AFGRI
BEAN
31 Jan
-
9862,2
149,20
CORN
31 Jan
-
4655
45,00
SOYA
31 Jan
-
9425
-4,00
SUNS
31 Jan
-
11029,8
-192,20
WEAT
31 Jan
-
6782
51,00
WMAZ
31 Jan
-
4430,2
-51,80
YMAZ
31 Jan
-
4553
-52,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
20 Jan
-
170,89
-2,92
Ave Wool - RWS
20 Jan
-
181,89
-7,19
Beeste A2/3
20 Jan
-
58,72
2,37
Beeste AB2/3
20 Jan
-
58,36
3,52
Beeste B2/3
20 Jan
-
56,86
4,26
Beeste C2/3
20 Jan
-
52,54
0,65
Bevrore Hoender
20 Jan
-
31,75
-2,38
Bokkies (onder 30 kg)
20 Jan
-
63,65
-0,77
Bokooie
20 Jan
-
40,24
-2,32
Groot (meer as 40 kg)
20 Jan
-
41,1
-3,43
Hoender (IQF)
20 Jan
-
32,82
0,66
Medium (30-40kg)
20 Jan
-
56,66
1,18
Pork Average
20 Jan
-
37,05
0,71
Poultry Average
20 Jan
-
32,38
-0,99
Skaap A2/3
20 Jan
-
87,14
3,08
Skaap AB2/3
20 Jan
-
80,78
-2,47
Skaap B2/3
20 Jan
-
70,13
0,82
Skaap C2/3
20 Jan
-
65,78
1,26
Speenkalf
20 Jan
-
36,84
0,12
Spekvarke
20 Jan
-
38,49
1,90
Stoorlammers
20 Jan
-
38,71
0,25
Varkwors
20 Jan
-
29,77
0,61
Vars Hoender
20 Jan
-
32,57
-1,26
Vleisvarke
20 Jan
-
36,9
0,60

Van plaaswerker tot voorste rooibosboer

'n Plaaswerker wat sy eie grond deur bemagtiging in die "ou" Suid-Afrika begin het, boer steeds vooruit.

Deur bemagtiging wat nog in die "ou" Suid-Afrika begin het, het 'n plaaswerker sy eie grond bekom. Twaalf jaar later boer hy steeds vooruit.

Dit is 'n eg Suid-Afrikaanse storie wat begin in die donkerste dae van ongeskoolde kinderarbeid en dan 'n wonderlike wending neem danksy medemenslikheid, erkenning en geleenthede.

Mnr. Niklaas Slinger van die plaas De Lille, tussen Clanwilliam en Vanrhynsdorp, was maar nege toe hy vir die eerste keer as plaaswerker by 'n boer ingeval het. Van toe af het hy die geleenthede wat die lewe hom gegee het, met albei hande aangegryp en nou boer hy vooruit op sy eie rooibosteeplaas op die Nardouwsberg.

Hy is deesdae een van Rooibos Bpk. se 20 grootste tee-voorsieners en ook raadslid van die nuut gestigte Rooibos Council of South Africa.

Slinger is gebore en het grootgeword op 'n plaas op die Nardouwsberg, waar die lug skoon is en "net mense wat die bies van die plek gedrink het", glo kan oorleef.

Soos sy goeie geluk dit wou hê, het hy in 1972 by mnr. Jan Theron van Vondeling, deesdae sy buurplaas, begin werk. Toe Theron in 1984 sterf, het Slinger die boerdery behartig totdat Theron se seun, mnr. J.P. Theron, gereed was om die boerdery oor te neem. Daardie tyd het hulle reeds die rooibosteevertakking op De Lille gehuur, en toe dié plaas in die mark kom, het Theron jr. gedink dis die ideale geleentheid vir Slinger. "Ek het gesien Niklaas het potensiaal en wou hom help," sê Theron jr., wat ook spot dat hy die huidige Regering 'n stappie vooruit was.

Die plaas De Lille het aan Vondeling gegrens en Theron jr. én Slinger het die plaas geken. Teen daardie tyd het Theron jr. boonop 'n voëltjie hoor fluit dat Niklaas dalk kan in aanmerking kom vir 'n lening teen 'n hoogs gesubsidieerde rentekoers - vir 25 jaar vasgestel op 8 % - by die destydse Kleurlingadministrasie. Hy kon Slinger toe help om aansoek te doen en het ook kontant voorgeskiet sodat Slinger aan alle vereistes kon voldoen. In 1992 het Slinger die eienaar van 'n plaas van 2 670 hektaar geword.

Slinger en Theron jr. het ooreengekom dat Slinger nog vir tien jaar op albei plase sou werk - hoofsaaklik om seker te maak dat Slinger goed aan die gang kom, sê Theron jr. Amper drie jaar gelede het Slinger en Theron jr. se boerderypaaie geskei en boer Slinger nou op sy eie met 300 hektaar rooibostee en 200 Dorpers en Duitse Merino'. Sy vrou, Sarah, ook van die Nardouwsberg, en hul jongste seun, Andries, boer saam met hom.

"Ek kan 'n bestaan maak," sê Slinger. "Dit gaan goed met my. Ek is baie tevrede met die manier waarop ál my bure my behandel en die vriendskap en hulp wat ek van hulle kry." Hy is ook vol lof vir die landboukundige ondersteuning wat hy van Rooibos Bpk. kry.

Hoewel hy gehoop het om vanjaar 50 ton tee te lewer, kon hy vanweë die droogte net 48 ton lewer. Van die ou bosse, wat omtrent almal met die droogte gevrek het, kon hy net 'n bietjie tee oes, terwyl die jong bosse "wonderbaarlik goed" gehou het.

As deel van sy rotasiestelsel plant Slinger elke jaar 70 hektaar rooibostee aan. Die water op De Lille is te brak om plantjies te kweek, so hy betaal nabygeleë boere om vir hom plantjies te maak. Slinger sê plantjies wat in sy omgewing gemaak word, is goed aangepas en word met groot welslae gevestig. Die Slingers maak hul eie saad bymekaar onder die rooibosplante en in die mierneste, en laat dit behandel by Rooibos Bpk.

Slinger is 'n voorste teemaker. Hy glo dis 'n kuns. Nadat die oes ingesamel is, "maak" hy tee van sy eie rooibos en dié van Theron jr. en mnr. Richard Kotze. Niemand het hom ooit formeel geleer om tee te maak nie; hy het maar op die plaas geleer deur te kyk wat ander doen, en het ook baie kennis opgedoen toe hy in 1978 vir 'n paar maande by die droogbaan op Clanwilliam gewerk het.

Hy glo plaaswerkers is die beste kandidate vir grondhervorming en dink kleinboere wat nie boerdery-ondervinding en 'n liefde vir die boerdery het nie, gaan maar sukkel om die mas op te kom. " 'n Mens kan net 'n ding oppas as jy 'n liefde daarvoor het."

Die Slingers het vyf plaaswerkers - almal nog redelik jong mense van die omgewing - met 'n liefde vir boerdery. Slinger sê die instelling van minimum lone was vir hom geen skok nie, want hy het reg van die begin af meer as dit betaal.

Volgens 'n ondersoek na die rooibosbedryf (wat in 2003 op inisiatief van die Departement van Handel en Nywerheid se afdeling agroverwerking gedoen is), kom sowat 150 van die boere wat gesamentlik sowat 250 ton rooibostee aan verwerkers lewer, uit histories benadeelde gemeenskappe. Die meeste van hulle is lede van koöperatiewe boerderye, terwyl 30 van hulle eenmansake het.

Slinger sê die groot probleem vir agtergeblewe boere is dat die nuwe Regering so Engels is. "Ek kry swaar omdat ek nie Engels praat nie. Ek het op nege by 'n baas begin werk, en op my ouderdom leer jy bitter moeilik Engels praat."

Slinger het nooit skoolgegaan nie. Hy leer nou lees en sy groot begeerte is om voor die einde van die jaar die Bybel te kan lees. Tot dan help sy seun Andries, wat aan die Landbouskool Augsburg gematrikuleer het, hom met begrotings. Hy het ook 'n paar kundiges en mentors om hom vergader: Sy boekhouer op die dorp, wat seker maak dat sy werkers genoeg en op die regte tyd betaal word en dat hul kontrakte in orde is; mnr. Annes Brand, wat al jare lank op die Nardouwsberg boer; en natuurlik Theron jr. Slinger is ook lid van die Nardouwsberg-boerevereniging.

Die evangelisasiewerk wat Slinger op omliggende plase doen, verbeter verhoudinge op die plase.

Slinger dink aan die toekoms. Hy het oor die jare geleer om altyd beter te doen en beter te werk met sy geld. Noudat die prys van rooibostee goed is, moet hy ietsie wegsit. " 'n Mens weet nie hoe volgende jaar lyk nie." Daarom het hy ook vir sy aftrede of ontydige dood voorsiening gemaak.

Rooibostee is nou sy grootste bron van inkomste, maar hy verkoop aan die einde van die jaar altyd 'n paar lammers. Hy het baie buiteveld en hou die skaapboerdery aan die gang, al het hulle so baie probleme met jakkalse. "Buitendien," sê hy, "die tee kan dalk tot niet gaan".

Daarom het hy intussen ook sy verband na die Land Bank oorgeplaas, en ten spyte van die hoër rentekoers wat hy moet betaal, is sy paaiement steeds bekostigbaar. En as hy nou hierdie verband bietjie kan seermaak, is dit die verlange van sy hart om oor so agt jaar grond by te koop. Die plaas sal daar naby moet wees, want die bande en brandstof raak nou net té duur.

10 Junie 2005

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.46
-0.3%
Rand - Pond
21.51
-0.0%
Rand - Euro
18.91
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.22
+0.5%
Rand - Jen
0.13
-0.3%
Platinum
993.06
-0.8%
Palladium
1,604.65
-2.0%
Goud
1,902.42
-1.1%
Silwer
23.06
-2.3%
Brent-ruolie
84.90
-2.1%
Top-40
73,280
-1.4%
Alle aandele
79,329
-1.2%
Hulpbronne 10
75,608
-3.0%
Industriële 25
101,914
-0.8%
Finansiële 15
16,195
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons wees vriende en sien waar dit heen lei
Ek is n wewenaar wat42jaar getroud was wat die lewe weer as n enkellopende wil aanpak daar moet goed wees om te doen wat die lewe weer die moeite werd maak speel bietjie golf...
Kom ons gesels en kyk wat gebeur.
Ek is ñ baie optimistiese mens met baie liefde om te gee. Soek my beste vriend vir wie ek lief kan wees. ❤️
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot