Rooibos is in 2021 die eerste voedselsoort van Afrika wat op die Europese Kommissie se register vir beskermde aanduiding van oorsprong en beskermde geografiese aanduiders opgeteken is.
Die Suid-Afrikaanse Rooibosraad is besig om ’n strategie te bepaal vir die benutting van die beskermde aanduiding van oorsprong wat deur die Europese Kommissie aan rooibos toegestaan is, sê mnr. Dawie de Villiers, besturende direkteur van Cape Natural Tea Products.
Rooibos is die enigste tee of kruietee wat heeltemal van een bron afkomstig is en dit bied eiesoortige bemarkingsgeleenthede. De Villiers sê dit is nog te vroeg om ’n produksieskatting vir die komende seisoen te doen.