AFGRI
BEAN
30 Mrt
-
9822
48,00
CORN
30 Mrt
-
4145
-6,00
SOYA
30 Mrt
-
8640
-25,00
SUNS
30 Mrt
-
8780
-39,00
WEAT
30 Mrt
-
6695
16,00
WMAZ
30 Mrt
-
3846
-5,00
YMAZ
30 Mrt
-
4021
-6,00
Deel

Uie vir wintersop gaan skaarser raak

akkreditasie
Foto: Charl van der Merwe
Foto: Charl van der Merwe
Die kouer somer en swaar reën in Januarie het meegebring dat daar oor die volgende drie maande tot 1,75 miljoen minder 10 kg-sakkies uie op die markte beskikbaar gaan wees.

Die uie-oes uit die Ceres- en Koue Bokkeveld-streek gaan heelwat kleiner wees as wat aanvanklik verwag is. Van 1 miljoen tot 1,5 miljoen minder 10 kg-sakkies uie kan uit die streek kom as wat aanvanklik geskat is. Die oorsaak hiervan is dat die streek ’n kouer as normale somer beleef het, sê mnr. Charl van der Merwe, die voorsitter van Korkom, die uie-kommoditeitsorganisasie in die streek.

“Ons het aanvanklik verwag om sowat 16 miljoen sakkies uie in die streek te oes, maar daar gaan beslis minder uie op die mark wees van einde Mei tot Julie.” Buiten die laer opbrengs in die Korkom-streek, gaan die uie uit die verre noorde van die land ook minder wees. Produsente in die Noordelike Uie-komitee (NUK) het in Januarie swaar reën gekry, wat die plantproses in daardie streek vertraag het. Volgens mnr. CT van der Merwe van AL 3 Boerdery en voorsitter van die NUK, het hierdie vertraging in aanplantings meegebring dat die NUK ongeveer 200 000 tot 250 000 minder sakkies uie tussen Mei en Junie sal lewer. “Teen einde Junie behoort die volume uit die NUK-streek na normaal terug te keer.” 

Pryse weer by R60?

Die afname van 1,75 miljoen sakkies uit die twee streke oor die drie-maande-periode verteenwoordig ’n geskatte 15-20% afname in volume. Van der Merwe glo die afname in produksie sal die prys laat styg. “Die koopkrag blyk vanjaar egter om minder te wees as verlede jaar. Oor die eerste vier maande van 2020 is 9,5 miljoen sakkies op nasionale markte verkoop teen ’n gemiddelde prys van R41 per sakkie oor alle grade en alle klasse. Oor dieselfde tydperk in 2021 is 9,7 miljoen sakkies verkoop, maar teen ’n gemiddelde prys van R37 per sakkie. Met slegs ’n geringe hoër volume (2%) was die prys meer as 10% laer en vandaar die afleiding dat koopkrag onder druk is.”

“In Maart was daar ’n aansienlike afname in volume op die markte weens verskeie faktore. Waar dit gewoonlik ’n toename in die prys sou veroorsaak, was daar vanjaar heelwat weerstand teen verhoogde pryse. Pryse gaan dus definitief verhoog in die volgende drie maande vanweë die laer volumes, maar dit gaan waarskynlik nie die hoogte inskiet soos in 2020, toe ons R60 en meer per sakkie verdien het nie.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.82
+1.6%
Rand - Pond
22.07
+1.0%
Rand - Euro
19.43
+1.0%
Rand - Aus dollar
11.95
+1.3%
Rand - Jen
0.13
+1.2%
Platinum
986.50
+1.9%
Palladium
1,473.91
+1.8%
Goud
1,981.47
+0.9%
Silwer
23.84
+2.2%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
71,089
+0.3%
Alle aandele
76,705
+0.3%
Hulpbronne 10
67,517
+1.3%
Industriële 25
103,222
-0.1%
Finansiële 15
15,634
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom en lê my neer
Lief vir die lewe, lief vir die natuur. tyd om iemand ook lief te hê. Man wat nog weet hor om ñ gentlemen te wees, hande nie bang is vir werk nie, iemand wat weet hoe om ñ...
Sonvanger
Ek is 'n plain, plat op die aarde, opregte, lojale straight-shooter, lief vir di lewe, jonk van gees, en glo in my God. Ek het nog my morele waardes, iets wat in deesdae se...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot