Só sê mnr. Brahm Jonker, hoofbestuurder en tegniese raadgewer van die biologiese-beheerspesialiste fieldBUGS. Hy sê hul 240 kliënte in veral die wyndruif-, tafeldruif- en sitrusbedryf gebruik roofinsekte vir sekere gedeeltes van ’n gewas se siklus, of slegs vir sekere plae.
Dit werk chemiese weerstand teen insekdoder teen, en keer die opbou van chemiese residu op vrugte of plante. Dit is goedkoper op lang termyn, en het geen impak op die omgewing nie.
Aan die nadelige kant kan roofinsekte oor plaasgrense heen versprei, en hulle kan vrek as daar geen plae is om aan te val nie.