AFGRI
BEAN
28 Jun
-
9652
181,00
CORN
28 Jun
-
4744,6
72,60
SOYA
28 Jun
-
8890
98,00
SUNS
28 Jun
-
10395
245,00
WEAT
28 Jun
-
7438
92,00
WMAZ
28 Jun
-
4357,4
-22,60
YMAZ
28 Jun
-
4370
-19,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
17 Jun
-
60,81
0,68
Beeste AB2/3
17 Jun
-
57,66
-0,12
Beeste B2/3
17 Jun
-
53,3
0,03
Beeste C2/3
17 Jun
-
46,86
-0,48
Bevrore Hoender
17 Jun
-
31,45
0,54
Bokkies (onder 30 kg)
17 Jun
-
62,89
-5,12
Bokooie
17 Jun
-
49,59
-12,82
Groot (meer as 40 kg)
17 Jun
-
39,71
-6,55
Hoender (IQF)
17 Jun
-
30,12
0,45
Medium (30-40kg)
17 Jun
-
57,81
0,73
Pork Average
17 Jun
-
27,18
0,03
Poultry Average
17 Jun
-
31,15
0,47
Skaap A2/3
17 Jun
-
103,83
-1,38
Skaap AB2/3
17 Jun
-
83,52
-3,96
Skaap B2/3
17 Jun
-
78,12
-3,21
Skaap C2/3
17 Jun
-
74,62
-2,28
Speenkalf
17 Jun
-
36,4
0,23
Spekvarke
17 Jun
-
28
-0,11
Stoorlammers
17 Jun
-
52,94
-0,58
Varkwors
17 Jun
-
22,43
0,09
Vars Hoender
17 Jun
-
31,88
0,43
Vleisvarke
17 Jun
-
27,15
0,08

Soutprobleme skrik nie Israel-boere af nie

akkreditasie
Die Kalia-kibboets verbou dadels op sowat 150 ha. Die bome raak baie hoog en wanneer hulle 15 m bereik, word die boorde gewoonlik vervang omdat dit moelik, duur en riskant raak vir werkers is om so hoog te werk. Lucille Botha
Die Kalia-kibboets verbou dadels op sowat 150 ha. Die bome raak baie hoog en wanneer hulle 15 m bereik, word die boorde gewoonlik vervang omdat dit moelik, duur en riskant raak vir werkers is om so hoog te werk. Lucille Botha
Ondanks uiters sout grond, net sowat 80 mm jaarlikse reënval en somertemperature wat tot 50 °C kan styg, het boere in Israel se Jordaanvallei dit reggekry om suksesvol met dadels, tafeldruiwe, waatlemoene en soetrissies te boer.
Grond word eers twee tot drie jaar uitgewas voor Shlomo waatlemoen kan plant. Hy plant jaar ná jaar in dieselfde rye omdat dit help met loging. Grondsiektes is nie ’n probleem in die gebied nie. Foto: Lucille Botha
Mnr. Shlomo Hirshfeld het verskeie metodes ontwikkel om die soutgehalte in hul grond te bestuur. Foto: Lucille Botha
Mnr. David Silverman in ’n tonnel waarin soetrissie-proewe gedoen word. Foto: Lucille Botha
Mnr. Yossi Schaick in ’n dadel-aanplanting naby die Dooie See. Foto: Lucille Botha
Herwonne rioolwater het nuwe geleenthede vir die Jordaanvallei gebring. Foto: Lucille Botha

“Die soutgehalte van die grond is die grootste probleem, want die gebied was voorheen deel van die Dooie See. Tot 1970 was die grond se soutgehalte sowat 9000 mS/m (Milli-siemen per meter), terwyl seewater se gehalte sowat 5000 mS/m is. Niemand sou kon droom om iets hier te plant nie. Destyds het mense net by Jerigo, ’n oase in die woestyn, geboer, maar vyf voet van die oase af kon niemand iets plant nie,” sê mnr. David Silverman, nasionale voorligtingspesialis vir soetrissies, vars kruie en groente in kweekhuise by die Bikat Hyarden-navorsingstasie.

Volgens mnr. Yossi Schaick, bestuurder van een van die grootste dadelaanplantings in Israel, het herwonne water vir hulle groot geleenthede gebring. “Sonder herwonne water sou ons nie hier kon voortbestaan nie,” het hy aan ’n groep Suid-Afrikaanse boere gesê wat dié land saam met die besproeiingsmaatskappy Netafim besoek.

David sê water is in 1968 na die gebied gebring en boere kon toe vir die eerste keer begin om sout uit die grond te loog. “Boere moes stelsels ontwikkel om in die swak grond, met die kwaai soutprobleme, te boer.”

Yossie vertel soutbestuur was ’n groot deel van hul sukses. Selfs ’n gewas soos dadels – die belangrikste landbougewas in die vallei – wat in die woestyn gedy en hitte kan verdra, het baie water nodig.

Hy dien jaarliks ongeveer 14 000 m3 besproeiingswater per hektaar vir die dadelpalms deur drupperlyne toe. Sowat 40% daarvan was weg saam met die sout. Die water kos hulle van US$0,20 en US$0,8/m3 – wat dit hul naasgrootste uitgawe maak (net arbeid is duurder).

“In dié omgewing het reënwater nie eintlik vir ons nut nie. Wanneer dit reën, besproei ons dadelik om die soute weg te stoot van die wortels.”

Plantgate en grondoppervlak “gewas”

Voor hulle enigiets aanplant “was” Yossi ook die plantgate om sout te loog. Voorheen het hulle die hele grondoppervlak “gewas”. Die elektriese geleiding (EC) van die herwonne water is baie goed (tussen 140 mS/m en 1,5mS/m). “Ons bome begin swaarkry en minder vrugte dra as die EC 4 is,” sê Yossi.

Nie ver van Yossi af nie, verbou mnr. Shlomo Hirshfeld groente- en rankgewasse, soos waatlemoen, uie, knoffel, kersietamaties, sprietuie (chives) en pampoen op sowat 140 ha. Hy besproei met drinkwater (’n EC van 0,8), wat selfs duurder is en tot €0,5/m3 kos. Hy staan ook 40% van sy besproeiingswater af aan loging. Boere kan nie ’n permit kry om gewasse wat aan die grond raak (soos waatlemoen) met herwonne water te besproei nie.

“Ek het destyds in die noorde van Israel waatlemoen verbou, maar het na ’n gebied begin soek waar ons vroeër kon oes. Toe ons hier aankom, was hier groenteboere, maar hulle het gesukkel. Ons was die eerstes om regtig ’n sukses hier te maak. Ons grootste struikelblok was om in die arm gronde dieselfde oes te verbou as in die noorde en om te leer om die woestyngrond te gebruik. Nou kry ons dit nie net reg nie, maar ek dink ons kweek ook beter waatlemoene as in die noorde.”

Shlomo se waatlemoene word besproei met laevloei-druppers wat 1 liter/uur lewer (sowat 4 000 m3 per ha). Die stelsel bestaan uit drie druppers per 2 m (die druppers is sowat 60 cm uitmekaar). Shlomo plant die ranke op plastiek en maak ook ’n mini-tonneltjie uit plastiek om bo-oor die ranke te trek. Hy oes tot 70 t/ha, wat aan supermarkte en die ope mark verkoop word. 

Ook by Shlomo is soutbestuur noodsaaklik. “Ons gebruik al die afgelope 20 jaar dieselfde rye om in te plant omdat dit help om die sout uit te was. Wanneer ons nuwe grond voorberei, spoel ons net die grond uit in die eerste twee, drie jaar. Daarna kan ons waatlemoen vir twee jaar plant en dan eers kan ons uie en knoffel verbou.”

Hy werk ook jaarliks 30-40 m3 mis (80% bees- en 20% kalkoenmis) in die grond in. Hy dien geen fosfor of kalium toe nie, maar wel sowat 100 kg stikstof per hektaar.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.09
-1.4%
Rand - Pond
19.60
-0.7%
Rand - Euro
16.93
-0.9%
Rand - Aus dollar
11.12
-1.3%
Rand - Jen
0.12
-0.9%
Goud
1,819.88
-0.2%
Silwer
20.81
-1.7%
Palladium
1,874.89
+0.1%
Platinum
913.50
+0.2%
Brent-ruolie
115.09
+1.7%
Top-40
61,789
+0.4%
Alle aandele
68,058
+0.3%
Hulpbronne 10
66,069
+0.9%
Industriële 25
80,452
+0.3%
Finansiële 15
15,394
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Canada farmer
Beste place to be is on the farm Enjoy outdoor Enjoy water sports I'm trying to be good to all people Everyone deserve the best
Ek is oulik en kom goed oor die weg met almal!
Ek is super fun en n groot grapgat, Ek kan lekker geselskap wees en ook "fun".Vat n kans en kyk!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot