AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Vrugtebedryf belê in inligting

akkreditasie
FruitSA het nóg ’n stap gedoen om uitvoerdata in bruikbare inligting te omskep, met die Regering te skakel en marktoegang en -ontwikkeling te doen deur ’n advokaat aan te stel en ’n afdeling by Agbiz te open.
FruitSA het nóg ’n stap gedoen om uitvoerdata in bruikbare inligting te omskep, met die Regering te skakel en marktoegang en -ontwikkeling te doen deur ’n advokaat aan te stel en ’n afdeling by Agbiz te open.
FruitSA, die vrugtebedryf se sambreelliggaam, het ’n afdeling by Agbiz geopen om handelskwessies te behartig, navorsing te doen en strategie te ontwikkel om beleid en wetgewing wat op die bedryf betrekking het, te beïnvloed.

FruitSA, die sambreelliggaam wat al die uitvoervrugteprodusenteverenigings – Hortgro, Subtrop, die SA Tafeldruifbedryf (Sati), die SA Sitruskwekersvereniging en die varsprodukte-uitvoerdersforum (FPEF) – verteenwoordig, het ’n vrugte-afdeling by die landbou-sakekamer Agbiz, geopen. 

Dr. Konanani Liphadzi, uitvoerende hoof van FruitSA, sê FruitSA verwag dat hierdie afdeling toegespitste kapasiteit en kundigheid sal skep om die vrugtebedryf beter verteenwoordiging met statutêre aangeleenthede, beleidskwessies, intra-departementele kwessies, asook uitvoeraangeleenthede en strategiese besluitneming te gee.

Sterk kapasiteit

“Agbiz het sterk interne kapasiteit vir die insamel van hierdie inligting en ons skakel by bestaande kundigheid in. Ons volg in die spore van die graan- en wynbedryf, wat reeds soortgelyke afdelings by Agbiz geopen het. Daar is heelwat aangeleenthede wat slegs op die vrugtebedryf betrekking het, maar wat nie die ander bedrywe beïnvloed nie. Dit is waar ons hoop om verhoogde insae te kry.”

Mnr. Anton Rabe, uitvoerende hoof van Hortgro, meen die vrugte-afdeling kan take wat voorheen deur staatsdepartemente verrig en mettertyd agterweë gelaat is, nou verrig. “Dit maak sin om hierdie kapasiteit binne FruitSA te skep, omdat dit kwessies is wat op al die vrugte-uitvoerbedrywe betrekking het.”

Die vrugte-afdeling by Agbiz, wat deur adv. Stephanie van der Walt bestuur word, sal op uitvoermarkte en bedryfsinligting toegespits wees. Die huidige Brexit-onderhandelinge is tans in Van der Walt se visier en die uitkomste, moontlike gevolge vir die vrugtebedryf en moontlike strategieë wat gevolg moet word, sal ondersoek en ontwikkel word. Sy sal ook nou betrokke wees by die Nasionale Ekonomiese, Ontwikkelings- en Arbeidsraad (Nedlac) om die vrugtebedryf daar te verteenwoordig.

Mnr. Anton Kruger, uitvoerende hoof van die FPEF, sê die rol van die vrugte-afdeling skakel baie goed in by die FPEF se mandaat. “Veral met kwessies oor marktoegang vir Suid-Afrikaanse vrugte op nuwe markte en betrokkenheid op hoë vlak deur Agbiz by wetgewing skakel hierdie nuwe afdeling en die FPEF se mandaat goed in by mekaar. Daar is dus nie duplisering van die FPEF se mandaat nie, eerder ’n vergroting van kapasiteit om hierdie kwessies te hanteer met die bykomende voordeel van Agbiz se interne kapasiteit en strategiese bande.”

Nie ’n eerste

Dit is nie die eerste keer dat FruitSA ’n aanstelling doen om kapasiteit in die hantering van beleidskwessies of statutêre aangeleenthede te vergroot nie. In 2016 het FruitSA ’n kontrak van een jaar met die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye aangegaan om ’n pos binne die departement te stig wat die kapasiteit vergroot om marktoegang-kwessies te behartig.

“Die pos by die departement, waarvoor die hulpbronne en kapasiteit steeds binne FruitSA bestaan, se doel was om kwessies wat met die departement self te doen het, te hanteer.

"Hierdie persoon het tegniese en fitosanitêre voorskrifte met betrekking tot uitvoer, wat deur die departement hanteer en na die bedryf kommunikeer moet word, behartig. Die pos is nie weer in 2017 gevul nie, maar FruitSA het waardevolle lesse geleer. FruitSA is in gesprek met die departement om gesamentlik ’n aanstelling vir hierdie pos te maak sodat albei instellings die persoon wat daar aangestel is, ondersteun.”

Van der Walt was sedert 2010 by die Landbounavorsingsraad in diens voordat sy die pos by FruitSA in Januarie vanjaar aanvaar het. Sy het die graad LLM in internasionale handel en belegging van gesamentlik die Universiteit van Pretoria en die Washingtonse Regskool in Amerika verwerf.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op Whatsapp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.54
+0.1%
Rand - Pond
21.57
-0.2%
Rand - Euro
18.48
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.92
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,797.91
0.0%
Silwer
23.15
0.0%
Palladium
1,900.00
0.0%
Platinum
1,020.00
0.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.7%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enige opregte blanke dames
Ek is n eerlik, lojale en n opregte wit man sonder fieterjassie. Wat jy sien is wat jy kry. Gee nie voor wat ek nie is.
Kom kook saam met my!
Ek is skerp. Nooit n vervelige oomblik. Jy gaan baie lag as jy my ontmoet. Jy moet asb net nie rook nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot