Die vlagskipwyn Três Vermelhos van Allesverloren, die oudste wynlandgoed in die Swartland, is die perfekte pasmaat vir ’n sappige steak. Dié rooi versnit word gemaak van drie Portugese kultivars (Souzão, Tinta Barocca en Touriga Nacional) wat uitstekend aard in die Swartlandse klimaat.
Mnr. Wilhelm de Vries, wynmaker op Allesverloren, vertel meer.
Waar het jul liefde vir die Portugese kultivars (soos wat julle in jul vlagskipwyn Três Vermelhos gebruik) ontstaan?