AFGRI
BEAN
30 Mrt
-
9822
48,00
CORN
30 Mrt
-
4145
-6,00
SOYA
30 Mrt
-
8640
-25,00
SUNS
30 Mrt
-
8780
-39,00
WEAT
30 Mrt
-
6695
16,00
WMAZ
30 Mrt
-
3846
-5,00
YMAZ
30 Mrt
-
4021
-6,00
Deel

Wyn: Slegs ’n kwart van normale uitvoere in April

akkreditasie
Druiwe van 2020 se belowende wynoes. Foto: Vinpro
Druiwe van 2020 se belowende wynoes. Foto: Vinpro
Suid-Afrika kon in April net sowat ’n kwart van sy gewone hoeveelheid wyn uitvoer weens die drie weke lange inperkingsverbod op wynuitvoer.

“Ons het in April maar 7,7 miljoen liter wyn uitgevoer, waar ons gewoonlik sowat 28 miljoen liter uitvoer,” het me. Yvette van der Merwe, uitvoerende bestuurder van Sawis (die Suid-Afrikaanse wynbedryfinligting en -stelsels), tydens Vinpro se inligtingsdag vir die Worcester- en Breedekloofstreek, gesê.

Vir die plaaslike mark voorspel sy ’n inkrimping van 20% in verkoopsvolumes, as die huidige verbod op wynverkope net twee maande geld.

Hoop vir uitvoer

Die bedryf het saam met die buro vir voedsel- en landboubeleid (BFAP) en die buro vir ekonomiese navorsing (BER) ’n toekomsblik op die wynbedryf gewerp. Hiervolgens is daar ’n kans dat uitvoer in die tweede helfte van die jaar voluit kan hervat.

“Die markte se reaksies is gemeng. Die deel waar wyn op die perseel verbruik word, is toe, maar buiteverkope doen goed. Die vraag is of dit sal kan opmaak vir wat ons in verbruik op die perseeel verloor.”

’n Swakker wisselkoers en Amerika se handelsbeperkings op Frankryk bring ook broodnodige sprankies hoop vir die uitvoerbedryf.

Van der Merwe sê daar is wel vraagtekens oor moontlike langtermynskade wat die uitvoerverbod kon veroorsaak het.

“Het sekere verkoopskanale dalk seergekry in die drie weke waartydens ons nie toegelaat is om uit te voer nie?”

Die wêreldwye ooraanbod van wyn en die parstyd in die Noordelike Halfrond moet ook nie uit die oog verloor word nie, het Van der Merwe gewaarsku. Tans lyk toestande gunstig vir ’n goeie oes.

“Maar daar is vrae binne die Covid-omgewing soos hoe hulle met arbeid gaan werk, want daar is kwessies met onder meer afstandhouding tussen werkers met oestyd.”

Pyn in plaaslike mark

Wat die plaaslike wynmark betref, glo sy dat herstel nie voor volgende jaar sal plaasvind nie. Die swak ekonomiese toestande sal aankope uit woede vir die regering se verbod op alkoholverkope, waarskynlik in die kiem smoor.

“Verbruikers gaan redelik knap van kontant wees. Ons voorsien nie dat plaaslike verkope vanjaar nog opgemaak gaan word nie. Ons gaan die pyn voel.”

Na verwagting gaan die vonkelwynkategorie swaarder as stilwyn getref word. Brandewynverkope kan egter groei, omdat prysverlagings as gevolg van ’n daling in produsentepryse aan die mark deurgegee sal word. 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.85
+1.4%
Rand - Pond
22.08
+1.0%
Rand - Euro
19.48
+0.8%
Rand - Aus dollar
11.97
+1.1%
Rand - Jen
0.13
+1.3%
Platinum
984.60
+1.7%
Palladium
1,468.06
+1.4%
Goud
1,972.74
+0.4%
Silwer
23.64
+1.3%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
71,089
+0.3%
Alle aandele
76,705
+0.3%
Hulpbronne 10
67,517
+1.3%
Industriële 25
103,222
-0.1%
Finansiële 15
15,634
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou lewe vereik
Ek stel belang in haar lewe. Ek het baie baie liefde Om te gee. Bereid Om by haar aan te pas en te leer
Fantastiese kok wil jou lewe bietjie geur
Free spiritual open minded romanticse liefde volle dame, wat soveel liefde het om te gee, het nie tyd vir games en man's wat nie weet wat hul wil he nie, soek n soul mate xxx
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot