AFGRI
BEAN
27 Mrt
-
8700
94,00
CORN
27 Mrt
-
4490
60,00
SOYA
27 Mrt
-
8148
11,00
SUNS
27 Mrt
-
8645
15,00
WEAT
27 Mrt
-
6560
148,00
WMAZ
27 Mrt
-
4035
69,00
YMAZ
27 Mrt
-
4088
36,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Vroue-wynmakers wys hul talent

akkreditasie
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Die een is ewe flink op ’n branderplank as in die kelder en die ander het eers later in die lewe haar ware passie ontdek. Maar Trizanne Barnard van Trizanne Signature Wines (TSW) en Irene de Fleuriot van La Bri, twee talentvolle vroue-wynmakers, glo vroue het ’n spesiale aanslag in die kelder.

Hoe het jy by die wynbedryf betrokke geraak?

Trizanne: Nadat ek aan die Universiteit Stellenbosch in wingerd- en wynbou gegradueer het, het ek in Australië, Frankryk en Portugal gepars. Daarna het ek huis toe gekom en deel geraak van Klein Constantia se wynmaakspan. In 2004 het ek die geleentheid gekry om Anwilka-wyne saam met mense van Klein Constantia en wynmakers van Bordeaux te begin.

Die vier jaar by Anwilka was van onskatbare waarde. Saam met my internasionale blootstelling het dit aan my die selfvertroue gegee om my eie handelsmerk te begin. In 2008  het ek dus my eie potjie begin krap met TSW. Sedert my eerste oesjaar het ek nog altyd gekonsentreer op twee baie uiteenlopende wynstreke, naamlik Elim en die Swartland.

Ek woon tans in Kommetjie, naby Kaapstad, en maak my wyne in Noordhoek. Behalwe vir alles wynverwant – wynmaak, beoordeling of sommer net drink – maak ek ook tyd om te surf wanneer die kans ook al opduik. Die oseaan herlaai my, en leer my ook geduld en respek vir die natuur.

Irene: Ek het die graad B.Com. aan die Universiteit van Kaapstad behaal en daarna ’n wiskunde- en rekeningkunde-onderwyser geraak. In 1996 het ek ’n kursus deur die Kaapse Wynakademie gedoen het en dit het ’n begeerte in my wakker gemaak om meer te wete te kom oor wyn. In dieselfde jaar het ek amptelik die onderwys vaarwel toegeroep en besluit om ’n wynmaker te word.

Ek het die volgende vyf jaar gereis tussen Australië, Suid-Afrika en Europa om wynervaring op te doen. Tussendeur het ek wiskunde onderrig in Brittanje om die reise te finansier. In 2001 het ek B.Sc.Agric. aan die Universiteit Stellenbosch begin studeer en is uiteindelik beloon met die Professor Perold-trofee as topstudent.

Ná baie reise en studies het ek uiteindelik, op die rype ouderdom van 36, ’n wynmaker geword! Jy’s nooit te oud om jou ware roeping en passie in die lewe te vind nie.

Wat geniet jy die meeste  van jou werk?

Trizanne: Die veelsydigheid daarvan.

Irene: Elke dag is ’n nuwe dag met nuwe uitdagings. Jy leer om die onverwagte te verwag.

Dink jy vroue bring ’n ander aspek na die wêreld van wynmaak as mans?

Trizanne: Ons bring ’n ander aspek na hierdie wêreld toe, en dit strek tot by wynmaak. Ek glo ons bring ons eie sin van balans.

Irene: Sonder om te veralgemeen, maar ek dink daar is ’n sekere aandag aan detail sigbaar in wyn wat deur vroue gemaak is.

Is dit moeilik om ’n vroue-wynmaker te wees in ’n bedryf wat steeds deur mans oorheers word?

Trizanne: Ek vind dit nie moeilik omdat dit deur mans oorheers word nie. Jy kerf jou eie plekkie in die son uit, staan vas, glo in jouself en jy werk hard. 

Irene: Ek glo jy kan enige struikelblokke oorkom as jy in jouself as wynmaker glo.

Hoe gaan jy Vrouedag deurbring?

Trizanne: Ek gaan surf, om voor te berei vir die Vintners Surf-kompetisie op 10 Augustus. Natuurlik gaan ek ook tyd saam met my man en kinders deurbring. My wens vir vroue is dat hulle ’n oomblik het om hulself uit te druk – nes hulle is.

Irene: Ek gaan die sterk vroue in my lewe, wat nog altyd daar was vir my, vier.

Julle neem albei deel aan die Women of Wine South Africa-fees (WoWSA) die naweek. Watter van jul wyn gaan daar beskikbaar wees?

Trizanne: Ek gaan die Reserve Syrah 2017 vertoon. Dis ’n nuwe oesjaarvrystelling. Dis regtig ’n elegante wyn, selfs meer as die vorige jare, en dis te danke aan die oesjaar. Danksy die elegansie en vroulikheid dink ek dis die perfekte wyn om by die WoWSA te wys. Dis twee kenmerke wat ons as vroue moet vier en trots op moet wees. Mense sal ook die Reserve Sauvignon Semillon kan proe.

Irene: La Bri Chardonnay 2017 is ’n klassieke, elegante Chardonnay gemaak van druiwe uit ’n wingerd wat al 27 jaar oud is. Dis ’n wyn wat mens heeldag lank kan drink, of saam met ’n somerse middagete of bord seekos kan geniet. Ek sal ook die La Bri Affinity 2014, La Bri Syrah 2015 en La Bri Merlot 2016 saamneem WoWSA toe.

WoWSA vind op Sondag 12 Augustus plaas by die Candlewoods Boutique Venue in Centurion. Meer as 50 gesogte wyne sal geproe kan word. Vroue-bierbrouers en spirtiualie-stokers sal ook hul produkte ten toon stel. Kaartjies kos R150 elk en is beskikbaar by Webtickets.  

Me. Trizanne Barnard. Foto: Verskaf
Me. Irene de Fleuriot. Foto: Verskaf

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.31
-0.8%
Rand - Pond
22.50
-1.2%
Rand - Euro
19.78
-0.9%
Rand - Aus dollar
12.18
-0.7%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
973.10
+0.5%
Palladium
1,418.30
+1.2%
Goud
1,957.34
-1.1%
Silwer
23.08
-0.7%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,785
+0.9%
Alle aandele
75,284
+0.8%
Hulpbronne 10
64,924
+1.0%
Industriële 25
102,191
+0.6%
Finansiële 15
15,417
+1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na liefde
Ek is eerlike opreg en weet hoe om ' n dame spesiaaal te laat voel. Ek hou ook van buite lewe en avontuurlustig
As ons nie ontmoet nie, sal ons nie weet nie.
Hierdie is altyd vir my 'n moeilike een. Hier kan ons onsself inkleur met die mooiste potlode. Google kan selfs genader word vir 'n oulike beskrywing, ek verkies om die persoon...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot