AFGRI
BEAN
28 Mrt
-
9704,8
87,80
CORN
28 Mrt
-
4540,4
45,40
SOYA
28 Mrt
-
8240
100,00
SUNS
28 Mrt
-
8710
57,00
WEAT
28 Mrt
-
6743
201,00
WMAZ
28 Mrt
-
3877
-11,00
YMAZ
28 Mrt
-
4082,40
12,40
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

SA pomelo's kry te

Ten minste twee besendings Suid-Afrikaanse pomelo's is inderhaas aan die Japannese mark onttrek nadat fitosanitêre reëls oortree is. Dít kan beteken dat alle sitrusvrugte uit Suid-Afrika voortaan baie deegliker onder die vergrootglas geplaas kan word.

Mnr. Cyril Julius van die Departement van Landbou se direktoraat Plantgesondheid en Gehalte in Pretoria sê die Japannese owerheid het 'n dringende ondersoek gelas nadat Imazalil-vlakke van 7,8 dele per miljoen op 9 Augustus en 23 Oktober op pomelo's uit Suid-Afrika gekry is. Japan laat nie meer as 5 dele per miljoen Imazalil vir ingevoerde pomelo's toe nie. Hierdie middel word gewoonlik as ná-oesbehandeling in die pakhuis toegedien.

Volgens mnr. Julius lyk dit asof die probleem in net een pakhuis ontstaan het.

Die Japannese owerheid het onmiddellik Tokio se Metropolitan Government (Japan se beheerliggaam vir invoerders) opdrag gegee om die saak deeglik te ondersoek. Voortaan sal alle pomelo's uit Suid-Afrika nagegaan word. Hierdie intensiewer ondersoeke sal moontlik na alle sitrus uit Suid-Afrika uitgebrei word. Verkopers van hierdie besendings pomelo's is dringend gelas om die vrugte aan die mark te onttrek.

Die direktoraat Plantgesondheid en Gehalte het sy eie ondersoek geloods en het die Japannese owerheid versoek om meer besonderhede bekend te maak. "Ons wil byvoorbeeld graag weet hoe die monsters geneem is en hoe verteenwoordigend die monsters was."

Die Suid-Afrikaanse sitrusbedryf het 'n uitstekende reputasie as 'n verantwoordelike verskaffer van goeie vrugte aan die wêreld. Voorvalle soos hierdie het dus die potensiaal om Suid-Afrika se goeie reputasie in die buiteland te skaad. Die onus rus vierkantig op die skouers van die produsente en die uitvoerders om te verseker dat hul produkte ten volle aan die vereistes van die betrokke invoerlande voldoen, sê mnr. Julius.

Mnr. Edward Vorster, voorsitter van Sitrus Suid-Afrika, sê mense moet teen 'n oorreaksie waak. Om die situasie in perspektief te sien, moet onthou word dat 3,6 miljoen tot 3,7 miljoen kartonne pomelo's per jaar na Japan uitgevoer word en dat die hoë residuvlakke van Imazalil, wat nie 'n verbode middel is nie, slegs met twee inspeksies gevind is. Meer inligting is reeds aangevra oor die toetsmetodes wat in Japan gevolg word, en plaaslike navorsers glo dit is 'n baie onwaarskynlike toeval dat die betrokke residu-vlakke bykans ses weke uitmekaar presies dieselfde kon wees.

Die oorsprong van die pomelo's is bekend en die betrokke produsent en pakhuis sal aan streng monitering onderwerp word. 'n Dringende beroep word op sitrusprodusente gedoen om by die regulasies en protokol te hou ten einde Suid-Afrika se reputasie as 'n verskaffer van heilsame sitrusvrugte verder uit te bou en nie af te breek nie, het mnr. Vorster gesê.

22 November 2002

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.16
+0.8%
Rand - Pond
22.41
+0.4%
Rand - Euro
19.69
+0.4%
Rand - Aus dollar
12.18
-0.0%
Rand - Jen
0.14
+0.2%
Platinum
964.80
-0.3%
Palladium
1,419.74
+1.0%
Goud
1,972.66
+0.8%
Silwer
23.32
+1.1%
Brent-ruolie
78.12
+4.0%
Top-40
70,445
+0.9%
Alle aandele
76,047
+1.0%
Hulpbronne 10
66,460
+2.3%
Industriële 25
102,327
+0.1%
Finansiële 15
15,628
+1.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou lewe vereik
Ek stel belang in haar lewe. Ek het baie baie liefde Om te gee. Bereid Om by haar aan te pas en te leer
Everyday is a good day
Mmmm hou van braai kamp dans en some net rustig te wees, ek is baie lief vir diere. Vra as jy iets wil weet.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot