AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
9826
0,00
CORN
31 Mrt
-
4660
0,00
SOYA
31 Mrt
-
8175
0,00
SUNS
31 Mrt
-
8760
0,00
WEAT
31 Mrt
-
6631
0,00
WMAZ
31 Mrt
-
3977
0,00
YMAZ
31 Mrt
-
4029
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Sandveld-aartappelbedryf goed op dreef

Die Sandveldse aartappelbedryf is goed op dreef nadat sperdatums vroeër vanjaar op 'n onstuimige jaarvergadering van die Sandveldse Aartappelprodusente-organisasie (Sapo) aan produsente, uitvoerders, kwekers en die Kaapstadse varsproduktemark gestel is.

Die Sandveldse aartappelbedryf is goed op dreef nadat sperdatums vroeër vanjaar op 'n onstuimige jaarvergadering van die Sandveldse Aartappelprodusente-organisasie (Sapo) aan produsente, uitvoerders, kwekers en die Kaapstadse varsproduktemark gestel is.

Baie het in die laaste maande in die Sandveldse aartappelbedryf verander. "Lekker veranderinge, want dit is gunstig, met 'n wen-wen-doelwit vir alle betrokkenes," sê mnr. Terence Brown, Aartappel SA (ASA) se produsentesake-bestuurder (Wes-Kaap).

Sedert die onstuimige vergadering van SAKO op Lambertsbaai in Maart vanjaar, is gedragskodes vir uitvoerders, moerprodusente en -agente ingestel en 'n Wes-Kaapse varsprodukteprodusenteforum is geaktiveer om die privatisering van die Kaapse Varsproduktemark, waarmee al ver gevorder is, te hanteer.

Die enigste waarmee nog nie na wens gevorder is nie, is onderhandeling oor die verwerking van meer Sandveldse aartappels deur Lambertsbaai Foods. Hoewel daar nog nie 'n ooreenkoms tussen Sapo en Lambertsbaai Foods bereik is nie, glo hy dit sal binnekort gebeur.

Vir dieonderhandelinge is 'n Sandveldse verwerkingskomitee gestig wat reeds vergaderings met die maatskappy gehad het. Die doel is 'n wen-wen-situasie vir almal. Lambertsbaai Foods verwerk in diestadium 5 % tot 7 % van die Sandveld se aartappels, en die ideaal is om dit tot 70 % te verhoog. Boere wil ook binne 14 dae betaal word vir hul aartappels, en vra onafhanklike gehalte-inspeksies.

Doelwitte bereik

Mnr. Brown sê behalwe die gesloer om 'n ooreenkoms te bereik, is feitlik alle ander doelwitte wat op die jaarvergadering gestel is, bereik.

Só is 'n navorsingskomitee gestig. Die volgende navorsingsprojekte is spesifiek vir die Sandveld geïdentifiseer:

  • Grondwatervlakke en -gehalte.

  • Produksietegnieke en opberging vir optimum gehalte.

  • Probleeminsekte op aartappels in die winterreënstreek.
  • Die Sandveldse bladmynerprobleem.

  • Kultivarontwikkeling vir diestreek; en
  • Alternatiewe gewasse, soos vlas en saadmielies.

In diestadium is geld vir dieprojekte 'n probleem, maar wanneer heffings, waaroor nou op regeringsvlak onderhandel word, ingestel word, sal dit beter gaan.

'n Nasionale uitvoerdersforum is in September gefinaliseer met 'n tussentydse bestuur deur ASA tot die volgende jaarvergadering in 2003. 'n Gedragskode vir uitvoerders is ingestel, en aandag word nou gegee aan sake soos uitvoerregulasies, handelsooreenkomste en -tariewe, fitosanitêre vereistes, inspeksietariewe en internasionale markontwikkeling. 'n Webtuiste word ook oor die bedrywighede van die uitvoerdersforum ontwikkel, asook 'n volledige inligtingsbasis en -stelsel.

'n Lys van geakkrediteerde uitvoerders word aan boere beskikbaar gestel (en sal ook op die webtuiste wees). Die verwagting is dat van die meer as 30 uitvoerders wat in 'n stadium aktief was, net sowat 12 tot 15 finaal geakkrediteer sal word.

Omdat produksiekostes so skerp styg, doen die Vrystaatse Universiteit nou 'n volledige produksiekoste-opname landwyd. Dit kos R45 000/ha tot R52 000/ha om aartappels in die Sandveld te produseer. Die verswakking van die rand teenoor die dollar het die produksiekoste benadeel. As dit nie was vir die goeie aartappelpryse wat nou behaal word nie, sou 30 % tot 40 % van die Sandveldse aartappelboere nie die mas opgekom het nie.

'n Moerhandelaarsforum is in Mei in Bloemfontein gestig en 'n gedragskode vir die forum is in die finale stadium. 'n Lys van lede is beskikbaar, hoofsaaklik om die kansvatters, wat die bedryf geweldige skade aandoen, uit te skakel.

Vir die moerkwekers is 'n Sandveldse moerkwekerskomitee gestig, en die komitee het dadelik minimum pryse vir moere vasgestel. 'n Gedragskode is ook opgestel.

Wat die Kaapstadse varsproduktemark betref, is die bestuursraad van die mark tydens die jaarvergadering een maand gegee om met planne vir die privatisering vorendag te kom. Die stadsraad het daarop aangekondig dat hy besluit het om die mark te privatiseer. 'n Wes-Kaapse sowel as 'n nasionale varsprodukte-produsenteforum is in die lewe geroep om hieraan aandag te gee. 'n Komitee is ook aangewys om namens die produsente die bedryf van die mark oor te neem, en hul opdrag is om 'n deeglike sakeplan op te stel, sê mnr. Brown.

Tans word gewag dat die Kaapse stadsraad 'n transaksie-adviseur aanwys om die volgende stap van privatisering namens die stadsraad aan te pak.

By die mark self het ook 'n hele aantal gunstige veranderinge plaasgevind wat regstreeks uit die samesprekinge tussen Sapo, die markbestuur en -agente gespruit het, sê mnr. Brown. Dit is onder meer:

  • Goeie hekbestuur vir inkomende produkte. Alle produkte wat uitgaan, word gemoniteer. 'n Private maatskappy word gebruik.

  • Ouderdomsanalises (hoe lank dit duur om 'n produk te verkoop) word streng toegepas. Dit beteken dat marksyfers nou korrek is.

  • Netheid het geweldig toegeneem. Ook die koel- en rypmaakkamers is verbeter en baie nuwe skoonmaaktoerusting gekoop.

  • 'n Uitstekende sekuriteitstelsel is in werking gestel.

Mnr. Brown meen die mark het in die laaste maande 'n totale verandering ondergaan in sy strewe om die opdrag wat op die Sapo-jaarvergadering in Maart gestel is om meer verbruikersvriendelik te word, uit te voer. Alle strukture in die mark is as 't ware reggetrek, en die bepalings van Wet 12/1992 oor beginsels en regulasies word nou nougeset nagekom.

Een van die gevolge is dat die Kaapstadse mark in die laaste drie maande die beste groei in rand per ton en grootmaathantering van alle markte in Suid-Afrika getoon het.

Mnr. Brown sê boere in die Sandveld verbou deesdae minder aartappels, hoofsaaklik weens klimaatsomstandighede en die toenemende gewildheid van koring in die suideliker dele. In die afgelope somer is 2 428 ha teenoor die 3 735 ha in 2001 geplant. Die winteraanplanting beslaan 3 639 ha teenoor 3 823 ha in 2001. Die totale hektare geoes vanjaar is 6 067 ha, teenoor 7 558 ha in 2001.

8 November 2002

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.79
+0.0%
Rand - Pond
21.97
-0.1%
Rand - Euro
19.34
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.90
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Platinum
991.31
0.0%
Palladium
1,460.24
0.0%
Goud
1,969.50
0.0%
Silwer
24.11
0.0%
Brent-ruolie
79.89
+1.6%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek weet wat ek uit die lewe wil he
Om my te leer ken vat soms langer omdat ek n redelike groot introvert is. Ek is n stil mens, maar saam met die regte persoon kan ek ure lank n intelligente gesprek voer. Ek is...
Wees net jou selfEks
Eks n mense men's hou van gesels lag. Wil dinge deel wat saak maak vir Ander omgee. Ek wil nie net elke keer verander om in te pas nie aanvaar my soos ek is.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot