Die boer kry so te sê niks vir sy produkte nie en die verbruiker moet ten duurste daarvoor betaal. Dit is ’n klagte met baard. Dit is so oud soos Suid-Afrika se oudste groente- en vrugteboere.
En dit sal waarskynlik, soos die armes, altyd met ons wees — tensy iemand iets baie ingrypends daaraan doen. ’n Klompie groenteboere in Oos-Kaapland het bymekaar gekom en besluit dat dinge nie so kan voortgaan nie. Tot hiertoe en nie verder nie. Hulle gaan iets probeer.