Knoffel is ’n aanpasbare gewas. In Suid-Afrika word dit veral verbou in Limpopo en die Karoo, waar dit koud word.
Knoffel is ’n wintergewas en het koue-eenhede nodig om mooi bolle te maak. Dit floreer op plekke soos die Karoo en wil nie te veel water hê nie. Die plantjies vaar goed in sand- en leemgrond wat nie te erg verdig is nie.
Knoffel gebruik relatief min water — net sowat 25 mm per week. Dit het ’n baie lang raklewe en jy hoef dit nie in ’n klimaatbeheerde omgewing op te berg nie. Jy het dus nie energie, soos brandstof en kragopwekkers of Eskom-elektrisiteit, nodig om dit in ’n koelkamer op te berg nie.