Ons boer met ’n klein bietjie rooi-uie, maar verbou hoofsaaklik die Kaapse bruin-ui. Ons plant nege kultivars wat in verskillende tyd- gleuwe geoes word.
Ons plant van einde Julie tot einde September. Uie word in twee stadiums geoes. Wanneer dit ryp is, word dit opgetrek, maar dan laat lê ons dit vir sowat drie weke op die land om droog te raak.
Daarna word die loof en wortels afgeknip en die uie in kratte gepak. Ons begin gewoonlik op 16 Desember optrek en teen 1 Maart wil ons al die uie in kratte hê.