AFGRI
BEAN
02 Feb
-
9793
0,00
CORN
02 Feb
-
4625
0,00
SOYA
02 Feb
-
9627
0,00
SUNS
02 Feb
-
11502
0,00
WEAT
02 Feb
-
6736
0,00
WMAZ
02 Feb
-
4431
0,00
YMAZ
02 Feb
-
4453
0,00

SA se wyn is ‘hopeloos te goedkoop’, sê Vinpro

akkreditasie
Foto: Amelia Genis
Foto: Amelia Genis
Wynboere moet hul heil by hulself soek en saamstaan as hulle die huidige golf hoër wynpryse enduit wil ry.

Die wynbedryf het die afgelope twee jaar, ná sowat agt harde jare, ’n opflikkering beleef met prysverhogings van tussen 35% tot 50% vir grootmaatwyn en sowat 10% vir gebottelde wyn. Tog trek die bedryf steeds swaar en is die inkomste per hektaar ver onder volhoubaarheidsvlakke. Omtrent elke twee weke verlaat ’n produsent die wynbedryf.

Mnr. Anton Smuts, voorsitter van VinPro, het op die veertiende jaarlikse Vinpro-inligtingsdag in Kaapstad gemaan die bedryf sal momentum moet hou om sy opbrengs op beleggings op ’n aanvaarbare vlak te bring.

Mnr. Anton Smuts, voorsitter van VinPro. Foto: VinPro

“Ons moenie nou slaplê nie. Ons streef na ’n opbrengs op belegging van VPI (verbruikersprysindeks) plus 5%. Dis binne ons bereik as ons kan saamstaan.”

‘Hopeloos te goedkoop’

Volgens hom is Suid-Afrikaanse wyn steeds “hopeloos te goedkoop”. Altesaam 14% van Suid-Afrika se grootmaatwyn het die afgelope jaar plaaslik vir minder as R4,50 per liter verkoop. Meer as 8% van die grootmaat-rooiwyn is binnelands vir goedkoper as R5,50 per liter verhandel. Altesaam 6% van die totale grootmaatwynuitvoer het teen minder as R5,50 per liter geskied.

“Dis wyn waarvan ek praat! Wie is die produsente of direksies wat ons wynbedryf en hulself so in die voet skiet? Julle is besig om julself uit jul toekoms uit te discount, pryse te ondermyn, die volhoubaarheid van die hele bedryf te benadeel en die vooruitgang daarvan te strem. Ons moet wakker skrik!” het hy uitgevaar.

Mnr. Francois Viljoen, hoof van wingerdboukundige dienste by Vinpro, verwag dat vanjaar weer ’n klein wyndruifoes gaan oplewer. Dit sal net ’n raps groter wees as verlede jaar se oes, wat die kleinste was sedert 2005.

Volgens mnr. Christo Conradie, bestuurder van wynkelders by Vinpro, lê die wynvoorraadvlak tans op 350 miljoen liter. Smuts sê die klein oes sal wynvoorraadvlakke selfs verder laat daal as verlede jaar.

“Dit bring besliste geleenthede, maar dan sal almal ingelig moet wees en pryse daarvolgens moet vasstel,” het Smuts gewaarsku.

Belegging in bedryf nodig

Smuts sê produsente benodig ’n inkomste van R110 000 per hektaar om finansiële stabiliteit te ervaar. Die gemiddelde inkomste is tans sowat R70 000 per hektaar. “Ons kan nie so voortgaan nie.”

Conradie sê in 2017 is slegs 1,27% van die sowat 90 000 ha in die bedryf herplant. Volgens Smuts sal die bedryf sowat R13 miljard oor die volgende tien jaar moet belê om 50% van die wingerde, wat tans 16 jaar of ouer is, te vervang. “Ons gaan dit nie regkry met ’n ondergemiddelde inkomste nie. Nie teen R4,50 per liter nie!”

Sy raad was dat konsolidasies en hergroeperings wat produksie en bemarking betref, moet plaasvind om doeltreffendheid aan te wakker en vooruitgang te bewerkstellig.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.11
-0.1%
Rand - Pond
20.89
+0.0%
Rand - Euro
18.63
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.07
+0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Platinum
1,022.67
+1.1%
Palladium
1,663.57
-0.3%
Goud
1,914.38
+0.1%
Silwer
23.50
+0.1%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
73,629
0.0%
Alle aandele
79,802
0.0%
Hulpbronne 10
74,686
0.0%
Industriële 25
102,624
0.0%
Finansiële 15
16,551
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lekkerseergemaak
Ek wil weer geluk vind en weet hoe om die regte vrou lief te he en weet hoe om weer een gelukkige Family tw kan wees
Plain Jane
Oor die onnodige drama, wil net die lewe geniet. Goeie hart en weet wat ek uit die lewe wil he 😊
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot