AFGRI
BEAN
23 Mrt
-
9660
-325,00
CORN
23 Mrt
-
4390
-69,00
SOYA
23 Mrt
-
8245
-213,00
SUNS
23 Mrt
-
8600
-500,00
WEAT
23 Mrt
-
6340
-126,00
WMAZ
23 Mrt
-
3870
-79,00
YMAZ
23 Mrt
-
3976
-143,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Sitrus: Bedryf staan saam teen ‘groen draak’

akkreditasie
Die Asiatiese sitrusbladvlooi, Diaphorini citri, dra die patogeen wat verantwoordelik is vir die verwoestende Asiatiese sitrusvergroening. Foto's: Citrus Research Institute
Die Asiatiese sitrusbladvlooi, Diaphorini citri, dra die patogeen wat verantwoordelik is vir die verwoestende Asiatiese sitrusvergroening. Foto's: Citrus Research Institute
Suid-Afrikaanse sitrusboere moet waaksaam bly vir die uitbreking van Asiatiese sitrusvergroening, oftewel die “groen draak”, die ergste sitrussiekte in sitrusboorde wêreldwyd.

“Sitrusproduksie in Suid-Afrika het ’n groot sosio-ekonomiese waarde en impak. Dit is dus belangrik dat belanghebbendes, soos boere, kwekerye, internasionale reisigers, invoerders, navorsers en lede van die publiek, moet voldoen aan die land se fitosanitêre wetgewende raamwerk. Dit sal die invoer, vestiging en verspreiding van die siekte in Suid-Afrika en die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap verminder,” sê die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling in ’n verklaring.

Die siekte, ook bekend as Huanglongbing (HLB), word veroorsaak deur die patogeen Candidatus Liberibacter asiaticus (Las), wat oorgedra word deur die vektor, die Asiatiese sitrusbladvlooi (ACP), Diaphorini citri

Reeds in Afrika

Hoewel die siekte nog nie in Suid-Afrika aangemeld is nie, is dit reeds in ander Afrikalande aangeteken – die spesifieke stam in Ethiopië en Kenia, en die vektor in Kenia en Tanzanië.

Die departement waarsku dat besmette sitrusbome nie eetbare vrugte produseer nie, agteruitgaan en vrek, wat erge implikasies het vir Afrika se voedselsekerheid en die verlies van marktoegang weens die gevolglike afname in produksie.

Die departement het ’n HLB-bestuurskomitee in die lewe geroep wat bestaan uit Citrus Research International (CRI), die Suider-Afrikaanse Sitruskwekersvereniging en die Suid-Afrikaanse Sitruskwekeryevereniging. Die komitee is verantwoordelik vir ’n aksieplan, saam met ’n kommunikasiestrategie en ander nodige stappe, om vroeë waarskuwing, inperking en bekamping te bewerkstellig, ten einde die risiko te verminder dat HLB en ACP in Suid-Afrika vastrapplek kry.

Bestrydingsmaatreëls is ook in die Staatskoerant afgekondig in ooreenstemming met die Wet op Landbouplae (Wet 36 van 1983).

Die departement se strategiese plan behels ’n nasionale opname om die siekte asook die vektor vroeg genoeg op te spoor. Amptenare het reeds met hulle eweknieë in Kenia vergader om te bepaal hoe die siekte en vektor vorentoe bekamp sal word. 

Gereed

Die Landbounavorsingsraad (LNR) sê in ’n verklaring sy tropiese en subtroptiese afdeling is gereed om, met die samewerking van die departement en die CRI, toetse te doen om te onderskei tussen Las en Liberibacter africanus (Laf), wat die Suid-Afrikaanse sitrusvergroening veroorsaak.

Aangesien hul simptome dieselfde is, is dit belangrik om vinnig tussen die twee te kan onderskei deur molekulêre tegnologie. Só kan verseker word dat indien HLB Suid-Afrika binnekom, die nodige stappe gedoen kan word om verspreiding te beperk.

Laf is reeds sedert die 1920’s aan Suid-Afrikaanse sitrusboere bekend. Die vektor wat Laf kan oordra, Trioze erytreae, kan ook Las oordra. Dit beteken dat Las sonder die teenwoordigheid van die Asiatiese sitrusbladvlooi kan versprei.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
+1.2%
Rand - Pond
22.23
+0.9%
Rand - Euro
19.60
+1.3%
Rand - Aus dollar
12.10
+1.1%
Rand - Jen
0.14
+0.7%
Platinum
984.71
-0.0%
Palladium
1,432.62
-0.7%
Goud
1,993.64
+1.2%
Silwer
23.07
+0.4%
Brent-ruolie
76.69
+1.8%
Top-40
70,066
+0.4%
Alle aandele
75,585
+0.5%
Hulpbronne 10
65,190
-0.9%
Industriële 25
102,646
+0.9%
Finansiële 15
15,424
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Gemaklik met 'n goeie sin vir humor
Ek is 'n "easy going" persoon met 'n goeie sin vir humor. Ek hou van die bos en geniet die see miskien 'n bietjie meer. Ek is 'n baie positiewe...
Rustig
.,. . . . . . is byna sigbaar vir ander Die volgende beskrywings gee lede 'n voorsmakie van jou persoonlikheid en wie jy werklik is. Moenie bekommerd wees om dit die eerste...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot