AFGRI
BEAN
28 Jan
-
9479
0,00
CORN
28 Jan
-
4568
0,00
SOYA
28 Jan
-
9642
0,00
SUNS
28 Jan
-
12400
0,00
WEAT
28 Jan
-
6515
0,00
WMAZ
28 Jan
-
4619
0,00
YMAZ
28 Jan
-
4643
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
13 Jan
-
165,67
-5,22
Ave Wool - RWS
13 Jan
-
175,15
-6,74
Beeste A2/3
13 Jan
-
64,12
5,40
Beeste AB2/3
13 Jan
-
59,8
1,44
Beeste B2/3
13 Jan
-
57,21
0,35
Beeste C2/3
13 Jan
-
52,71
0,17
Bevrore Hoender
13 Jan
-
33,17
1,42
Bokkies (onder 30 kg)
13 Jan
-
75,67
12,02
Bokooie
13 Jan
-
40,83
0,59
Groot (meer as 40 kg)
13 Jan
-
42,36
1,26
Hoender (IQF)
13 Jan
-
32,28
-0,54
Medium (30-40kg)
13 Jan
-
55,83
-0,83
Pork Average
13 Jan
-
37,48
0,43
Poultry Average
13 Jan
-
33,08
0,70
Skaap A2/3
13 Jan
-
91,6
4,46
Skaap AB2/3
13 Jan
-
86,27
5,49
Skaap B2/3
13 Jan
-
72,61
2,48
Skaap C2/3
13 Jan
-
67,45
1,67
Speenkalf
13 Jan
-
37,35
0,51
Spekvarke
13 Jan
-
38,76
0,27
Stoorlammers
13 Jan
-
38
-0,71
Varkwors
13 Jan
-
30,29
0,52
Vars Hoender
13 Jan
-
33,79
1,22
Vleisvarke
13 Jan
-
37,37
0,47

Wisselvallige wêreldmarkte skep onsekere toekoms vir bloubessiebedryf

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
OZblu-bloubessies wat deur United Exports wêreldwyd bemark word. Foto: Verskaf
OZblu-bloubessies wat deur United Exports wêreldwyd bemark word. Foto: Verskaf
Stygende inflasiekoerse wêreldwyd en die oorlog tussen Rusland en Oekraïne skep ’n wisselvallige wêreldmark wat ’n impak op die plaaslike bloubessiebedryf sal hê, sê die buro vir voedsel- en landboubeleid (BFAP).

BFAP het in Maart vanjaar vraag-en-aanbodmodelle gebruik om ’n vooruitskouing vir die plaaslike bloubessiebedryf vir 2022 tot 2031 te maak. Eksterne faktore, soos inflasiekoerse, is ook in ag geneem.

Mnr. Louw Pienaar, ’n senior ontleder by BFAP en spreker op BerriesZA se tegniese simposium wat verlede week by Allée Bleue buite Franschhoek aangebied is, het gesê hoë inflasiekoerse het ’n impak op bloubessieverbruikers wêreldwyd en ook verbruikers van Suid-Afrikaanse bloubessies.

Amerika is die grootste verbruiker van bloubessies (30%), gevolg deur China (27%), die Europese Unie (22%) en Brittanje (4%). Pienaar het gesê hoewel verskeie ekonome glo dat Amerikaanse huishoudings se bankstate stabiel is en daar dus geld uit daardie mark te maak is, neem China se bloubessieproduksie toe en pas hulle tans streng inperkingsmaatreëls toe om die verspreiding van covid-19 te bekamp.

Pienaar het gesê hul vooruitskouing is saamgestel voordat Rusland in Februarie Oekraïne ingeval het en plaaslike rentekoerse opwaarts aangepas is. Die monetêre beleidskomitee sal na verwagting plaaslike rentekoerse in die toekoms weer opwaarts aanpas. Dit sal verdere druk op die bedryf plaas – veral as die oorlog voortsleep en die prys van Brent-ruolie verder styg.

BFAP voorspel dat bloubessiepryse wêreldwyd sal daal, maar dat ’n toename in verbruik op mediumtermyn pryse sal steun. Wêreldwyd sal daar na verwagting 3,1 miljoen ton bloubessies in 2031 geproduseer word, met 7% jaarlikse groei.

Wat plaaslike bloubessieproduksie betref, sal Suid-Afrika in 2031 volgens BFAP 89 000 ton bloubessies produseer met opbrengste wat teen ’n stadiger tempo sal groei. ’n Geskatte 8 172 ha bloubessies sal verwagting teen 2031 aangeplant wees. Daar sal in 2022, 2023 en 2024 na verwagting onderskeidelik 32 864 ton, 39 083 ton en 44 775 ton bloubessies plaaslik geproduseer en onderskeidelik 24 618 ton, 30 208 ton en 35 301 ton uitgevoer word.

Pienaar het gesê sterk groei in vraag sal op die plaaslike mark voortduur, maar dat dit afhang van ontwikkelinge in Peru, een van die plaaslike bedryf se grootste mededingers. “Die prentjie kan baie erger lyk as wat dit tans lyk, maar pleks van pryse kan koste-inflasie die grootste impak op bloubessieprodusente hê.”

* Nog 'n artikel oor BFAP se verslag sal op 'n latere stadium gepubliseer word.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.20
-0.1%
Rand - Pond
21.30
-0.0%
Rand - Euro
18.70
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.22
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
1,012.08
0.0%
Palladium
1,618.86
0.0%
Goud
1,928.39
0.0%
Silwer
23.60
0.0%
Brent-ruolie
86.66
-0.9%
Top-40
74,766
+0.4%
Alle aandele
80,791
+0.4%
Hulpbronne 10
77,871
-0.4%
Industriële 25
103,872
+0.7%
Finansiële 15
16,281
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wees net jouself
Wil graag die mooi in die lewe deel met iemand. Ek het n baie mooi hart so ontdek dit. Ek lewe voluit en maak die beste van die lewe.
Kom ons kyk wat gebeur
Ek is fun(outgoing) hou van rugby, kuier saam vriende en family. Lief vir diere. Geniet om soms net te kuier by my huis en tv te kyk of musiek te luister en te daans al is dit...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot