AFGRI
BEAN
26 Nov
-
7600
0,00
CORN
26 Nov
-
3615
0,00
SOYA
26 Nov
-
7427
0,00
SUNS
26 Nov
-
11170
0,00
WEAT
26 Nov
-
6202
0,00
WMAZ
26 Nov
-
3420
0,00
YMAZ
26 Nov
-
3651
0,00
AMT
Beeste A2/3
12 Nov
-
53,56
-0,07
Beeste AB2/3
12 Nov
-
51,91
-0,45
Beeste B2/3
12 Nov
-
49,04
-0,89
Beeste C2/3
12 Nov
-
46,15
0,38
Bevrore Hoender
12 Nov
-
29,34
0,37
Bokkies (onder 30 kg)
12 Nov
-
66,06
-1,00
Bokooie
12 Nov
-
46,92
1,10
Groot (meer as 40 kg)
12 Nov
-
39,53
-1,69
Hoender (IQF)
12 Nov
-
27,78
1,63
Medium (30-40kg)
12 Nov
-
54,15
0,97
Pork Average
12 Nov
-
27,78
-0,41
Poultry Average
12 Nov
-
29,22
0,77
Skaap A2/3
12 Nov
-
84,63
-0,14
Skaap AB2/3
12 Nov
-
75,86
0,10
Skaap B2/3
12 Nov
-
72
0,11
Skaap C2/3
12 Nov
-
69,61
-0,41
Speenkalf
12 Nov
-
40,08
-1,39
Spekvarke
12 Nov
-
29,62
0,34
Stoorlammers
12 Nov
-
45,41
-0,52
Varkwors
12 Nov
-
22,96
-0,51
Vars Hoender
12 Nov
-
30,54
0,29
Vleisvarke
12 Nov
-
27,62
-0,45
Wol (skoon)
12 Nov
-
167,2
-2,88

Wynbedryf juig oor nuwe handelsure en toerisme-reël

akkreditasie
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
Die herinstelling van normale handelsure vir wynverkope sal die wynbedryf help op sy herstelpad.

Mnr. Rico Basson, besturende direkteur van Vinpro, het pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging op Woensdag 11 November verwelkom dat alkohol weer volgens normale lisensie-ure verkoop en versprei mag word. Dit geld vanaf 12 November. Suid-Afrika stel ook sy grense vir internasionale toeriste oop, wat wyntoerisme ’n hupstoot kan gee.

Onder vlak 1 van die inperkingsregulasies was drankhandelaars, wat wynplase insluit, slegs toegelaat om drank van Maandae tot Vrydae tussen 09:00 en 17:00 te verkoop. Dit het gegeld vir drank wat elders as op die perseel gebruik gaan word.

Volgens adv. Mias Schreuder verdien wynplase gemiddeld van 10% tot 30% van hul bruto wins deur wyn oor naweke en op openbare vakansiedae aan mense te verkoop wat dit weg van die plaas af wil geniet. Sy kliënte, wat insluit mnre. Schalk Burger van Welbedacht op Wellington, Jean Engelbrecht van Rust en Vrede en Charles Back van Fairview, asook vyf wynroeteverenigings het vroeër vandeesmaand ’n beroep op die regering gedoen om die verbod op naweekverkope te heroorweeg.

“Wynplase se finansiële situasie is baie broos, daarom het hulle die afset oor naweke baie nodig. Baie kelders sit met baie wyn wat hulle weens die aanvanklike verbod op verkope en uitvoer nie kon verkoop nie. Internasionale toeriste kon ook nie die plase besoek nie, maar ons hoop dit gaan nou optel,” sê Schreuder.

Basson het bevestig dat kelderdeurverkope ’n groot deel van wynplase se inkomste uitmaak.

“Die hervatting van normale handel is noodsaaklik, veral noudat die toerismeseisoen nader kom. Dis belangrik vir ekonomiese herstel dat die wynbedryf en wyntoerisme herstel, beide vir die 290 000 werkgeleenthede in die bedryf, maar ook vir die kulturele erfenis wat dit vir Handelsmerk Suid-Afrika beteken.”

Schreuder sê sy kliënte voel sterk daaroor dat die regering onderskeid tref tussen die wynbedryf en die res van die alkoholbedryf.

“Wynplase en -produsente is kwesbaarder as groot bier- en spiritualiemaatskappye. Tydens ons vorige hofsaak, wat onbepaald uitgestel is, het ons ook goeie kundige getuienis aangebied dat tafelwyn nie ’n groot bydraer is tot trauma-insidente wat hospitale onder druk plaas nie.”

Restaurante en ander instellings waar alkohol op die perseel verbruik word, word steeds beperk deur die algemene aandklokreël wat tussen 24:00 en 04:00 geld.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.27
-1.9%
Rand - Pond
21.71
-0.0%
Rand - Euro
18.42
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.0%
Rand - Jen
0.14
+0.2%
Goud
1,792.60
0.0%
Silwer
23.13
0.0%
Palladium
1,751.49
0.0%
Platinum
955.50
0.0%
Brent-ruolie
72.72
-11.6%
Top-40
62,411
-2.6%
Alle aandele
68,615
-2.8%
Hulpbronne 10
64,074
-2.5%
Industriële 25
92,909
-1.3%
Finansiële 15
12,995
-6.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Farmboy73
Plat op die aarde man. Ietwat introvert tot ek jou leer ken. God is vir my belangrik. Ek gee maklik terug wat ek ontvang. Hou van na die stilte van die plaas gaan waar ek...
Pêrel soek 'n Pasmaat
Ek waardeer die mooi dinge in die lewe - musiek, kuns, 'n goeie boek, heerlike kos. Ek is lief vir mense, diere en kinders. Ek hou van stilte en die natuur. Ek verf graag...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot