AFGRI
BEAN
06 Feb
-
9862,8
194,80
CORN
06 Feb
-
4613
113,00
SOYA
06 Feb
-
9410
130,00
SUNS
06 Feb
-
11080
-15,00
WEAT
06 Feb
-
6761
60,00
WMAZ
06 Feb
-
4368
68,00
YMAZ
06 Feb
-
4444
54,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

‘Verbod is spyker in wynboere se doodskis’

akkreditasie
Foto: Amelia Genis
Foto: Amelia Genis
Onmiddellike ingryping is nodig om ’n grootskaalse ramp in die wynbedryf te voorkom.

Só sê mnr. Rico Basson, uitvoerende hoof van Vinpro, nadat pres. Cyril Ramaphosa gisteraand (op 11 Januarie) die drankverbod ingevolge Covid-19-inperkingsregulasies met minstens nog ’n maand verleng het.

“Hierdie vierde verbod gaan die spreekwoordelike spyker in die doodskis vir talle wynverwante besighede beteken. Die wynbedryf is in ’n benarde posisie vanuit ’n ekonomiese en werkskeppingsoogpunt.”

Vooruitskattings wat verlede jaar gedoen is, het getoon 60-80 wynkelders kan sluit en sowat 22 000 mense in die bedryf kan hul werk verloor weens die vorige opskortings van drankverkope.

“Die huidige verbod sal hierdie syfers vererger. Die bedryf het met groot kontantvloeiprobleme te kampe – regdeur die waardeketting.”

Die bedryf het tans voorraad van 640 miljoen liter wyn. Dit verteenwoordig sowat 65% van ’n gewone oes. Dit hou ’n groot risiko in vir vanjaar se oes, met oestyd wat na verwagting volgende week (die week van 18 Januarie) begin, sê Basson.

“Die huidige verbod van sewe weke (28 Desember tot 15 Februarie) kan ’n verdere 45 miljoen liter by die voorraadvlak voeg.”

Boonop het onwettige handel behoorlik vlamgevat, en neem dit steeds toe.

Vinpro win tans regsadvies in oor die verbod op plaaslike wynverkope, spesifiek oor die gebrek aan konsultasie deur die regering en met die klem op die bedryf se situasie.

“Sodra ons die regsmening ontvang en alle opsies oorweeg het, sal die Vinpro-direksie die volgende stappe bepaal om in die beste belang van ál sy lede op te tree.”

Intussen het Agri Wes-Kaap ook sy teleurstelling uitgespreek omdat die regering nie ’n gedifferensieerde benadering ten opsigte van alkoholverkope gevolg het nie.

“Die landbousektor trek aan die kortste end oor die gedrag van die breë publiek. Sedert die nasionale inperking verlede Maart afgekondig is, het die regering baie tyd gehad om op ’n moontlike tweede golf van besmettings voor te berei. Dit is irrasioneel dat ’n bedryf wat ’n belangrike werkskepper en verdiener van buitelandse valuta is, nou die spit moet afbyt.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.62
-0.8%
Rand - Pond
21.23
-0.9%
Rand - Euro
18.96
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.15
-0.5%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Platinum
979.16
+0.6%
Palladium
1,600.15
-2.0%
Goud
1,871.39
+0.0%
Silwer
22.41
+0.3%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
73,469
-0.8%
Alle aandele
79,551
-0.9%
Hulpbronne 10
73,931
-1.7%
Industriële 25
103,088
-0.4%
Finansiële 15
16,408
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Standvastige, lewenslustige man
Ek is n rustige persoon wat nie van drama hou nie. Ek is lojaal, Sal jou laat lag en kan baie romantics wees. Ek is nie die grapjas of ou wat die meeste by n partytjie praat...
Kom ons gaan visvang en hang uit, geniet die lewe saam
Ek is vriendelike vrou en het 12jarige dogter. Was nog nooit getroud nie, graag wil ek geluk hê, en wil die lewe aanpak met iemand ek elke dag kan spandeer. Geld is niks in die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot