AFGRI
BEAN
30 Me
-
8670,4
45,40
CORN
30 Me
-
4373
78,00
SOYA
30 Me
-
7805
-10,00
SUNS
30 Me
-
8250
-77,00
WEAT
30 Me
-
6659
50,00
WMAZ
30 Me
-
3719,2
53,20
YMAZ
30 Me
-
3810
45,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Tim Atkin: ‘SA se vooruitgang met wyn verstom’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mnr. Duncann Savage van Savage Wines. Foto: Verskaf
Mnr. Duncann Savage van Savage Wines. Foto: Verskaf
Mnr. Duncann Savage van Savage Wines dra vanjaar die gesogte kroon as wynmaker van die jaar in die gesaghebbende South Africa Report, wat jaarliks deur die wynmeester en internasionale wynkritikus mnr. Tim Atkin saamgestel word.

Dié verslag, wat vanoggend (6 September 2022) bekend gestel is, is die tiende een uit Atkin se pen.

Atkin is “verstom oor die merkwaardige vooruitgang” wat die Suid-Afrikaanse wynbedryf gemaak het sedert sy eerste verslag in 2013.

Hy het in Maart, Junie en Julie besoek gebring aan Suid-Afrika en ’n rekordgetal van 2 282 wyne deur 433 wynmakers geproe. Altesaam 8,5% (oftewel 195) hiervan het 95 punte of meer behaal.

SA tel onder bestes

“Suid-Afrika het bewys dat hy feitlik elke wynstyl goed kan maak, terwyl sy beste wyne onder die wêreld se elite tel,” het Atkin geloof in wat hy as sy “mees uitgebreide oorsig van een van die wêreld se opwindendste wynproduksiestreke” beskryf.

“My mening is dat baie min, indien enige, van die lande in die Nuwe Wêreld beter kan vaar.”

Atkin meen die 2017- en 2021-oesjare kan as twee van die Kaap se bestes tot nog toe beskou word. “Stellenbosch het sy posisie as die Kaap se voorste streek bevestig met sowat ’n derde van my wyne wat toptellings behaal het, wat van daar kom. Dit word gevolg deur die Swartland, maar daar is opwindende wyne in elke hoekie van die land, soos Malgas, Montagu en die Ceres-plato.”

Volgens hom was dit nie net Chenin blanc en Shiraz was vanjaar uitgestaan het nie (soos vorige jare), maar ook die Bordeaux-versnitte, Chardonnay en Pinot Noir.

99/100

In die verlede het Atkin groot opwinding ontketen as hy vir uitsonderlike wyne volpunte gegee het. Vanjaar kon Boekenhoutskloof Semillon en Sadie Family Columella die naaste hieraan kom met 99 punte (uit 100) elk. Tien ander wyne het 98 punte behaal.

Sadie Family Columella
Die 2020 Sadie Family Columella. Foto: Verskaf
Boekenhoutskloof Semillon
Die 2020 Boekenhoutskloof Semillon

Atkin is bemoedig deur die wynbedryf se toewyding om antwoorde op klimaatverandering te kry met nuwe wortelstokke, prieëlstelsels, grondbedekkings en bewerkingstegnieke. Hulle plaas ook groter klem op droogtebestande kultivars, soos Assyrtiko en Vermentino.

Op die podium

Savage, wat ’n kelder in Soutrivier in die hartjie van Kaapstad besit, maak agt wyne van druiwe wat hy reg oor die Wes-Kaap aankoop.

“Ek kan dit nog nie glo nie!” was sy reaksie toe Landbouweekblad hom oor die toekenning kontak.

“Hierdie is ’n enorme ding met baie geloofwaardigheid. Dit is waarskynlik die grootste ding wat ons nog reggekry het by Savage Wines. Dis werklik awesome!”

Volgens hom neem Atkin ’n wynmaker se loopbaangeskiedenis, en sy benadering tot wingerd en wyn in ag. Atkin neem dalk die besluit, maar gesels wyd met mense, wat beteken dis ook erkenning deur ’n wynmaker se portuurgroep, sê Savage.

“Tim se verslag is nie lig in die broek nie. Die eerste verslag was 80 bladsye lank en hierdie een is meer as 300 bladsye lank. Die feit dat hy so baie glo in Suid-Afrika en ons wyne is ongelooflik.”

Me. Charla Bosman van Sijnn is as die jongwynmaker van die jaar aangewys en mnr. Sheldon van Wyk, ’n wingerdkontrakteur wat veral met ou wingerde werk, is as wingerdboukundige van die jaar aangewys. Darling Cellars is die produsentekelder van die jaar. 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.74
-0.4%
Rand - Pond
24.52
-0.9%
Rand - Euro
21.18
-0.6%
Rand - Aus dollar
12.87
-0.1%
Rand - Jen
0.14
-0.7%
Platinum
1,034.47
+0.4%
Palladium
1,442.25
+0.9%
Goud
1,957.25
+0.7%
Silwer
23.19
+0.1%
Brent-ruolie
77.07
+0.2%
Top-40
71,531
+0.1%
Alle aandele
76,566
-0.1%
Hulpbronne 10
67,767
-0.2%
Industriële 25
106,667
+0.4%
Finansiële 15
14,426
-1.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Goeie geselskap en baie kalm en saggeaard
Saggeaarde eerlike en opregte mens wat ander met respek hanteer. Baie beskermend teenoor n vrou en sal nooit kras praat of optree nie.
Plat op die aarde kom oor die wet almal
Ek is een van daai mense wat die pad sal loop saam mense wat die pad saam my sal loop
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot