Dit het tien jaar geduur voor die ontwikkelingspan agter Tatayoyo, ’n unieke soetrissie propvol geur, tevrede was met die smaak, kleur en grootte van hierdie opwindende produk. Dié Rijk Swaan-span van Nederland se moeite is beloon toe hul produk vanjaar met die Fruit Logistica-innovasie-eerbewys bekroon is.
Dit is die derde keer dat Rijk Zwaan dié gesogte eerbewys ontvang, en die eerste keer dat ’n maatskappy dit regkry om dié prys soveel keer te wen.
Sy vorige eerbewyse was in 2006 vir Salanavo-blaarslaai en in 2017 vir Knox, ’n kenmerk wat keer dat blaarslaai pienk raak ná dit gesny is. ’n Wye paneel kundiges uit die bedryf kies die finaliste wat volgens hulle uitstaan as voorbeelde van idees en vernuf in die varsproduktebedryf.