“Ek glo in die bewaring van ons historiese erfenis. Wyn en wingerdstokke is ‘inheems’ aan die Kaap en deel van die Kaap se karakter. Ek kan ook sien die werk wat die wingerdbedryf doen bring hulde aan die verlede, maar is toekomsgerig,” het hy ná ’n besoek aan Vititec, die bedryf se plantverbeteringskwekery in die Paarl, gesê.
“Ons moet iets genereer wat belangstelling kan vestig in wat hier aangaan,” het hy sy aanbod om vrae aan die parlement te rig verduidelik.
Meyer was veral beïndruk met die sewe jaar lange pad wat plantmateriaal stap vandat Vititec dit bekom tot dit uiteindelik as kommersiële wingerd gevestig kan word.