AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Só moet makadamia’s verbruikers se harte wen

akkreditasie
Foto: LBW-argief
Foto: LBW-argief
Makadamiakwekers moet verbruikers se besluitneming in gedagte hou met elke boerderybesluit wat hulle neem, meen 'n voedselmarkkenner.

Verbruikers wil weet wat hulle koop, en hulle wil goed voel daaroor. Makadamiakwekers moet dit in gedagte hou met elke boerderybesluit wat hulle neem, het mnr. Daniel Jacobs, uitvoerende hoof van Ambassador Foods, gesê.

Jacobs het tydens die Suid-Afrikaanse makadamiakwekersvereniging (Samac) se onlangse makadamiadag by Skukuza in die Kruger-wildtuin ’n besprekingsessie gelei oor die geleenthede wat die “superkos-golf” onder verbruikers vir makadamianeute inhou.

“Jare gelede het ons hierdie bedryf begin deur makadamianeute in ’n kombuis in ’n oondpan te rooster en in sakkies te verkoop. Deesdae is die verwerking en verpakking van makadamias ’n baie gesofistikeerde besigheid waarin die teikenmark se behoeftes en voorkeure baie duidelik geïdentifiseer is en die produk daarvolgens verwerk en verpak word.”

Geen produk sal meer byval vind as dit nie deur die vier belangrike pilare van verbruikersvereistes ondersteun word nie nie, het hy gesê.

Eerstens is daar die omgewingsimpak. Verbruikers wil weet wat is die produsent en sy produk se impak op die produksie-omgewing se holistiese welstand. Tweedens is hulle weetgierig oor die geskiedkundige impak van produkte. Hoe dra hierdie produk by tot die verbetering van die sosiale struktuur van die samelewing?

Dan kom die gesondheidvoordele en laastens moet produkte as nuut, innoverend en relevant in die moderne lewenstyl van verbruikers ervaar word.

“Hierdie kwessies is nie meer onderhandelbaar nie. Ons moet volhoubaar wees,” het Jacobs gesê. “Uitvoerprodusente moet begin praat oor die goeie werk wat hulle doen. Julle moet jul stories by die oorsese verbruikers kry.”

Goeie nuus deel van produk

Hy het gesê dat goeie nuus deel van die produk moet word, want dit sal ongunstige punte soos die lang afstande waaroor neute na Europese en Amerikaanse markte verskeep word, moet uitbalanseer.

“Verbruikers bereik deesdae baie vinnig die punt waar hulle besluit hulle wil nie meer ’n produk hê nie omdat dit ’n reputasie ontwikkel het vir ’n nadelige impak op die omgewing of op die sosiale welstand van ’n gemeenskap of ’n hulpbron,” het Jacobs gewaarsku, met palmolie as voorbeeld.

Hy het gesê mense wil voel hulle kan die gesondheidsvoordele van ’n voedselproduk soos makadamianeute met ’n skoon gewete eet. “Die huisvrou het baie vrye tyd en sy wil haar geld op meer spandeer as net kos wat lekker smaak, sy wil voel sy lewer ’n bydrae tot iets groter as haar huishouding.

“Daarom is dit belangrik dat jou storie die regmerkies in die verbruiker se leefstyl kry, dat dit gesond is vir hom of haar en goed is vir die omgewing.”

Herlewingslandboupraktyke en navorsing om biologiese produkte te kry om plantplae soos stinkbesies te bekamp, raak dus al hoe belangriker.

Jacobs het gesê makadamianeute is goed geposisioneer wat gesondheidsvoordele betref. Dit bevat gesonde vette, vesel, vitamien E, antioksidante en belangrike minerale. Die neut het ook ’n natuurlike soetheid. Dit is daarom geskik vir die bestanddelemark in ’n wêreld waar verbruikers suiker as ’n euwel beskou. 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.54
+0.1%
Rand - Pond
21.57
+0.1%
Rand - Euro
18.48
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.92
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Goud
1,797.91
0.0%
Silwer
23.15
0.0%
Palladium
1,900.00
0.0%
Platinum
1,020.00
0.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.7%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lekkerseergemaak
Ek wil weer geluk vind en weet hoe om die regte vrou lief te he en weet hoe om weer een gelukkige Family tw kan wees
"Kan jy eerlik wees?"
Ek is n opregte liefdevolle eerlike mens. Uiterlike is nie vir my belangrik nie maar of ons n konneksie het. Ek bly lojaal teenoor my naasbestaandes. Ek is passievol, maar NIE n...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot