht. Foto: Johan van der Merwe

“Ons boere moet besef ons werk met ’n nie-bederfbare produk, en ons moet dit tot ons voordeel gebruik. Bou ’n skuur op jou plaas en boer jou skuur vol. Bemark dan volgens die kontantvloeibehoefte van jou boerdery. Ek is self ’n verwerker en doen kontrakverwerking vir ander boere. As boere nie die voordeel van ’n nie-bederfbare produk gebruik nie, gaan diegene met opbergplek dit wel gebruik,” het Engelbrecht, wat ’n aandeelhouer in Elandsberg Tea Processors is, aan die boere gesê.

Die prys van onverwerkte rooibostee is tans die hoogste nóg en bykans tien keer hoër as wat dit slegs ses jaar gelede was. Boere verdien tans tot R65/kg vir onverwerkte tee, terwyl dié prys in 2010 minder as R5/kg was. Hoë voorraadvlakke van 2007 tot 2011 het die lae prys tot gevolg gehad. Gevolglik is baie min tee aangeplant. Nadat die droogte produksie geknou het, het voorraadvlakke tot baie laag gedaal, wat tot hoër pryse gelei het.

Hoewel daar geen amptelike bedryfsyfers is nie omdat daar nie meer ’n bedryfsliggaam vir boere bestaan nie, word daar in die bedryf beweer dat heelwat meer tee vanjaar aangeplant is as in vorige jare. Heelwat meer rooibostee kan glo in 2020 verwag word. Engelbrecht het boere aangemoedig om die huidige goeie tyd te gebruik om hul boerderye te diversifiseer indien moontlik.

“Sorg bowenal dat jy weet waar jou boerdery se gelykspeelprys per kilogram geproduseerde tee is. Moenie jou tee teen minder as daardie punt verkoop nie. Die enigste manier om dit te verseker, is om die nie-bederfbaarheid van die produk tot jou guns aan te wend en ’n voorraad in ’n skuur op jou plaas op te bou in die jare waarin daar ’n surplus is en die prys laag is.”

Engelbrecht meen dat die premieprys wat deesdae vir organiese tee betaal word, dit die moeite werd maak om ’n organiese produksiestelsel te oorweeg.

Mnr. Martin Slabbert, hoofbestuurder van Khoisan Tee, stem met hom saam. Hy het boere aangemoedig om te sorg dat hul produk van die hoogste moontlike gehalte is. “In die tye waarin daar ’n tekort aan tee is, sal verwerkers hul oë toeknyp en tee van ’n swakker gehalte aanvaar. In tye waarin daar ’n goeie aanbod is, sal swak gehalte nie aanvaar word nie.”

Mnr. Martin Slabbert. Foto: Johan van der Merwe

Engelbrecht het boere aangemoedig om verhoudings met meer as een verwerker op te bou en betrokke te raak in die bedryf, juis omdat bedryfsinligting nie vrylik beskikbaar is nie. Dit bemoeilik besluitneming. “Hoe meer jy in die bedryf betrokke is, hoe makliker gaan jy ’n aanvoeling kry van wat in die bedryf gebeur.”

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
+0.0%
Rand - Euro
19.55
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.08
+0.1%
Rand - Jen
0.14
-0.5%
Platinum
979.10
-0.6%
Palladium
1,421.38
-0.1%
Goud
1,976.74
-0.9%
Silwer
23.15
+0.2%
Brent-ruolie
75.91
-1.0%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou lewe vereik
Ek stel belang in haar lewe. Ek het baie baie liefde Om te gee. Bereid Om by haar aan te pas en te leer
Lag n bietjie en kom geniet die lewe!
Ek is n spontane mens wat weet wat ek in die lewe wil he, en hou van lag en avonture.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot