AFGRI
BEAN
30 Mrt
-
9822
48,00
CORN
30 Mrt
-
4145
-6,00
SOYA
30 Mrt
-
8640
-25,00
SUNS
30 Mrt
-
8780
-39,00
WEAT
30 Mrt
-
6695
16,00
WMAZ
30 Mrt
-
3846
-5,00
YMAZ
30 Mrt
-
4021
-6,00
Deel

Vrugte: Maer jare voor vet jare weer aanbreek

akkreditasie
Ter illustrasie. Foto: Johan Coetsee
Ter illustrasie. Foto: Johan Coetsee
Die vrugtebedryf staar ’n tydperk van konsolidasie en ’n paar jaar van swaarkry in die gesig, maar daarna wink ’n winsgewende siklus.

“Ons moet ál meer vir onsself doen, want die regering doen dit nie meer nie,” het mnr. Jacques du Preez, hoofbestuurder van handel en markte, op die internasionale peersimposium op Stellenbosch gesê.

“Ons het relatief goed uit die covid-19-pandemie gekom vergeleke met ander bedrywe, maar nou sit ons met die babelaas. Basies al die vrugtebedrywe in Suid-Afrika ervaar tans tawwe tye.”

Van die werklikhede wat die bedryf in die gesig staar, is die ekonomiese verlangsaming in talle lande, druk op die gebruik van chemikalieë, veral in Europa, beurtkrag, verbruikers wat onder druk van skuld en inflasie is, beleidsonsekerheid en swak instellings en infrastruktuur.

“Die koste van logistiek is ook ’n probleem. Hoewel verskepingskoste vir droë goedere afkom, sien ons nie dat koelvraghouerskepe se pryse teen dieselfde pas daal nie,” het hy gesê.

Volgens me. Mariëtte Kotzé, groep-bedryfsbestuurder by Hortgro, het die sagtevrugtebedryf van 2020 tot 2021 met 15% in volume gegroei. Dié neiging word die afgelope vyf jaar waardgeneem.

Du Preez sê peerboorde het die afgelope vyf jaar met 4% uitgebrei. Hy voorspel dat Suid-Afrika oor die volgende drie tot vier jaar sowat 6% meer pere – ongeveer 23 miljoen kartonhouers – sal uitvoer. Dis belangrik om te beplan vir infrastruktuur, veral in die hawe, om plek te maak vir die ekstra uitvoer.

“Ons verwag ’n konsolidasiefase vir die volgende twee tot drie jaar, reg oor die vrugtebedryf. Ons beleef moeilike tye en ek glo produsente gaan marginale boorde uithaal. Hopelik sal ons daarna weer floreer.”

Produksiekoste "hardloop weg"

Volgens hom het peerboere se gemiddelde opbrengs (t/ha) nie die afgelope ruk verander nie, maar produksiekoste “hardloop weg”. In 2012 was boere se marge sowat 32%. Tans is daar sowat 13% oor tussen produsente se bruto inkomste en hul bedryfsuitgawes.

“Vir pruimboere was dié marge negatief die afgelope drie jaar.”

Suid-Afrikaners eet minder as vyf pere per persoon per jaar.

“Dit is ’n bekommernis, maar ook ’n geleentheid. Ons kyk na ’n bewusmakingsveldtog op die plaaslike mark, want as ons dié mark kan uitbrei, sal dit baie druk van die uitvoermark kan afhaal.”

Mnr. Anton Rabe, uitvoerende direkteur van Hortgro, het geen twyfel dat ’n winsgewende siklus aan die einde van die huidige probleme wag nie. Hy het ook getroos dat dit nie net Suid-Afrikaanse vrugteboere is wat hulself in die stormwater bevind nie, maar mededingers kry net so swaar.

“Dit gaan tans swaar met die bedryf, maar ek glo ons is besig met die regte goed op bedryfsvlak om ons op die terrein van produksie, verpakking en bemarking reg te posisioneer,” het hy op ’n mediasessie, gereël deur Hortgro, in die Paarl gesê.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.90
+1.1%
Rand - Pond
22.15
+0.7%
Rand - Euro
19.54
+0.5%
Rand - Aus dollar
11.98
+1.0%
Rand - Jen
0.13
+1.1%
Platinum
977.66
+0.9%
Palladium
1,479.13
+2.1%
Goud
1,969.79
+0.3%
Silwer
23.56
+1.0%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
71,011
+0.2%
Alle aandele
76,627
+0.2%
Hulpbronne 10
67,337
+1.0%
Industriële 25
103,167
-0.1%
Finansiële 15
15,621
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Mens lewe net eens.....kom ons maak dit tel
Sal die beste tyd van jou lewe wees. Eks n baie fun en outgoing persoon. Hou van challenges en sit nooit stil nie
Kom ons kyk
Die lewe is nie gemaak om alleen deur te gaan. Be a rebel, eat the cake! Enjoy die klein dinge, smell the flowers!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot