AFGRI
BEAN
27 Mrt
-
9500
0,00
CORN
27 Mrt
-
4578
0,00
SOYA
27 Mrt
-
8100
0,00
SUNS
27 Mrt
-
8943
0,00
WEAT
27 Mrt
-
6343
0,00
WMAZ
27 Mrt
-
3966
0,00
YMAZ
27 Mrt
-
4015
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Rooibostee kry groot aftrek by SA se jeug

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Teeplantasies in die Cederberg. Foto: Verskaf
Teeplantasies in die Cederberg. Foto: Verskaf
Rooibostee is nie net ’n drankie vir gesondheidsbewustes nie, maar is ook gewild onder Suid-Afrika se jeug, is in vanjaar se Sunday Times GenNext-opname bevind.

Volgens die bevindinge van dié opname, ’n gerekende barometer van wat vir Suid-Afrika se jeug modieus en begeerlik is, is rooibostee kort op die hakke van Starbucks-koffie. Dit het ander gunstelinge soos Nescafé, Milo, Nestlé Hot Chocolate en Hug-in-a-mug uitgestof.

Meer as 6 000 Suid-Afrikaanse jong mense tussen die ouderdom van 8 en 23, asook jong professionele mense tussen die ouderdom van 25 en 30 is gevra om hul gunstelingprodukte en -handelsmerke in 69 kategorieë te benoem.

Die kategorie vir warm drankies is verlede jaar vir die eerste keer in die opname ingesluit. Verlede jaar was twee swarttee-handelsmerke onder die toptien, maar vanjaar was rooibos die enigste kruie-aftreksel of teeproduk op die lys.

Vanjaar se gewildste drankies is:

1.      Starbucks-koffie

2.      Rooibos

3.      Nescafé

4.      Milo

5.      Ricoffy

6.      Jacobs Kroning-koffie

7.      Nestlé Hot Chocolate

8.      Nestlé Cappuccino

9.      Hug-in-a-mug

10.     KFC se warm drankies

Sowat 14 000 ton rooibos word jaarliks in in die Cederberg-streek in die Wes-Kaap verbou – die enigste plek ter wêreld waar dit geproduseer word. Die helfte daarvan word plaaslik verbruik, terwyl die res na 30 lande reg oor die wêreld uitgevoer word.

Me. Adele du Toit, woordvoerder van die SA Rooibosraad, sê luidens ’n verklaring die toekenning is besonder spesiaal gegewe die groot verskeidenheid drankies waaruit vandag se jeug kan kies. “Rooibos kom tot sy reg. Dit het ontwikkel van ’n eenvoudige kruideniersware-item tot ’n produk wat verbruikers wil hê.

“Deel van sy aantrekkingskrag is sy veelsydigheid. Dit kan warm of koud geniet word, as ’n cappuccino, espresso, skemerkelkie/mocktail, energiedrankie, smoothie of borreltee en kom in meer as 100 verskillende versnitte voor. Dit maak dit pret en opwindend vir avontuurlustige jeugdiges om mee te eksperimenteer.

“Die jeug word meer gesondheidsbewus met baie wat funksionele voedsel- en drankaankope bo soet drankies en verwerkte voedsel verkies. Rooibostee is kafeïenvry, laag in tanniene en vol antioksidante, wat almal se gesondheid bevorder,” sê Du Toit.

Sosiale media is volgens haar ook daarvoor te danke dat rooibostee so gewild is.

“Sosiale netwerke het die manier waarop ons eet en drink verander. Dit dryf neigings en gedrag aan, veral onder millenniërs en Gen Z,” sê Du Toit. “Die jeug van vandag is meer ingelig oor produkte as enige ander generasie. Hulle doen navorsing, vra meer vrae en is meer besorg oor wat hulle in hul liggame sit en hoe produkte die omgewing beïnvloed. Rooibos merk al hierdie boksies.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
+0.0%
Rand - Pond
22.23
+0.1%
Rand - Euro
19.56
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.1%
Platinum
973.24
-0.4%
Palladium
1,404.72
-0.8%
Goud
1,974.89
-0.2%
Silwer
23.07
-0.7%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
0.0%
Alle aandele
74,695
0.0%
Hulpbronne 10
64,294
0.0%
Industriële 25
101,619
0.0%
Finansiële 15
15,178
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Ant
Oopkop en standvastig. Onafhaklikheid belangrik vir my. Doen nie drama nie. Lewe te kort om te mors op dinge en mense wat jou nie gelukkig maak nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot