AFGRI
BEAN
07 Jun
-
8417,6
-101,40
CORN
07 Jun
-
4145
-56,00
SOYA
07 Jun
-
7895
-97,00
SUNS
07 Jun
-
8410
-125,00
WEAT
07 Jun
-
6579
-47,00
WMAZ
07 Jun
-
3654,2
-43,80
YMAZ
07 Jun
-
3792
-52,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
26 Me
-
172,55
5,11
Ave Wool - RWS
26 Me
-
189,51
7,15
Beeste A2/3
26 Me
-
53,82
0,82
Beeste AB2/3
26 Me
-
52,28
0,50
Beeste B2/3
26 Me
-
48,03
-0,68
Beeste C2/3
26 Me
-
45,86
0,77
Bevrore Hoender
26 Me
-
34,01
-1,25
Bokkies (onder 30 kg)
26 Me
-
55,19
1,47
Bokooie
26 Me
-
38,71
-2,84
Groot (meer as 40 kg)
26 Me
-
40,79
-0,03
Hoender (IQF)
26 Me
-
33,04
-0,01
Medium (30-40kg)
26 Me
-
51,26
2,05
Pork Average
26 Me
-
29,59
0,40
Poultry Average
26 Me
-
33,71
-0,64
Skaap A2/3
26 Me
-
84,64
-3,90
Skaap AB2/3
26 Me
-
76,6
7,69
Skaap B2/3
26 Me
-
58,23
-2,52
Skaap C2/3
26 Me
-
57,02
-0,39
Speenkalf
26 Me
-
31,04
0,93
Spekvarke
26 Me
-
30,9
0,87
Stoorlammers
26 Me
-
42,28
0,90
Varkwors
26 Me
-
24,66
-0,30
Vars Hoender
26 Me
-
34,07
-0,69
Vleisvarke
26 Me
-
29,47
0,36
Deel

Vier uit SA op gesogte wêreld-wynlys

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Vier plaaslike produsente pryk op Drinks International se lys van geliefde wynhandelsmerke. Foto’s: Verskaf
Vier plaaslike produsente pryk op Drinks International se lys van geliefde wynhandelsmerke. Foto’s: Verskaf
KWV, Kanonkop, Nederburg en Bruce Jack het vanjaar die lys gehaal vir die wêreld se 50 mees gerespekteerde wynhandelsmerke.

KWV is aangewys as die mees gerespekteerde handelsmerk in Afrika en die Midde-Ooste. Hy word gevolg deur Kanonkop (43ste plek), Nederburg (45ste) en Bruce Jack (49ste).

Die voorste posisie wêreldwyd word vanjaar deur Antinori in Italië ingeneem. Dis die eerste keer dat ’n Italiaanse wynkelder boaan dié lys pryk. Dit word die afgelope 13 jaar deur Drinks International opgestel.

“Dit bly die mees gesaghebbende lys van gerespekteerde kelders van reg oor die wêreld. ’n Akademie van wynmeesters, sommeliers, wynkopers, joernaliste en bedryfskundiges van ses vastelande stem jaarliks vir die 50 op die lys. Dis ’n groot prestasie om ’n plek op die lys te beklee,” sê Shay Waterworth, Drinks International se redakteur.

Die akademie stem volgens drie kriteria, naamlik gehalte en bestendigheid, die verhouding tussen prys en gehalte, en die sterkte van bemarking en handelsmerke.

KWV, wat 38ste op die lys lê, is twee plekke hoër geplaas as Château Mouton Rothschild, een van Bordeaux se voorste landgoedere.

“Om saam met die mees gerespekteerde wynhandelsmerke ter wêreld geplaas te word, dui op die respek wat ons handelmerk verdien het onder plaaslike en internasionale verbruikers,” sê Liandra Kotzé, uitvoerende wynbemarker by KWV.

John Loomes, KWV se uitvoerende hoof, sê aangesien hul druiwe van verskeie wingerde reg oor die land af kom, gee die toekenning ook erkenning aan die skoonheid en gehalte van die wynland. “Die wêreldverhoog neem kennis daarvan.”

wyn, nederburg, toekennings, wynbedryf,
Daar word bykans elke 15 sekondes 'n bottel van Nederburg se Baronne in Suid-Afrika oopgemaak.

Dit is die sesde keer dat Nederburg op die gesogte lys verskyn. Volgens Kate Jackson, Nederburg se hoofbestuurder, dui die verkoopsfrekwensie van Baronne, hul gewilde rooiwyn, daarop dat daar gemiddeld elke 15 sekondes ’n bottel daarvan in Suid-Afrika oopgemaak word. Nederburg word in meer as 75 lande verkoop.

“Om die lys te haal is ’n groot eer, maar dis veral ’n groot prestasie vir ons in hierdie tyd van verhoogde internasionale mededinging,” sê Jackson.

Sy sê tawwe markte en logistieke terugslae weens geopolitieke konflik en infrastruktuurprobleme soos ’n oorvol hawe het sake verder bemoeilik die afgelope jaar.

“Ons hou net aan om te doen waarmee ons die beste is, en dit is om uitnemendheid by alle pryspunte te lewer. Dis danksy ons voortdurende beleggings in wingerdproduksie en wynbereidingsvaardighede. Ons klem op herlewingslandbou, watervoogdyskap en beskerming van ’n netwerk van wynprodusente het ook gehelp in ons strewe na gehalte.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.09
+0.6%
Rand - Pond
23.76
+0.4%
Rand - Euro
20.42
+0.6%
Rand - Aus dollar
12.77
+0.4%
Rand - Jen
0.14
+0.4%
Platinum
1,040.24
+0.1%
Palladium
1,414.81
+0.5%
Goud
1,964.39
+0.1%
Silwer
23.60
+0.0%
Brent-ruolie
76.29
-0.6%
Top-40
71,678
+0.1%
Alle aandele
76,910
+0.1%
Hulpbronne 10
70,136
+0.9%
Industriële 25
103,597
-0.3%
Finansiële 15
15,152
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Tyd is kosbaar.
Het n positiewe uitkyk op die lewe (alhoewel realisties), geniet die natuur en om staproetes te stap, kweek plante as n stokperdjie ens.
Doen alles met liefde
Liefde is vir baie belangrik. Opregte liefde. Ek is n baie saggeaarde omgee persoon wat dit geniet om tyd by die huis te spandeer. Bietjie van n introvert. Wanneer die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot