AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Saffraanproduksie kan gedy in Suid-Afrika

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die saffraan-oesproses is uiters arbeidsintensief, met die blomme en die rooi stempels (inlas) wat met die hand verwyder moet word. Foto: Verskaf
Die saffraan-oesproses is uiters arbeidsintensief, met die blomme en die rooi stempels (inlas) wat met die hand verwyder moet word. Foto: Verskaf
Suid-Afrika betree die saffraanmark op die regte tyd, want wêreldwyd word nie genoeg produseer om in die vraag te voorsien nie.

Daar is goeie vooruitsigte om saffraanproduksie in Suid-Afrika te vestig en met ’n internasionale mark wat teen 2030 op sowat R22 miljard sal staan, is daar geen kwellinge oor moontlike prysskommelinge vorentoe nie.

Mnr. Bennie Engelbrecht het in 2018 saffraanbolle na Suid-Afrika ingevoer om tussen Williston en Carnavon daarmee te begin boer nadat hy vier jaar navorsing daaroor gedoen het. Hy het op TLU SA se jongboerkonferensie in Pretoria gepraat oor saffraan as ’n opsie vir diegene wat hul boerdery wil diversifiseer.

Engelbrecht, wat ook die eienaar en uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse saffraanmaatskappy (Safricon) is, het gesê net ’n klein hoeveelheid grond is nodig om ekonomies daarmee te boer. Saffraan is ’n wintergewas wat baie min water en kunsmis benodig.

“Ons is in Suid-Afrika gewoond daaraan dat 150 ha tot 200 ha beskou word as ’n ekonomiese eenheid vir saaiboerdery. Oor drie jaar kan selfs ’n kwart hektaar saffraan ’n ekonomiese eenheid vorm. Ek sê drie jaar, want jy gaan nie onmiddellik al ’n klomp geld maak nie. Die bolle vermeerder met verloop van tyd.”

Hy het gesê Iran is die grootste produsent met jaarlikse produksie van 300 ton, maar kitsvloede in 2021 het 89 000 boere op baie klein stukkies grond se produksie tot stilstand gebring. In 2022 het droogte weer ’n derde van die produksie vernietig.

Spanje wat ook ’n groot produsent is, se produksie neem af weens klimaatsverandering en nog ’n groot produsent, Indië, ondervind probleme weens siektes wat versprei het.

“Ons is nou vars en nuut op die mark en arbeid by ons is nog betreklik goedkoop. Dit kan daarom beslis hier werk.” Hy het gesê namate mense wêreldwyd meer gesondheidbewus raak, raak saffraan vanweë sy medisinale voordele ook al hoe gewilder.

Verbouing

Oor die verbouing van saffraan het hy gesê mense dink omdat dit so ’n duur spesery is, moet dit ’n baie flambojante plant wees. Dit is egter ’n klein plantjie en, anders as waaraan ’n mens gewoond is, duur dit nie ’n hele seisoen voor jy kan oes nie.

Saffraan behaal pryse van tot R250 000/kg na gelang van die gehalte, maar sowat 150 000 blommetjies is nodig om ’n kilogram saffraan te produseer. Net die stuifmeeldraadjie word benut.

Bennie Engelbrecht,
Mnr. Bennie Engelbrecht, wat in 2018 saffraanbolle na Suid-Afrika ingevoer het om tussen Williston en Carnavon daarmee te begin boer. Foto: Nico van Burick

“As jy dit geplant het, duur dit net 40 dae voor jy jou blomme oes. Die res van die tyd is dit net blare wat groei en bolle wat ondergronds vermeerder. Die arbeidsintensiewe tyd is drie weke in April in die tyd dat die plante blom. Ek en my vrou en drie werkers het laasjaar 2 ha geoes, maar dit was baie lang ure. Ek sou reken in die derde jaar het ’n mens sowat 20 werkers in daardie drie weke nodig om die plukwerk te doen. Een bol lewer meer as een blom. ’n Mens pluk daarom nie die land klaar nie. Daar kom deurlopend nuwe blomme.”

Engelbrecht het gesê die plante kan koue van -15 °C en hitte tot 45 °C hanteer. As dit baie warm is, is die plant dormant. Dit is van Oktober tot Maart en dan loop hy weer uit. Dit is ook bestand teen ryp. Dit is nie water wat groei stimuleer nie maar wel temperatuur. Die ideale grond is sanderige leemgrond.

Ses jaar en vier jaar

“ ’n Mens kan die plante ses jaar op dieselfde grond hou, maar daarna is ’n rustydperk van vier jaar nodig waar verkieslik peulgewasse geplant moet word om stikstof in die grond te kry. Vir veeboere in droogtegeteisterde gebiede kan ’n kwart hektaar se saffraan ’n beduidende verskil maak aan die jaarlikse balansstaat.”

Engelbrecht het gesê dit is ’n nuwe gewas in Suid-Afrika wat verantwoordelike optrede vereis. Safricon verskaf toetspakkette van 20 vierkante meter aan boere wat dit wil toets vir hul omgewing en boerderye. “Dit is ’n gewas wat jou aandag verg en jy moet jou voete in die land hê daarvoor. Daarom is dit beter om dit eers te toets.”

Hy is ook besig om ’n bedryfsorganisasie vir saffraan in Suider-Afrika te stig om produsente en voornemende produsente te beskerm. “Daar is al mense wat seergekry het in hierdie bedryf, mense wat ’n hektaar se bolle te duurste gekoop het waarvan niks gegroei het nie. Ons moet seker maak dat dit wat ons doen, volhoubaar is.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
+0.0%
Rand - Euro
19.59
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
976.84
0.0%
Palladium
1,415.66
0.0%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Leweslustig ,Geniet die lewe
Lewenslustig. Hou van 4×4. Asook kamp. Dans graag. Baie vriendelik en spontaan. Diere tans friesperde asook miniatuurperde en 3 yorkies. Braai graag asook fliek en vertonings...
Fantastiese kok wil jou lewe bietjie geur
Free spiritual open minded romanticse liefde volle dame, wat soveel liefde het om te gee, het nie tyd vir games en man's wat nie weet wat hul wil he nie, soek n soul mate xxx
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot