AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Steun vir opkomende sitrusboere werp vrugte af

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Fredalette Uys
Foto: Fredalette Uys
Finansiële bystand ter waarde van R40 miljoen is vanjaar deur die SA Sitruskwekersvereniging (SKV) bestee om opkomende sitrusboere te ontwikkel te midde van ál hoër insetkoste en strenger fitosanitêre vereistes.

Dié bedrag kom uit die SKV se ontwikkelingsfinansieringsfonds, luidens ’n verklaring deur mnr. Justin Chadwick, uitvoerende hoof van die vereniging. Die SKV het vroeër ’n maatskappy, CGA Grower Development Company (CGA-GDC), gestig om transformasie te bevorder deur finansiële bystand en steun op die plaas te bied aan begunstigdes van grondhervorming, en om swart boere te help om onder meer marktoegang te bekom. Die geld om die swart boere te ondersteun, word bekom deur ’n uitvoerheffing wat die vereniging se lede jaarliks betaal.

Produsiemiddele aangekoop

Die finansiering is hoofsaaklik gebruik om produksie-insette soos kunsmis en chemikalieë te koop. Dié bystand is nodig vir swart boere se langtermynoorlewing nadat die pryse van insette vanjaar buitensporig gestyg het, lui die verklaring. “Die kunsmisprys het sedert 2020-’21 met 56% gestyg en dit het swart kwekers die hardste getref.”

Kundiges in die bedryf voorspel dat minder as 20% van alle sitruskwekers aan die einde van 2022 gelyk sal speel. Daarom is dit volgens Chadwick duidelik dat hulp vir die ontwikkeling van swart ondernemings deurslaggewend is. Benewens duur kunsmis is daar ook ander ongunstige faktore wat nuwe toetreders tot die sitrusbedryf terughou. Dit sluit in uiters streng fitosanitêre maatreëls waaraan uitvoerders moet voldoen as hulle die EU-mark betree en die daling in reële uitvoerpryse. Op plaaslike vlak is die verkrummeling van Suid-Afrika se infrastruktuur en die tekort aan elektrisiteit probleme.

Op lang termyn sal die SKV se ontwikkelingsfonds nuwe toetreders help met die kapitaal wat benodig word om produksie-infrastruktuur te skep, en toerusting en tuinboukundige produkte te koop. Die toelae staan swart boere ook by met die akkreditasie-koste wat hulle as kommersiële produsente benodig.

Suksesverhaal

In Limpopo het die ontwikkelingsfonds reeds gehelp met die suksesvolle vestiging van Manini Holdings, wat besit en bedryf word deur mnr. Thabo Moripane. Hy gebruik vanjaar sy toelae om die insette te koop om sy bestaande sitrusboord aan die gang te hou, terwyl hy ’n verdere 70 ha aanplant. Dit sluit onder meer verskillende kultivars van sagtesitrus en suurlemoene in.

“Die CGA-GDC is dankbaar vir die kommersiële sitruskwekers se volgehoue verbintenis tot die betaling van hul uitvoerheffings en deel hierdie waardering met die nasionale en provinsiale departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling. Ons sien uit daarna om nouer met die regering saam te werk in die komende maande om volhoubare oplossings te vind sodat ons ontwikkelingsboere op lang termyn winsgewend sal wees,” sê Chadwick.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
-0.0%
Rand - Euro
19.59
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.0%
Rand - Jen
0.14
-0.0%
Platinum
976.84
0.0%
Palladium
1,415.66
0.0%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Maatjie vir n praat Jim
Eks eerlik opreg en het baie liefde wat ek kan bied hou van Kamp buielewe en sommer net rustig te verkeer
Waarna soek jy
Hoekom is mense hier en kan aanlyn vir jou die antwoord wees Kom ons kyk, en nou kan mense in die boere taal gesels
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot