AFGRI
BEAN
29 Me
-
9677
0,00
CORN
29 Me
-
4621
0,00
SOYA
29 Me
-
7883
0,00
SUNS
29 Me
-
8216
0,00
WEAT
29 Me
-
6492
0,00
WMAZ
29 Me
-
3651
0,00
YMAZ
29 Me
-
3773
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
0,65
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Sandveld-proef oes meeste aartappels nóg

akkreditasie
Altesaam 17 kultivars, waarvan bykans 70% uit die Wesgrow-stal kom, is in die Sandveld-­aartappelkultivarproef getoets.
Altesaam 17 kultivars, waarvan bykans 70% uit die Wesgrow-stal kom, is in die Sandveld-­aartappelkultivarproef getoets.
Sababa, Allison en Sifra was die uitblinkers in ’n onlangse proef van aartappelkultivars in die Sandveld.

Ssewentien kultivars is ondersoek tydens ’n Sandveldse aartappelkultivarproef. Die proef het ’n gemiddelde opbrengs van 107,4 t/ha opgelewer. Dit is ’n buitengewoon hoë opbrengs, het mnr. Piet Brink, voorsitter van die Sandveld-aartappelwerkgroep, aan Landbouweekblad gesê. “Maar die moere was van goeie gehalte en die groeitoestande was baie goed. Ons is baie in ons skik daarmee, maar dit wys ons kán goeie opbrengste kry as die bestuur reg is.”

Hy het die voorlopige resultate van die kultivarproef op die Sandveld-aartappelwerkgroep se inligtingsdag op Aurora voorgehou. Dit sal weer op Aartappels SA se navorsingsimposium in Augustus aangebied word. Dit was die hoogste opbrengs nóg in die proewe. Verlede jaar was die proefgemiddelde 102,4 t/ha. Die drie jaar se gemiddelde opbrengs was 107 t/ha. “Ek weet nie of ons veel beter kan presteer nie,” het Brink gesê.

Vanjaar het Sababa, Allison en Sifra met onderskeidelik 136,2 t/ha, 124,9 t/ha en 124,1 t/ha die meeste aartappels gelewer. “Ons kon sommer al in die eerste week sien hulle gaan goed doen.”

Sababa het bykans 100 ton groot en grootmedium-aartappels en ongeveer 110 ton klas 1-aartappels gelewer. Allison se groot aartappels was minder as 20 t, met die meeste wat mediumgrootte was. Die meeste was klas 1. Wat Sifra betref, was die meeste aartappels mediumgroot, met ’n noemenswaardige hoeveelheid wat klas 2 of klas 3 uitgepak het.

Dit was die tweede jaar dat Sababa op die proef gestel is. Albei jare het dié kultivar sy staal in die Sandveld gewys. As die afgelope drie jaar se resultate in ag geneem word, was dit Allison, Georgina en Sifra wat uitstaan.

Oorweeg ander kultivars

Brink sê Mondial en Sifra word nog oorwegend in die Sandveld aangeplant, maar die kultivarproef se resultate wys boere moet beslis iets soos Sababa in die toekoms oorweeg. Sababa is een van Wesgrow se kultivars. “Ek sien baie potensiaal vir dié kultivar. Sababa is stabiel, want dit het twee jaar agtereenvolgens al goed presteer in die Sandveld. Ongelukkig het ons nog nie ’n derde jaar se resultate nie. Die vorige seisoen het Sababa ook goed gebak. Dit kan daarom vir verwerking ook oorweeg word.”

Voorts is Sababa-aartappels mooi wit, wat gewild is onder Suid-Afrikaners. “Die kultivar het ’n hoë opbrengspotensiaal, sy skilvastheid is goed en daar is nie tans probleme met siektes nie,” het Brink gesê.

Goeie toestande, fyn bestuur

Die proef is op 3 Oktober op die plaas Rietfontein naby Aurora in die wintereënstreek aangeplant. Die oesdatum was 25 Februarie. Die spilpunt was 2,4 ha groot. “Die plaas lê soos die kraai vlieg 17,5 km van die see af, wat ’n duidelike invloed gehad het om dit ietwat koeler te maak as die gewone Sandveld-klimaat. Daar is goeie water, wat ook nie altyd in die Sandveld gesien word nie. Die EC (elektrisiteitsgeleidingsvermoë) is 42,” het Brink gesê.

Hulle het die spilpunt in ’n rooster opgedeel. “Sandveldgrond is nie so homogeen soos wat ’n mens dink nie. Ons moes dus regstellings volgens ontledings doen. Ons het deur die seisoen vloeibare kunsmis toegedien, wat ons aangepas het by die tipe grond waarin ons gewerk het. Ons het ook deur die seisoen NDVi-beelde gekry van die vordering.”

Uit die 17 kultivars wat aangeplant is, sê Brink sommige was nie heeltemal plantgereed nie. Die moere is 17-18 cm diep geplant. “Ons het vore getrek en met plantlyne geplant. Elke moer is afgetel en op sy plek neergesit.”

Brink sê hulle het die plantstand en halms per hektaar getel. Die doelwit was om 160 000 halms per hektaar te kry vir ’n blaaroppervlakindeks van drie. Dit moes goeie fotosintese verseker.

Allison het sommer al in die eerste week (29 Oktober) “baie goed weggetrek”, terwyl Valor gesukkel het om aan die gang te kom. “Teen week agt het ons baie mooi groei gehad. Daar was geen probleme nie en die plantstand was pragtig. Teen week 15 het selfs die korter groeiers al geval, maar daar was nog baie groei in die plante. Ons kon hulle op hul tyd laat uitgroei, en het dus goeie opbrengste verwag.”

Probleme en afgraderings

Waar afgraderings plaasgevind het, het aalwurm, fusarium en poeierskurf dikwels die skuld gekry. By Alverstone Russet, FPD 1002 en FPD 1008 het verrotting en puntjievrot veral voorgekom. Belmonda en FPD 1002 het deurgeloop onder poeierskurf. Losskil is ook by Alverstone Russet ervaar.

Brink sê die interne ondersoeke het ook goeie resultate opgelewer. Daar was nie probleme soos holhart nie. Al die kultivars is gebak om te sien in watter mate daar skyfies van gemaak kan word. “Nie al die kultivars, soos Taisiya, is gemaak vir die bakproses nie. Vanjaar het almal effens bruin gebak, verlede jaar was daar kultivars wat spierwit gebak het.”

Me. Fienie Niederwieser, bestuurder van navorsing en ontwikkeling by Aartappels SA, sê daar is 16 aartappelproduksiestreke. Hulle doen kultivarproewe in 12 van dié streke. In Limpopo, die Oos- en die Wes-Vrystaat doen hulle twee proewe per jaar.

Volgens haar word daar baie nuwe kultivars bekend gestel. “Die agente wat dit invoer, doen hul eie proewe, maar moet dan landwyd getoets word om te kyk hoe dit aanpas. Ons kultivarproewe gee boere die geleentheid om te sien hoe presteer die kultivars in hul streek, en die agente kan sien hoe hul kultivars landwyd presteer.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.71
-0.2%
Rand - Pond
24.34
-0.1%
Rand - Euro
21.10
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.83
+0.2%
Rand - Jen
0.14
-0.4%
Platinum
1,027.89
-0.2%
Palladium
1,438.58
+0.6%
Goud
1,941.46
-0.1%
Silwer
23.07
-0.4%
Brent-ruolie
77.07
+0.2%
Top-40
71,444
0.0%
Alle aandele
76,613
0.0%
Hulpbronne 10
67,920
0.0%
Industriële 25
106,261
0.0%
Finansiële 15
14,582
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons begin n nuwe kans
Ek is reguit eerlik op die man af. Loop nie draaie nie. Ek Hou van diere en suite lewe. Hou van naturuur. Besigtig natuur. Ek het Soos baie Ander ook seer gekry, wil n laaste...
Net lekker Geselskap
Spontaan en hou van mense met n lekker persoonlikheid soek asb nie iemand wat aan n bottel vasgemaak is nie en ook nie met tonne probleme nie
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot