AFGRI
BEAN
29 Mrt
-
9765,2
51,20
CORN
29 Mrt
-
4152
-5,00
SOYA
29 Mrt
-
8242
-1,00
SUNS
29 Mrt
-
8800
93,00
WEAT
29 Mrt
-
6671
-19,00
WMAZ
29 Mrt
-
3854
-29,00
YMAZ
29 Mrt
-
4040
-13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

SA pere aan ontwortelde Oekraïners geskenk

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Kartonhouers met Suid-Afrikaanse pere staan in ’n eetsaal in Lutsk waar ontwrigte mense in Oekraïne gratis maaltye kry. Foto: Fresh World
Kartonhouers met Suid-Afrikaanse pere staan in ’n eetsaal in Lutsk waar ontwrigte mense in Oekraïne gratis maaltye kry. Foto: Fresh World
Danksy samewerking tussen ’n Suid-Afrikaanse uitvoerder van vars produkte en een van sy Europese klante kon uitgevoerde pere aan duisende ontwrigte Oekraïners geskenk word.

’n Besending Suid-Afrikaanse pere wat weens Rusland se inval in Oekraïne nie meer na Rusland vervoer kon word nie, het pleks hiervan deel geword van gratis maaltye in die Oekraïnse dorpie Lutsk.

Mnr. Wayne Mudge, besturende direkteur van die Suid-Afrikaanse uitvoerder Cape Five, sê die pere was reeds in Nederland toe Rusland Oekraïne binnegeval het en kon toe nie na Rusland vervoer word nie.

“Ons het besef dit sal moeilik wees om dit in Europa te verkoop en het besluit om te kyk of ons dit aan vlugtelinge uit Oekraïne kan skenk. My siening is, as ’n mens geld gaan verloor, kan jy net sowel goed doen.”

Cape Five het weens die covid-19-pandemie baie betrokke geraak by voedselhulpskemas in Suid-Afrika en skenk steeds produkte deur Standard Bank se digitale platform OneFarm Share. Dit was met dieselfde ingesteldheid dat Cape Five besluit het om die pere te skenk.

Mudge, wat ook die voorsitter van die varsprodukte-uitvoerdersforum (FPEF) is, het mnr. Erik van Vugt, besturende direkteur van Fresh World International in Pole, ’n klant van Cape Five, gekontak. “Hy was baie gretig om te help en kon met ondernemings in die Europese Unie (EU) onderhandel oor vervoerkoste.”

oekraïne
Dié houers met Suid-Afrikaanse pere sou na Rusland gaan, maar is uiteindelik na die Oekraïnse dorpie Lutsk gebring. Foto: Fresh World

Fresh World het die logistieke reëlings saam met die welsynsorganisasie Tilky Razom getref, wat ’n vennootskap tussen die Poolse dorpie Blonie en Lutsk is. ’n Onderneming in Europa het die klaring van die produkte gratis in Rotterdam behartig en Suid-Afrikaanse boere het ook tot die logistieke koste bygedra.

Van Vugt sê Fresh World het Oekraïners in sy personeel en ondersteun hulle in die hulp wat hulle organiseer. “Ons werknemers het reeds twee besendings met onder meer voedsel, matrasse en mediese verbande na Oekraïne gereël.” Die aanbod van die pere was ’n gulde geleentheid om vars produkte te kon skenk.

Die pere is na die dorpie Lutsk in Oekraïne gebring, sowat 200 km van die Poolse grens. Tilky Razom sê in ’n bedankingsbrief aan al die betrokkenes dat die stadsraad van Lutsk gratis maaltye aan ontwortelde mense gee, waarvan daar 15 000 geregistreerdes is. Van Vugt sê deur kontakte in Lutsk en danksy van sy werknemers se familie daar, kon hulle seker maak als verloop glad.

“Cape Five het die pere geskenk en ons het die vervoer- en tariefkoste bygedra. Ons het geen probleme met logistiek (na Oekraïne) nie, ons werk steeds saam met ons Oekraïnse kliënte.”

Uitvoer ontwrig

Mudge sê Rusland is ’n baie belangrike bestemming vir Suid-Afrikaanse vars produkte, onder meer omdat hul vereistes verskil van dié van die EU en Asië. Sowat 5% tot 10% van dié produkte word die afgelope vyf jaar soontoe uitgevoer. Dit sluit in pere, appels, pruime en sitrus.

Die oorlog in Oekraïne skep nou verskeie onsekerhede. Baie skeepsrederye bedien nie meer Rusland nie en dit is voorts onmoontlik om kredietversekering vir enige Russiese maatskappy te kry.

“Ek is egter seker daar sal oplossings wees, Suid-Afrikaners is in staat om oplossings te vind.” Uit sulke soort situasies kom daar dikwels geleenthede wat ’n mens andersins nie sou ontgin het nie.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.12
+0.2%
Rand - Pond
22.36
+0.2%
Rand - Euro
19.67
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.7%
Rand - Jen
0.14
+1.0%
Platinum
960.37
+0.1%
Palladium
1,425.03
+0.6%
Goud
1,968.29
-0.3%
Silwer
23.30
-0.1%
Brent-ruolie
78.65
+0.7%
Top-40
70,867
+0.6%
Alle aandele
76,458
+0.5%
Hulpbronne 10
66,768
+0.5%
Industriële 25
103,343
+1.0%
Finansiële 15
15,584
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek weet wat ek uit die lewe wil he
Om my te leer ken vat soms langer omdat ek n redelike groot introvert is. Ek is n stil mens, maar saam met die regte persoon kan ek ure lank n intelligente gesprek voer. Ek is...
Soek na iemand wat saam met my sal lag...
Vol skerp grappies, reg om iemand se dag op te helder, opsoek na my pasmaat wat saam met my kan lag en die lewe geniet. Hou daarvan om aktief te wees, crossfit en ry dan en wan...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot