AFGRI
BEAN
30 Mrt
-
9822
48,00
CORN
30 Mrt
-
4145
-6,00
SOYA
30 Mrt
-
8640
-25,00
SUNS
30 Mrt
-
8780
-39,00
WEAT
30 Mrt
-
6695
16,00
WMAZ
30 Mrt
-
3846
-5,00
YMAZ
30 Mrt
-
4021
-6,00
Deel

Wyn: Wat as Wes-Kaap op vlak 4 bly?

akkreditasie
Ter illustrasie. Foto: Lucille Botha
Ter illustrasie. Foto: Lucille Botha
Die wynbedryf sal aanhou veg sodat drankverkope so gou as moontlik en so wyd as moontlik in Suid-Afrika hervat kan word.

Buiten dat die wynbedryf ingevolge vlak 4-regulasies van die inperking geen wyn plaaslik kan verkoop nie, heers daar ook kommer dat die Wes-Kaap nie saam met die res van die land sal aanbeweeg na vlak 3-regulasies nie. Die Wes-Kaap se besmettingskoers is tans aansienlik hoër as die res van die land s’n.

Mnr. Christo Conradie, bestuurder van wynkelders by Vinpro, het tydens die organisasie se streeksinligtingsdag vir die Worcester- en Breedekloofstreek gesê hulle is in gesprek met die regering om te bepaal of die regulasies vir die wynbedryf aangepas sal word as die provinsie nie voortbeweeg na vlak 3 nie.

“Die feit dat die provinsie ’n derde van die toetse in die land doen en so proaktief is, kan in ons gesig ontplof, want nou lyk dit of die Wes-Kaap die provinsie met die meeste besmettings is.”

Hy het gesê hulle is in ’n voortdurende stryd om die regering te oortuig dat die bedryf toegelaat moet word om al op vlak 4 met “gestruktureerde en ingefaseerde” wynverkope voort te gaan.

“Dis egter ’n opdraande stryd, maar ek glo ons het die ekonomiese feite en die belang van die bedryf bekend gemaak. Die regering verstaan dit.

”Die wynbedryf het ’n voorstel aan die regering gemaak om wyn te verkoop op maniere wat lae risiko vir virusoordrag inhou. Mnr. Rico Basson, uitvoerende hoof van Vinpro, het tydens die streeksinligtingsdag op Robertson gesê: “Ons glo as jy wyn binne normale handelsure, maar met volumebeperking, in supermarkte met lisensies kan verkoop, is dit ’n lae risiko. Ons wil nie die ure beperk nie, want dan sal dit lyk soos wat oefening tans lyk tussen 06:00 en 09:00. Mense sal mekaar vertrap en dit sal ’n risiko wees. Ons glo dat e-platforms, aflewering by die huis saam met kos en click and collect by kelderdeure moet kan voortgaan.”

Conradie het gesê die balans moet gevind word tussen veiligheid en ekonomiese oorlewing. “Die ekonomie kan nie langer toebly nie, want die land gaan doodbloei.”

Hy het gesê van 300 tot 400 wynboere sal hul plase moet verlaat as hulle nie toegelaat word om ’n inkomste te verdien nie.

“Die kabinet moet optimale, sinvolle langtermynbesluite neem. Ons gaan aanhou veg dat drankverkope so gou as moontlik so wyd as moontlik kan plaasvind, maar dit gaan nie maklik wees nie.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.85
+1.4%
Rand - Pond
22.10
+0.9%
Rand - Euro
19.48
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.96
+1.1%
Rand - Jen
0.13
+1.3%
Platinum
977.66
+0.9%
Palladium
1,479.13
+2.1%
Goud
1,969.96
+0.3%
Silwer
23.58
+1.1%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
71,074
+0.3%
Alle aandele
76,671
+0.3%
Hulpbronne 10
67,509
+1.3%
Industriële 25
103,194
-0.1%
Finansiële 15
15,632
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Mens lewe net eens.....kom ons maak dit tel
Sal die beste tyd van jou lewe wees. Eks n baie fun en outgoing persoon. Hou van challenges en sit nooit stil nie
Kom ons kyk
Die lewe is nie gemaak om alleen deur te gaan. Be a rebel, eat the cake! Enjoy die klein dinge, smell the flowers!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot