AFGRI
BEAN
30 Mrt
-
9822
48,00
CORN
30 Mrt
-
4145
-6,00
SOYA
30 Mrt
-
8640
-25,00
SUNS
30 Mrt
-
8780
-39,00
WEAT
30 Mrt
-
6695
16,00
WMAZ
30 Mrt
-
3846
-5,00
YMAZ
30 Mrt
-
4021
-6,00
Deel

Student laat alternatiewe gewas smaaklik lyk met resepte

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Engela Duvenhage
Foto: Engela Duvenhage
’n Student aan Universiteit Stellenbosch gebruik resepte met duifertjies as hoofbestanddeel om mense bewus te maak van dié “weesgewas”.

Duifertjies gaan al hoe meer op Suid-Afrikaners se tafels beland as me. Carla de Beer, ’n MSc-student in plantbiologie aan Universiteit Stellenbosch (US). Sy het ’n aanlyn resepteboek, World Peas, saamgestel om mense meer bewus te maak van duifertjies, ’n klimaatslim gewas waarmee nog nie kommersieel in Suid-Afrika geboer word nie. Duifertjies word as hoofbestanddeel in haar resepte vir onder meer falafel gebruik.

De Beer kom van Ceres en werk tans vir ’n landboumaatskappy in Wellington. Sy hoop om eendag haar gedroogte, klaargemaakte mengsel van duifertjies vir falafel in gesondheidswinkels en by kleinhandelaars te sien.

Haar navorsing was deel van ’n veel groter driejaarprojek wat deur dr. Shaun Peters, een van haar studieleiers en adjunkdirekteur van die US se fakulteit landbouwetenskappe se instituut vir plantbiotegnoloie (IPB), gelei is. Sodoende is meer uitgevind oor die voedingswaarde van duifertjies en die potensiaal daarvan as ’n klimaatslim gewas.

Duifertjies (Cajanus cajan) is ’n peulgewas wat algemeen in Asië, die Karibiese Eilande en gedeeltes van Afrika geëet word. Dit dien ook as ’n voer- en dekgewas.

“Dit word ’n weesgewas genoem omdat daar nog nie veel gedoen is ten opsigte van navorsing om te bepaal watter eienskappe van belang kan wees vir die landbou, voedselsekerheid en voeding nie,” sê Peters. “Sy genoom-volgorde is darem onlangs bepaal, en dit het nuwe weë vir navorsing geopen. Deur ons navorsing wil ons wys wat in hierdie peulgewas sit.”

Hoewel daar nog nie kommersieel met hierdie gewas in Suid-Afrika geboer word nie, kan ’n mens plaaslik gedroogte duifertjies koop. Dit is soms ook as ’n meel beskikbaar. Al die voorraad vir hierdie produkte word ingevoer.

“Daar is soveel meer waarvoor ’n mens dit kan gebruik as net vir die tradisionele dhal of kerries,” sê De Beer, wat lief is vir kook en vegetariese geregte verkies. Tydens haar studie het sy duifertjies gebruik om onder meer pastas, vleislose burgerfrikkadelle en skyfies te maak.

Die resep vir falafel het sy self ontwikkel nadat sy nie een kon vind nie. Die resep is eers op haar huismaats getoets. Nadat sy tevrede was met haar resep het die sensoriese navorsingslaboratorium in die US se departement voedselwetenskap gehelp met die nodige sensoriese analise van haar gereg. Daar is gevind dat De Beer se falafel ’n lewensvatbare verbruikersproduk kan wees wat in winkels verkoop kan word.

Voedingswaarde

De Beer se navorsing het egter nie net gegaan oor regstaan in die kombuis nie. Sy het die voedingswaarde van vars duifertjies se doppe bestudeer. Dit word gewoonlik verwyder en weggegooi wanneer die ertjies gedroog of gemaal word. Sy het gevind dit is baie hoog in sowel gesonde antioksidante en weerstandige stysels – selfs meer as in kekerertjies.

Sy het ook die koolhidrate en stysel in duifertjies bekyk, en watter gesondheidsvoordele daar is in die landrasse van duifertjies waarmee op klein skaal in Suid-Afrika, veral KwaZulu-Natal en Limpopo, geboer word. De Beer het bevind dat duifertjies ’n hoë vlak van weerstandige stysels, ’n sogenaamde goeie stysel, bevat.

Die duifertjiekultivars wat in Suid-Afrika gekweek word, is vermoedelik in die 1800’s deur Indiese kontrakwerkers na die land gebring.

Peters meen dat Suid-Afrikaanse boere moet kennis neem van duifertjies omdat hulle droogtebestand is en ’n hoë markwaarde het. “Hierdie ertjies is ’n uitstekende bron van voeding vir mens en dier. Dit kan in wisselbou-gewasstelsels gebruik word om stikstof in die grond te bind.”

World Peas is by https://bit.ly/37lt165 beskikbaar.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.04
+0.4%
Rand - Pond
22.27
+0.1%
Rand - Euro
19.63
+0.0%
Rand - Aus dollar
12.08
+0.2%
Rand - Jen
0.14
+0.2%
Platinum
977.84
+1.0%
Palladium
1,444.67
-0.3%
Goud
1,968.72
+0.2%
Silwer
23.77
+1.9%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
71,630
+1.1%
Alle aandele
77,252
+1.0%
Hulpbronne 10
68,180
+2.3%
Industriële 25
104,063
+0.7%
Finansiële 15
15,676
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat jy Sien is wat jy kry, niks Meer nie maar ook niks minder ni
Want Ek word nie maklik vergeet Nie, n goeie herhindering, Kom Kyk en vind uit .Ek is Nie die tiepe wat oordeel en Dan nog demands rond slinger Nie,
Kom ons kyk
Die lewe is nie gemaak om alleen deur te gaan. Be a rebel, eat the cake! Enjoy die klein dinge, smell the flowers!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot