AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Tafeldruiwe: Wenners van blokkompetisie

Die wenners van die Hexriviervalleise Tafeldruifvereniging se blokkompetisie glo albei jy moet jou hand op die blok hou.

Mnr. Pierre van Zyl, plaasbestuurder van WK Beukes Boerdery en mnr. Pieter de Kock, plaasbestuurder van AS Viljoen & Seuns Boerdery, is hierdie jaar se wenners in die Hexriviervalleise Tafeldruifvereniging se jaarlikse blokkompetisie. Van Zyl het die afdeling vir gevestigde blokke gewen en De Kock die afdeling vir jongblokke.

Van Zyl skryf sy sukses met die blok Sable-druiwe toe aan tydige optrede: “Met druiwe kan jy nie wag nie, as daar ’n probleem is moet dit dadelik aangespreek word.”

Dit was ook hoe Van Zyl dit reggekry het om verliese weens reën en haelskade te beperk: Vroue is in die wingerde ingestuur om vrot en gebarste korrels uit te pluk voordat dit na ander korrels kon versprei. 

De Kok se raad is om die regte kultivar met die regte onderstok op die regte grond te plant. “Ons het in die wenblok Crimson Seedless op Ramsey-onderstokke gehad. Ramsey-onderstokke werk goed vir ons, want ons grond is baie sand- en klipperig en die Ramsey-onderstokke help om groei te gee.” Hy het bygevoeg dat plantmateriaal van ’n betroubare kweekery gekry moet word.

Verder stem hy saam met Van Zyl dat jy jou hand op die blok hou. De Kock-hulle gebruik mikrobesproeiing in die blok. Hy verduidelik dat hulle al vir jare mikro’s gebruik, omdat dit vir hulle goeie resultate gee: “Die mikro's versprei water oor ’n wyer area sodat wingerde onder mikro’s ’n wyer wortelstelsel het as wingerd onder drupbesproeiing. Die resultaat is stokke wat ’n bietjie meer stres kan hanteer as stokke onder drupbesproeiing,” verduidelik hy.

Vroeë kultivars ly wel skade
Daar is hierdie jaar tien jongblokke en 19 gevestigde blokke in die blokkompetisie ingeskryf. Mnr. Johan Hugo, bestuurder van die varsprodukte-uitvoerdersforum (PPECB) en die hoofbeoordelaar in die kompetisie, sê dat die hael en ontydige reën vroeër die seisoen skade veroorsaak het aan van die vroeë kultivars nadat inskrywings gemaak is. Die res van die druiwe lyk egter baie goed.

Hy het bygevoeg dat daar baie nuwe kultivars op die mark is en dat die kompetisie ’n goeie geleentheid is vir produsente om produksiepraktyke met mekaar te vergelyk.

Ander presteerders in die gevestigde blokafdeling was: Mnr. J.J. le Roux van De Vlei Boerdery met ’n blok Sweet Celebration (tweede) en mnr. W.J. van Wyk van die plaas Hylton met ’n blok Crimson Seedless (derde). In die jongblok-afdeling het mnr. Robert Brown van Kanetvlei met ’n blok Magenta tweede gekom en mnr. Deon Meissenheimer van die plaas Vreesniet het met ’n blok Crimson Seedless derde gekom. 

Byskrif: Toppresteerders in die jongblokkompetisie: Mnre. Deon Meissenheimer van Vreesniet van AS Viljoen & Seuns Boerdery (derde plek), Jan Engelbreght en Robert Brown van Kanetvlei wat aan Mnr. De Wet Conradie behoort (tweede plek) en Pieter de Kock van Boplaas wat aan AS Viljoen & Seuns Boerdery behoort (wenner).


Byskrif:
Onder is die wenners van die gevestigde blokafdeling. Van links is mnre. Hannes du Toit, bestuurder van WK Beukes Boerdery, Jacques le Roux van Cornerstone Nursery wat een van die borge was, Pierre van Zyl, plaasbestuurder en wenner van WK Beukes Boerdery en Wouter Beukes, die eienaar van WK Beukes Boerdery.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
-0.0%
Rand - Euro
19.59
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.0%
Rand - Jen
0.14
-0.0%
Platinum
976.84
0.0%
Palladium
1,415.66
0.0%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Die is nie vir bang dames nie, Is jy dapper of mal genoeg ?
Ek loop nie graag heeldag my eie beeld en polish nie, ek verkies dat mense my leer ken en dan self besluit hoekom hulle van my hou of nie hou nie. Nie een van ons is perfek nie,...
Soek na iemand wat saam met my sal lag...
Vol skerp grappies, reg om iemand se dag op te helder, opsoek na my pasmaat wat saam met my kan lag en die lewe geniet. Hou daarvan om aktief te wees, crossfit en ry dan en wan...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot