
Vinpro
het pas aangekondig dat sy inligtingsdag, wat op 21 Januarie virtueel sou
plaasvind, uitgestel word.
“In die lig van pres. (Cyril) Ramaphosa se aankondiging op 11 Januarie en die rampspoedige effek op die hele wynbedryf-waardeketting, moes ons die moeilike besluit neem. Ons span moet nou al hul energie daaraan wy om hierdie krisis vir ons bedryf af te weer,” lui ’n verklaring.
Die inligtingsdag in Januarie is ’n instelling vir wynprodusente en -belanghebbendes.
Vanjaar se tema was “Direct your Destiny”, en op die program was onderwerpe soos hoe om ’n veerkragtige wyntoerismebedryf te bou, hoe om doeltreffendheid aan te dryf met die oog op die komende oes en daarna, asook die stand van die wynbedryf en hoe om die invloed van die ekonomie en politiek te navigeer.
’n Nuwe datum sal glo binne die volgende paar maande bekend gemaak word..