AFGRI
BEAN
09 Jun
-
8524
64,00
CORN
09 Jun
-
4000
13,00
SOYA
09 Jun
-
7752
89,00
SUNS
09 Jun
-
8625
-29,00
WEAT
09 Jun
-
6305
-1,00
WMAZ
09 Jun
-
3605,60
48,60
YMAZ
09 Jun
-
3859,4
11,40
AMT
Ave Wool - Non RWS
26 Me
-
172,55
5,11
Ave Wool - RWS
26 Me
-
189,51
7,15
Beeste A2/3
26 Me
-
53,82
0,82
Beeste AB2/3
26 Me
-
52,28
0,50
Beeste B2/3
26 Me
-
48,03
-0,68
Beeste C2/3
26 Me
-
45,86
0,77
Bevrore Hoender
26 Me
-
34,01
-1,25
Bokkies (onder 30 kg)
26 Me
-
55,19
1,47
Bokooie
26 Me
-
38,71
-2,84
Groot (meer as 40 kg)
26 Me
-
40,79
-0,03
Hoender (IQF)
26 Me
-
33,04
-0,01
Medium (30-40kg)
26 Me
-
51,26
2,05
Pork Average
26 Me
-
29,59
0,40
Poultry Average
26 Me
-
33,71
-0,64
Skaap A2/3
26 Me
-
84,64
-3,90
Skaap AB2/3
26 Me
-
76,6
7,69
Skaap B2/3
26 Me
-
58,23
-2,52
Skaap C2/3
26 Me
-
57,02
-0,39
Speenkalf
26 Me
-
31,04
0,93
Spekvarke
26 Me
-
30,9
0,87
Stoorlammers
26 Me
-
42,28
0,90
Varkwors
26 Me
-
24,66
-0,30
Vars Hoender
26 Me
-
34,07
-0,69
Vleisvarke
26 Me
-
29,47
0,36
Deel

SA tafeldruifbedryf versterk verhouding met China

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Marguerite Wang, hoofbestuurder van Shanghai Goodfarmer Pitaya, en Molatelo Mamadi, berader: landbou by die Suid-Afrikaanse ambassade in Beijing. Foto: Verskaf.
Marguerite Wang, hoofbestuurder van Shanghai Goodfarmer Pitaya, en Molatelo Mamadi, berader: landbou by die Suid-Afrikaanse ambassade in Beijing. Foto: Verskaf.
Die Suid-Afrikaanse tafeldruifbedryf (Sati) het sy verhouding met China versterk met sy markontwikkelingsveldtog vir 2022-’23 wat verlede week by Guangzhou se Jiangnonghui-groothandelvrugtemark bekend gestel is.

Luidens ’n verklaring het verteenwoordigers van die Suid-Afrikaanse ambassade in China, die Wes-Kaapse regering en die toonaangewende Chinese varsvrugte-invoerder Goodfarmer die geleentheid Vrydag (24 Maart) bygewoon.

Volgens Sati is tafeldruiwe lank reeds ’n gunstelingvrug in China en is verbruikers gretig om nuwe kultivars in nuwe vorms en kleure te proe.

Sati wil China voorsien van vars tafeldruiwe van ’n hoë gehalte. Dit is ’n bederfbare produk en moet binne ’n relatief kort tydsbestek aan die mark gelewer en verbruik word. Sati wil in China se markbehoeftes voorsien deur ’n toegespitste benadering met korter vervoertye en ’n nouer aankomstydgleuf.

Gedurende die afgelope twee seisoene was die gewildste kultivars wat na China uitgevoer is, Crimson Seedless, Autumn Crisp, Sweet Globe en Sweet Joy. Tafeldruifkultivars wat in China in gewildheid toeneem, word toenemend in Suid-Afrika aangeplant, wat die weg baan vir verdere groei van plaaslike tafeldruiwe op die Chinese mark in die komende jare.

“Ons is verheug om ons veldtog hierdie seisoen uit te brei en voort te gaan om verhoudings met die vrugtebedryf in China te bou,” het AJ Griesel, uitvoerende hoof van Sati, gesê. “Die opheffing van covid-19-beheermaatreëls in China beteken dat ons weer persoonlike geleenthede met handelaars kan hou, soos die bekendstellingsgeleentheid in Guangzhou. Dit beteken ook die terugkeer van winkelpromosies vir verbruikers.

“Suid-Afrika tafeldruiwe word in baie lande reg oor die wêreld bemark, insluitend die Europese Unie, Brittanje, Amerika en Kanada,” het Molatelo Mamadi, landbouraadgewer by die Suid-Afrikaanse ambassade in Beijing gesê. “Suid-Afrika voer al etlike jare tafeldruiwe na China uit. Dit is gewild danksy die goeie gehalte en soet smaak.”

Die 2022-’23-tafeldruifseisoen is amper verby en tot dusver het die bedryf 61,3 miljoen kartonhouers (4,5 kg-ekwivalent) oftewel 275 850 ton tafeldruiwe uitgevoer. Teen die einde van die seisoen word verwag dat Suid-Afrika ongeveer 63 miljoen kartonhouers (4,5 kg-ekwivalent) oftewel 283 500 ton sou uitvoer.

Griesel moedig meer mense aan om Suid-Afrikaanse tafeldruiwe te ervaar. “Suid-Afrika sien daarna uit om bedryfsafgevaardigdes van reg oor die wêreld te huisves op die 10de internasionale tafeldruifsimposium wat van 26 November tot 1 Desember 2023 plaasvind.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.75
+0.5%
Rand - Pond
23.54
+0.6%
Rand - Euro
20.18
+0.7%
Rand - Aus dollar
12.58
+0.6%
Rand - Jen
0.13
+1.0%
Platinum
1,007.97
-0.2%
Palladium
1,346.11
-1.1%
Goud
1,964.33
-0.1%
Silwer
24.35
+0.3%
Brent-ruolie
75.96
-1.3%
Top-40
71,634
-0.1%
Alle aandele
77,004
-0.0%
Hulpbronne 10
68,440
-1.1%
Industriële 25
103,019
-0.4%
Finansiële 15
15,890
+2.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Sagte hart wil pasmaat vind
Ek was 42 jaar in wetstoepassing n speurder spesifiek. My huwelik het verbrokkel op my aftrede dag. Ek is eerlik ek is ssmaggeaard luef vir rwis en die buite lewe. Sal vir die...
Wêreldreisiger soek eersteklas metgesel
Ek is n plat op aarde meisie , baie sportief , ek is n familie mens. Ek is n baie sportiewe meisie , speel tans nog hokkie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot