AFGRI
BEAN
01 Jan
-
0
0,00
CORN
01 Jan
-
0
0,00
SOYA
01 Jan
-
0
0,00
SUNS
01 Jan
-
0
0,00
WEAT
01 Jan
-
0
0,00
WMAZ
01 Jan
-
0
0,00
YMAZ
01 Jan
-
0
0,00
Deel

SA vrugte vertel eie storie

Wanneer dit by vrugte kom, is dit eerder die varsheid en die voorkoms wat verkope opstoot, as die prys. Dit is ’n feit.

Wanneer dit by vrugte kom, is dit eerder die varsheid en die voorkoms wat verkope opstoot, as die prys. Dit is ’n voldonge feit dat verbruikers met hul oë koop en daarom is swak kwaliteit in vergelyking met prys, beslis nie ’n opsie nie.

Navorsing het bewys dat wanneer verbruikers koop, hulle eerstens beïnvloed word deur varsheid, tweedens deur skoon en netjiese produkte, derdens deur prys en laastens deur ‘n aanloklike voorkoms. Impuls beheer ook die meeste aankope. Verbruikers kan miskien aartappels en uie op hulle aankooplysie hê, maar die besluit om vrugte en groente aan te koop sal verseker geneem word in die varsprodukte-afdeling self en word grootliks beïnvloed deur die voorkoms van die produk - hoe vars dit is en hoe mooi dit lyk.

Daarom word Oktober en November met groot entoesiasme begroet, want dit beteken ’n nuwe seisoen en Suid-Afrikaanse steenvrugte (pruime, perskes, nektariens en appelkose) is weer beskikbaar op winkelrakke. Die ongelooflike kwaliteit en kleur, asook die smaak van Suid-Afrikaanse vrugte in vergelyking met ingevoerde vrugte wat die afgelope tyd beskikbaar was in ons supermarkte, is onmiddellik herkenbaar.

Navrae ontvang

Mnr. Anton Rabe, uitvoerende direkteur van Hortgro Services, ’n oorkoepelende diensentiteit vir ’n wye verskeidentheid van sub-sektore in die hortologiebedryf, sê in die jongste tyd is heelwat navrae van verbruikers ontvang wat hul kommer uitspreek oor die swak voorkoms en eetkwaliteit van veral steenvrugte wat hulle die afgelope tyd kon koop.

Hy het aangevoer dat hierdie vrugte, as gevolg van die seisoenale beskikbaarheid, ingevoerde produkte is. Daar is verskeie redes hoekom ingevoerde vrugte nie dieselfde eet- of bergingskwaliteit, wat plaaslike verbruikers aan gewoond is, het nie. Noudat Suid-Afrikaanse produkte weer beskikbaar is, sal die eet-ervaring van plaaslike verbruikers met rasse skrede verbeter weens plaaslike vrugte se uitstekende eetgehalte.

Behalwe appels en pere, wat in spesiale koelkamers opgeberg word (met lugregimes om die rypwordingsproses op vrugte te vertraag) en waarvan genoegsame volumes van goeie kwaliteit nog in pakstore beskikbaar is, is alle ander produkte, nuwe seisoenprodukte.

Rabe moedig verbruikers aan om beswaar aan te teken wanneer hulle produkte koop wat nie aan hul vereistes en verwagtinge voldoen nie. Verbruikers word verseker dat wanneer produkte die plase en pakhuise verlaat, dit van uitstekende gehalte is. As die produk in ’n swakker toestand op die rak beland, moet iemand in die hanteringsketting tot verantwoording geroep word omdat die koue ketting iewers verbreek is.

13 November 2009

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.83
-0.2%
Rand - Pond
22.10
-0.1%
Rand - Euro
19.44
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.98
-0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
985.50
+1.8%
Palladium
1,457.39
+0.6%
Goud
1,981.00
+0.0%
Silwer
23.88
-0.1%
Brent-ruolie
79.27
+1.3%
Top-40
71,089
0.0%
Alle aandele
76,705
0.0%
Hulpbronne 10
67,517
0.0%
Industriële 25
103,222
0.0%
Finansiële 15
15,634
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Liefte is n wenner!
Hou van nuwe plekke sien dinge saam doen, saam lag en net memories maak ek wil settle en is ernstig daaroor.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot